15 APRIL: OVG  HERDENKING VAN DIE YURI GAGARIN DIE EERSTE MENS IN DIE RUIMTE / KUBERKRAKERS HOU STAD VAN ATLANTA AS GYSELAAR.

Deur Johann ZS6PSS

VANDAG  IN  ONDER DIE VERGROOTGLAS:

** YURI GAGARIN 57 JAAR GELEDE EERSTE MENS OM RUIMTE TE BESOEK.

** WAT HET GEBEUR MET ZUMA ?.

** KUBERKRAKLERS HOU STAD VAN ATLANTA AS GYSELAAR.

Goeiemore  van my Johann du Plessis ZS6PSS en harlik welkom hier by MRK se weeklikse radio artikel,  ONDER DIE VERGROOTGLAS.  In die program, probeer ek  soveel as moontlik nuus,  wat interessant en dalk ook belangrik is vir jou vasvang in `n paar minute. Soos ek ook altyd sê , ek hoop jy geniet dit en dat dit jou dalk verder sal aanspoor , om meer op te gaan lees oor die verskillende onderwerpe wat ek vir jou voorhou.

Dit het natuurlik ook die afgelope week, weer katte en honde hier in dele van Pretoria gereën. Die afgelope Woensdagaand se reënbui, het ek ervaar as `n tiepe van wolkbreek. Ek is so in die omgewing van 7 uur die aand oppad na my QTH gewees, toe die bui reën, my tref. Dit het so sterk gereën dat ek by tye, glad nie die witstrepe op die pad eers kon sien nie.  Later het het so vlak neffens die  N 1 noord gery, en hier het die karre absoluut teen `n slakkegang van so ongeveer 30 kilometer per uur gery. Nodeloos om te sê , daar was heelwat ongelukke op die pad.   En dan ook  terwyl die sig uiters swak was, het enkele van die nar bestuurders,  karre wat met hulle nood flitsende ligte, teen `n slakkepas gery het, verby gegaan en nie net hulle nie,  maar ook medepadgebruikers se lewens in uiterse gevaar gestel.  Die swape sal maar altyd met ons wees.

Daar is ook  deesdae `n anderse koeligheid in die lug te bespeur,  en ek wil ook  die voorspelling waag,  dat hierdie winter, dalk net baie meer koue vir ons gaan bring as wat verlede winter opgelewer het.

Maar kom ons verskuif ons eerste artikel, na nog `n kouer plek vir `n oomblik en ons gaan vier 57  jaar  van die mens, se eerste besoek aan die buitenste ruimte.

Untitled.png

Hierdie eerste mens in die ruimte soos ons almal weet, was niemand anders as  Yuri Gagarin. Yuri was die Russiese ruimteman wat op 12 April  1961  in die Soviet Vostok 1 ruimtekasule geklim het, en in die ruimte in gelanseer was………………….ongelukkig het Yuri 7 jaar na sy epiese ruimtevlug,  op 27 Maart 1968,  onder baie verdagte omstandighede gesterf,  gedurende `n  roetine  opleidingsvlug in sy MIG-15.

Gagarin was maar 38 jaar oud.  Die KGB het self `n ondersoek geloods na die ongeluk en toe met `n  verduideliking na vore gekom, wat nou nog nie geglo word nie . Hy glo  probeer het om `n ‘vreemde voorwerp’ te vermy. As jy nou verdere navorsing sou doen, sal jy dan met my moet saamstem dat hierdie storie is van alle waarheid ontbloot, en soos die Engelsman dit sou noem , dit is `n  COVERUP.  Vir die volgende paar weke, gaan daar dan ook nou heelwat  Yuri aande gevier word, ter nagedagtenis aan die eerste ruimteman in die ruimte.  Die herdenking sal in vyftig stede regoor 7 kontinente gevier word.

Untitled.png

Op 12 April was dit ook  35 jaar gelede dat die  eerste NASA pendeltuig  aanboord van die Columbia die ruimte  gaan besoek het.

Net so voor ons na die volgende artikel gaan kyk.  Die herdenking van Yuri Gagarin se besoek aan die ruimte, word nie net wêreldwyd gevier nie, maar dit word  ook  in die INTERNASIONALE RUIMTE STASIE,  sowel as  in die Amundsen-Scott Suidpool Stasie, in Antartika gevier.

Untitled.png

** ………………wat het gebeur met ZUMA.????

In ons volgende artikel moet hierdie uiters belangrike vraag gevra word naamlik, wat het gebeur met ZUMA. Ja , ek het jou uitgevang. Ek weet jy het sommer dadelik ook  gedink aan GUPTA.

Wel tov ons volgende artikel,  het nie een van die twee enigsins iets uit te waai met die Amerikaanse spioenasiesatelliet wat ook bekendstaan as ZUMA. Ek het heeltoevallig ook orals gaan soek, om te kyk waarvoor die  akroniem ZUMA staan, maar die satelliet is so geheimsinnig dat daar nêrens enige iets genoem word nie.

Elon Musk se maatskappy SPACEX, het wel die lansering van die ZUMA satelliet gedoen, maar nou word daar baie vrae gevra oor waar die satelliet hom bevind. Sommige berigte wil dit hê die satelliet iewers verlore is in die ruimte en dat die lansering `n totale misluking was. Ander sê dat die satelliet is definiteif, iewers in die ruimte.

Untitled.png

 

Die Zuma satelliet was gelanseer, deur middel van `n Falcon 9 vuurpyl vir een of ander Amerikaanse regerings agentskap vanaf Cape Canaveral. Nou-ja ontkenning is natuurlik `n Amerikaanse kenmerk, maar dit het later aan dan ook nou duidelik geword dat die Zuma satelliet lansering `n mislukking was en dat dit iewers, in die niet, verdwyn het. Maggiesstraat hoekom klink dit so bekend vir my, ek glo dis net so bekend vir jou ook.

 

 

** Kuberkrakers hou die stad van Atlanta in Amerika as gyselaar.

Untitled.png

So  3 weke gelede op die 22ste Maart, was daar werklik chaos in die stad van Atlanta, toe kuberkrakers die stad se datasisteem,  totaal oorgeneem het en letterlik gevange gehou het agter `n ge-inkripteerde muur. Hulle voorwaarde was, dat daar alleenlik toegang deur die enkripsiemuur gegee sal word,  sodra daar $51,000 losprys aan hulle betaal sou word.  Die losprys moes dan ook in Bitcoin aan hulle uitbetaal word binne 3 dae.

Untitled.png

Atlanta stadsbase het die beste rekenaarkundiges geraadpleeg, om die probleem te probeer oplos.

Vyf dae na die gyselaardrama hom begin afspeel het, het die uitwerking baie duidelik na vore getreë.  Van die stad se kritiese funksies was lamgelê. Werknemers van die stadsraad was sonder internet of e/pos gelaat. Inwoners kon nie hulle water en elektriese rekeninge, betaal het nie. Wi-Fi by die ATLANTA INTERNASIONALE LUGHAWE, het heeltemal afgeskakel.

Untitled.png
Hartsfield-Jackson Atlanta Internationale Lughawe

Vele departemente moes, of het teruggekeer na die pen en papier metode. Selfs die stadstronk, moes ook maar pen en papier toe, volgens die Georgia  Public Broadcasting.

Untitled.png

Volgens die burgermeester van Atlanta Lance Bottoms, is die probleem, baie groter as net die losprys , volgens hom is dit `n aanval op die regering, soos gerapporteer word deur REUTERS.

Hierdie , was glo nie die eerste keer, dat `n stadsraad  in Amerika as gyselaar gehou was nie. Die departement van Vervoer, was alreeds twee keer voorheen as gyselaar gehou deur kuberkrakers. Baie stads en dorpsrade in van die Amerikaanse state, het alreeds planne in plek gestel om verdere kuberkraking te voorkom.

Hierdie aanvalle is eintlik baie slegte nuus, aangesien, baie dorpe en stede besig is om baie van hulle dienste te digitaliseer, en die wêreld oop te laat vir hierdie baie slim kuberkrakers. Dienste wat geraak kan word is straatligte, verkeersligte, water toevoer sisteme, en selfs lisensieëring van motorvoertuie asook elektrisiteits voorsiening.

Atlanta het toe wel intussentyd die losprys betaal. Maar soos wat daar meer en meer stede,  dienste ens. gaan digitaliseer , so word die kanse ook groter dat hulle ook die slagoffers kan word van kuberkraking, en dan wat daarop volg om los te kom, naamlik die betaling van `n losprys.

Op die keper beskou ,  Atlanta het eintlik baie lig daarvan afgekom. So wat lê voor. Beplanning om die kuberkrakers te uit oor lê asook om hulle digitalisering van dienste ontoeganklik te maak, maar vir hoe lank voordat hierdie  gesiglose diewe en kriminele `n nuwe manier vind om weer toe te slaan.

Om mee af te sluit vir vandag. Ek hoop jy kan sulke aanslae op jou rekenaar die hoof bied. Hier in Suid Afrika, wil ek dink, dat hierdie kriminele hoogty sal vier op ons stelsels want inligting is net `n honderd rand of wat weg.

Ek  groet jou en van my Johann ZS6PSS  wens ek jou `n aangename dag toe. Tot volgende week. mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig

Advertisements

OVG 8 April: STUUR JOU NAAM NA DIE SON / HOË UITSTRALINGSVLAKKE IN DIE RUIMTE

Deur Johan ZS6PSS

IN ONDER DIE VERGROOTGLAS VANDAG:-

* * WILLIAM SHATNER NOOI JOU UIT OM JOU NAAM NA DIE SON TE STUUR.

* * GROOT PROBLEME KAN ONTSTAAN ASGEVOLG VAN GEVAARLIKE UITSTRALINGS IN DIE RUIMTE.

* * Hartlik goeiemore weereens hier van my Johann ZS6PSS. Lekker om weer terug te wees op Suid Afrikaanse bodem. Moet sê dit was `n fantastiese ondervinding, om by my dogter te kon gaan kuier in Dubai. Vir my en my LV was dit absoluut `n onbeskryflike ervaring.

Jy kan die plek met baie min  in Suid Afrika vergelyk.  Die strate en koopsentrums is uiters skoon, en netjies. Jy sien nie papiere en plastieksakke oral rondlê nie en jy hoor nie die alewige  toeters van taxis nie.  Die mense in die winkels en restaurante is uiters vriendelik en behulpsaam.  As jy gedink het die Amerikaners is op die voorpunt van ontwikkeling  met  daardie blink woord “BLING” dan maak jy `n groot fout.    Die Emiraties van Dubai weet net hoe om dinge in die groot- en oormaat te doen.  Die lughawe alleen is  onbeskryflik groot.  Hulle is alreeds besig om `n gebou nog hoër  as die Burj Kgalifa  te bou. Die Kgalifa is 828 meter hoog.  Die gebou  moet glo voor die 2020 EXPO van Dubai voltooi wees. Ek het nog geen teken eers daarvan gesien nie. Daar word gebou in elk geval teen die spoed van witlig.

c700x420.jpg

** Kom ons kyk na vandag se eerste artikel. Wil jy die son gaan besoek.? Wel dis darem nou net jou naam.

As jy gehoor gee aan William Shatner se oproe, kan jou naam saam met William se naam binnekort daar naby die super verhitte  buite  atmosfeer, van die   son verby vlieg.

Die  ” STAR TREK” akteur het in samewerking met NASA besluit om sy naam op `n mikroskyfie te plaas, om hierdie historiese son navorsings studie mee te maak.  Ek sal vir jou so `n bietjie  later ook vertel, hoe jy te werk kan gaan om ook jou “sitplek” in aanhalingstekens te bespreek na die son.

Untitled

NASA se PARKERtuig sal die heel eerste  satelliet wees, wat deur die hitte van die son se Korona vlieg, waar temperature meer as een miljoen grade Celsius is. So, saam met `n groot aantal ander mense, sal jou naam ook die epiese tog kan meemaak.

Jy kan NASA se webblad besoek en soek na “HOT TICKET”. Klik daar en vul die nodige vorms daarin.  Maak maar gou. Jy kan ook die volgende webadres gebruik:- http://parkersolarprobe.jhuapl.edu/The-Mission/Name-to-Sun/verify.php?code=732818-4bd15ba4fe8c346   of maak ook gebruik van die volgende adres hieronder.

 

Untitled.png

Komaan as jy dalk `n Oupa is doen dit vir jou kleinkind en kry hom of haar  geinteresseerd  in die dinge van die heelal.

Die  $1.5 biljoen PARKER son satelliet is geskeduleer om iewers in Meimaand ,  van die Kennedy ruimtesentrum in Florida gelanseer te word.

ParkerSP_Auto35.jpg

As alles volgens plan verloop sal die ruimtetuig 24 keer, baie naby verby vlugte, van die son uitvoer gedurende die volgende 7 jaar. Van die verbyvlugte kan die satellietnavorsingstuig tot so  naby as 6.2 miljoen kilometer van die son neem.

Volgens NASA   is dit 7 maal nader, as wat enige ander ruimtetuig nog ooit aan die son gekom het.

Dit klink ver, maar hou in gedagte, ek het genoem dat die Korona  temperatuur van die son is 1 miljoen grade Celsius. Hou ook in gedagte, dat die son,  skiet ook sonfakkels uit wat miljoene der miljoen kilometer, die ruimte intrek.

Die PARKER sonsatelliet word vir die missie toegerus met `n 11.4 sentimeter  dik  koolstof beskermlaag.  Dit sal die satelliet ook beskerm teen uitstralings- vlakke ,wat 475 keer meer is as  wat ons hier op aarde ervaar. Met die dik koolstof skerm, sal die instrumente aanboord teen kamertemperatuur funksioneer.

Die instrumente aanboord sal `n hele aantal metings doen wat  kan help om die struktuur, magnetiesevelde en die sonwinde, asook die stroomgelaaide deeltjies wat van die son afkom, te ontleed. Wetenskaplikes  wil ook graag antwoorde verkry op twee vrae oor die son naamlik, hoe versnel die sonwinde  en hoekom is die son se korona of buitenste atmosfeer baie warmer as die son se oppervlakte. Die oppervlakte van die son bereik `n temperatuur van 5,500 grade Celsius.

Gedurende die naaste verblyvlug van die Parker sonsatelliet sal die tuig vlieg teen `n spoed 690,000 kilometer per uur. Die huidige spoedrekord word gehou deur NASA se JUNO ruimtesatelliet,  met `n spoed van 265,000 kilometer per uur.  Die sonsatelliet, het sy naam ontleen aan die astrofisikus Eugene Parker, wie in 1958 die bestaan van sonwinde voorspel het.

Saam met die mikroskyfie, sal daar ook `n kopie van die voorspelling,  van Eugene Parker wat hy in   1958 oor sonwinde gemaak het, op die PARKER son navorsingsatelliet vlieg.

William Shatner se naam is ook saam met 2.4 miljoen mense se name  op `n mikroskyfie,  wat saam met die “INSIGHT ” satelliet,  na Mars in Meimaand hierdie jaar vertrek.

Untitled

* *  In ons volgende artikel bly ons nog in die son se omgewing. Groot probleme kan in die toekoms onstaan, asgevolg van  die son se  uiters gevaarlike uitstraling,  en die effek wat dit sal hê op  toekomstige ruimetemannne, gedurende hulle besoeke aan die ruimte.

Uitstralings toetse wat oor die afgelope 4 jaar gedoen was, het met soveel as 30% gestyg, volgens Nathan Schadron, `n professor in fisika, aan die Universiteit van New Hampshire se ruimtewetenskapsentrum.

Untitled.png
Foto van Korona Uitbarsting

Schadron en sy kollegas bestudeer ook navorsingstukke wat deur die LRO of  die LUNAR RECONNAISSANCE ORBITER gemaak was in 2009 . Die LRO wentel  sedertdien om die maan. Galaktiese kosmiese straling is superenergie deeltjies   wat meerendeels bestaan uit elektrone protone en atoom deeltjies. Hierdie dele kan ook baie skade aanrig aan ruimtetuie of satelliete. Dit kan veroorsaak dat  ruimtemanne stralingsiekte opdoen, asook dat dit kanker kan veroorsaak oor die langer termyn.

Untitled 2.png
Lunar Reconnaissance Orbiter

 

Baie van ons neem dit as vanselfsprekend aan, dat die son warm skyn maar is nie bekommerd daaroor nie, totdat  dit ons velle begin brand, en velkanker  sy kop begin uitsteek.

`n Aktiewe son het sy eie probleme. Sonfakkels en korona uitbarstings kom voor, asook kragtige ontploffings, wat groot wolke super verhitte plasma  in die ruimte inskiet, teen miljoene kilometer per uur – dit kan ook stralingsvlakke verhoog. Volgens wetenskaplikes het `n aantal uitbarstings  gedurende September  2017 , diepruimte stralingsvlakke noemenswaardige verhoog.

So tussen al die hitte en gevaarlike stralingsvlakke daar in die diepruimte, het dit tyd geword om te groet. Bly maar asseblief, uit die son uit en dra ook sommer `n grootrand hoed. Onthou ook asseblief van die kaartjie, wat jy vir jou en jou  kleinkind kan bespreek op die sonsatelliet.

………………en heel laaste , jy kan TEENSPANNING lees by “teenspanning.wordpress.com”  Alles wat jy wil weet oor MRK  se bedrywighede is daar te vinde. Dankie aan Peter Spickett ZS6SP, vir die versorging van artikels.

Van my Johann  ZS6PSS, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG 1 APR 2018 STEPHEN HAWKING

Deur Johann ZS6PSS

Hartlik goeimore en welkom hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS.  Vandag se artikel gaan ek wy aan Stephen Hawking wie in die vroeë more ure van 14 Maart oorlede is. Ons behoort almal Stephen Hawking te ken, aangesien hy  vir baie jare lank, aan `n rolstoel gekluister was, asgevolg van motorneuronsiekte. Hy was gereken as een van die mees  briljante teoretiese fisikuste, wat die wêreld nog ooit opgelewer het.

Untitled.png

Sy werke tov die oorsprong en strukture van die heelal, van die OERKNAL en Swartgate het `n revolusionêre verandering  in die veld gebring. Hy het `n hele paar boeke geskryf, wat  ontsag by sy lesers afdwing. Van die boeke is:-

Stephen Hawking`s Intriguing Quotes on the Future of Humanity, Aliens and Women.

Stephen Hawking`s Most Far-Out Ideas About Black Holes.

Kosmoloog Stephen William Hawking was gebore in Engeland op 8 Januarie 1942 – presies 300 jaar dag en datum na Galileo. Sy tersieêre onderig kry hy aan die UNIVERSITY COLLEGE OXFORD. Hier studeer hy fiska, ten spyte van sy vader se versoek, dat hy hom op medisyne moet toelê. Hierna studeer hy kosmologie aan die Universitiet van Cambridge.

Untitled 2.png

Vroeg in 1963  net voor sy een en twintigste verjaardag,  word Hawking gediagnoseer met motorneuronsiekte of ook bekend as Lou Gehrigs se siekte. Hy was nie deur dokters die kans gegun ,om langer as twee jaar te lewe nie. Hawking het almal verras, en lewe tot op die hoë ouderdom van 76. Hawking voltooi sy Ph.D of Doktorsgraad. In 1985 gedurende `n nood tracheotomie, verloor hy sy vermoeë om te kan praat.

Hy moet ongelukkig gebruik maak van `n  elektroniese stemgenerator, wat deur die Universiteit van Cambridge gebou was. Hiermee saam het hy gebruik gemaak van `n sagteware program, wat hom instaat gestel het, om woorde te selekteer deur `n spier in sy wang te beweeg.

In 1974 word hy toegelaat tot die  “ROYAL SOCIETY” `n wêreldwye organisasie vir wetenskalikes. 1979 word hy aangewys as LUCASIAN Professor in wiskude, aan die Universitiet van Cambridge wat die nommer een  gesogte leerstoel,  in die wêreld is.

Deur gebruik te maak van Albert Einstein se relatiwitietsteorie en die Quantumteorie, het Hawking gevind dat Swartgate nie heeltemal graasloos is nie. Hulle maak  geraas  asgevolg van uitstraling.

Untitled.png

Professor Stephen Hawking ervaar die vryheid van gewigloosheid gedurende `n Zero aantrekkingskrag vlug.

 

Hy ondersteun Albert Einstein se teorie dat swartgate bestaan maar in 2014 hersien hy sy teorie,  en skryf selfs dat daar gladnie swartgate bestaan nie. Hawking sê ook dat die heelal het nie grense nie, baie soos die aarde , want die aarde is dan ook nou infinitief of nimmereindigend. Jy sal dus nooit `n muur kry, wat beskryf kan word, dat dit, die einde kan beteken nie.

In 2014 word daar  `n film vrygestel wat gebasser was op  die lewe van Stephen Hawking, met die naam van  ” The Theory of Everything”.

In November 2014 skryf Hawking op Facebook – ek het ver en wyd gereis, ek was in Antartika  en Easter Island , ek was onder die see in `n duikboot, en bo in die lug in `n vliegtuig onder gewiglose toestande, en ek hoop om eendag die ruimte te gaan besoek. Helaas het hy nie die geleentheid gehad nie.

Hawking het `n hele klomp van sy aanhalings neergepen. Ek gaan net so paar noem maar jy is welkom om die res in Teenspanning te kom lees by  “teenspanning.wordpress.com”

  • Even if there is only one possible unified theory, it is just a set of rules and equations. What is it that breathes fire into the equations and makes a universe for them to describe? The usual approach of science of constructing a mathematical model cannot answer the questions of why there should be a universe for the model to describe. Why does the universe go to all the bother of existing? “
  • “All of my life, I have been fascinated by the big questions that face us, and have tried to find scientific answers to them. If, like me, you have looked at the stars, and tried to make sense of what you see, you too have started to wonder what makes the universe exist.”
  • “Science predicts that many different kinds of universe will be spontaneously created out of nothing. It is a matter of chance which we are in.”
  • “The whole history of science has been the gradual realization that events do not happen in an arbitrary manner, but that they reflect a certain underlying order, which may or may not be divinely inspired. “
  • “We should seek the greatest value of our action.”
  • “The greatest enemy of knowledge is not ignorance, it is the illusion of knowledge.”
  • “Intelligence is the ability to adapt to change.”
  • “It is not clear that intelligence has any long-term survival value. “
  • “One cannot really argue with a mathematical theorem.”
  • “It is a waste of time to be angry about my disability. One has to get on with life and I haven’t done badly. People won’t have time for you if you are always angry or complaining.”
  • “I relish the rare opportunity I’ve been given to live the life of the mind. But I know I need my body and that it will not last forever.”

Hawking se aanhalings sal nie volledig wees as daar nie van sy meer kontroversieële aanhalings, ook genoem word nie soos byvoorbeeld :

……hy het baie gereeld gesê, dat die mens sal moet, die aarde verlaat om te oorleef. Volgens Hawking, is dit moeilik genoeg om rampe te voorkom in die volgende 100 jaar, wat staan nog die volgende 1000 jaar of miljoen jaar….. Die mens se oorlewings kans op die langtermyn , is nie daarin gesetel om die heeltyd  na die aarde as planeet te kyk nie, maar dat die mens sal moet uitwyk in ruimte in, na wie weet ookal waarna toe. Die mens sal nie nog `n 1000 jaar oorleef, sonder om te ontsnap na buite die grense van die baie brose planeet.

Hier op planeet aarde word die verblyf spasie al hoe minder. Dit het dus tyd geword , om ander sonnestelsels te gaan verken. Om uit te wyk is dalk die enigste manier om ons self van ons self teen onsself te beskerm. In Hawking se eie woorde :-  “I am convinced that humans need to leave earth.”

Ek self, sou glo, dat trou aan die mens se eie natuur, sal die verskillende groepe wat dan nou sou uitbeweeg,  mekaar nie met rus sal laat nie, en dat daar konstant oorlog tussen die groepe sal wees.
Hawking het ook gesê dat die reise in tyd in, of meer beskrywend in Engels, TIME TRAVEL kan volgens Einstein se relatiwiteitsteorie, baie moontlik wees in die afsienbare tyd. Baie moeilik om te verstaan , is dat jy in `n vuurpyl na `n plek vertrek maar , dat jy alweer terug is op aarde voordat jy vertrek het. Volgens Hawking,  sal dit glo behels, dat daat materie moet wees met `n negatiewe intensitiet , wat moontlik nie beskikbaar is nie.

Hawking `n selferkende ateïs , het ook die volgende kwytgeraak.  Aangesien daar `n wet is, waarop gravitasie of aantrekkingskrag gebasseer is, kan die heelal  uit niks uit  ontwikkel. Spontane skepping is die rede waarom daar wel iets is,  in plaas van   dat daar niks is nie, en dat ons as mens bestaan en ,waarom die mens bestaan.

Volgens Hawking se een boek wat hy geskryf het , is dit nie nodig om ons SKEPPER ,soos wat ons glo aan te roep om die skeppingsproses in werking te stel nie. Hy sê verder dat hy die brein respekteer as `n  rekenaar, wat eendag sal ophou funksioneer as daar komponente is wat faal.  Daar is geen hemel,  of hiernamaals vir gebreekte rekenaars nie. Dit is `n feëverhaal, vir mense  wie bang is vir die donker.

Ek sal my onthou om verder oor Hawking se uitlatings te skryf. Dat hy `n briljante wetenskaplike was is wel so, maar dit wil voorkom asof baie wetenskaplikes  op `n sekere stadium heeltemal die kluts kwytraak en alles wil verklaar deur die wetenskap.

Nou ja dit het tyd geword om te groet , van my Johann ZS6PSS moenie asseblief nie die kluts kwytraak nie, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG 25 MAART 2018 DARPA WIL SOLDAATLIGGAME OP DIE OORLOGSFRONT LAAT VRIES

Deur Johann ZS6PSS

IN    “ONDER DIE VERGROOTGLAS VANDAG”

** HOEKOM WIL DARPA SOLDATE OP DIE GEVEGSFRTONT VRIES.

** SJINESE INGINIEURS ONTWIKKEL HIBRIEDE SONSEL.

** BLITSIGE SELFSTUUR ELEKTRIESEMOTOR.

Baie welkom vanoggend saam my hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS . Ouder gewoonte is ek Johann du Plessis ZS6PSS jou gasheer en ek glo jy het jou alreeds sommer lekker gemaklik gemaak  met `n koffie of iets dergliks.

**  Ons eerste artikel handel oor DARPA wat soldate wat gewond word op die oorlogsfront se liggame wil laat vries. Wat `n bizarre gedagte.  Voor ek verder gaan , ek het al voorheen heelwat kere oor DARPA berig en wil gou net eers jou geheue verfris.   DARPA is die akroniem vir    “DEFENSE ADVANCED  RESEARCH PROJECTS AGENCY”  en die afdeling se doel is,om nuwe tegnologie te skep vir byvoorbeeld  die ontwikkeling van robotte, die vervaardiging van  wapentuig van elektroniese aard wat uiters  effektief aangewend kan word onder  oorlogstoestande,  en dan ook  baie gevorderde navorsing tov futuristiese elektroniese wapentuig.  DARPA staan ook bekend as die “MAD SCIENCE DIVISION” van die Amerikaanse weermag.  Hieronder tel  die ontwikkeling van geleide patrone, laserwapens en vlieënde vragmotors.

Maar kom ons kyk wat berig Rachel Rettner, senior joernalis van LIVE SCIENCE.

Untitled.png

 

Krediet::- Shutterstock

 Wanneer soldate op die gevegsfront gewond word is tyd van uiterse  belang. Dit is die dun lyn tussen lewe en dood. Wetenskaplikes ondersoek nou nuwe metodes, om so `n bietjie tyd te koop vir die gewonde soldate. In werklikheid moet die liggaam se biochemiese reaksies of ook werking, heelwat verstadig word.  Daar word nou gekyk om uiters klein diertjies, wat bekend staan as  ” TARDIGRATES” in te span om die doel te bereik.

Hierdie behandeling klink byna na wetenskapfiksie. Daar is organismes op aarde wat hierdie selfde simptome openbaar, wat ook genoem word in omgewings waar dit lyk asof daar absoluut geen lewe voorkom nie.

TARDIGRADES is mikroskopies klein diertjies, en hulle staan ook bekend as waterbere. Hulle kan oorleef in vriestoestande , dehidrasie en ekstreme stralingstoestande. Hulle liggame gaan in `n toestand in wat bekend staan as  “CRYPTOBIOSE” waar dit voorkom asof alle metaboliese prosesse totaal gestop het, maar tog is die organisme nog steeds lewend.

Op molekulêre vlak is lewe `n aaneenlopende stel van biochemiese reaksies. Dikwels kom die reaksies voor met die hulp van proteiene of soos ook bend is molekulêre masjiene, wat `n katalis genoem word ,en verantwoordelik is daarvoor om chemiese reaksies vinniger te laat plaasvind.

Volgens `n wetenskalike Mclure-Begley is die doel met BIOSTASIS om die menslike liggaam  se metaboliese werking so stadig te maak ,totdat daar mediese aandag aan die soldaat gegee kan word. Die liggaam moet ook die kans kry om baie stadig terug te keer na sy oorspronklike toestand, sonder dat daar skade intree.

Untitled 2.png

Die  behandeling van `n liggaam sal eers as suksesvol beskou word, as alle biochemiese funksies met sukses verstadig word, en  daar geen beskadiging van die selle voorkom nie, en dat die sisteem of liggaam kan terugkeer na sy normale, kom ons sê maar spoed.  Totdan sal daar moet gepoog word om gewonde en beseerde soldate op die gevegsfront te stabiliseer, af te voer en in `n hospitaal te behandel.

Jy sal onthou dat ek `n klompie maande gelede, in een van die artikels genoem het dat wanneer die mens na Mars gaan reis, gaan die moontlike ses mense  vir tye in `n hibernasie toestand geplaas word. Een persoon sal dan wakker  bly om die ruimtetuig te beheer, totdat hy of sy `n volgende persoon wakker maak om sy skof oor te neem. Hy sal dan weer in  hibernasie geplaas word.

Met die BIOSTASIS is dit in `n mate  dieselfde proses wat gevolg word.


**  ………………………..en nou `n bietjie weg van die gevegsfront, en ons kyk na iets wat die die mens tenminste tot voordeel kan gebruik.  Ek hoor nou die dag oor `n radiostasie toe die nuus gelees die , ek wil amper sê, onstellende nuus. Soos gewoonlik word daar natuurlik elke dag, iewers in die land, vir een of ander rede gestaak. Die slag was dit blykbaar omdat daar hernubare krag in die elektriese kragnetwerk ingevoer sou word. Wat moet dan nou word, van die mense wat op steenkoolmyne werk. Baie minder steenkool gaan gemyn word, meer mense verloor hulle werk, en dus ook `n vermindering in die groei van die land se ekonomie. Dit is sekere so, maar, en dis `n baie groot maar, moet `n land se vooruitgang, en in die geval sien ek dit as AI, ARTIFICIAL INTELLIGENCE of te wel  KUNSMATIGE INTELLIGENSIE  op die agtergrond geforseer word vir vuilkrag energie.

Wat ek hiermee bedoel is saamgevat in die volgende artikel.

Untitled.png

`n Span Sjinese ingenieurs het `n hibriede sonsel ontwikkel wat elektrisiteit kan opwek, ongeag of  die son skyn en of dit nou ook  reën.  Hulle maak gebruik van `n TRIBOelektriese effek om energie te oes deurmiddel van die beweging van reënduppels op die oppervlakte van die sonsel. Dus nog `n nuwe metode om elektriese krag op te wek gedurende onstuimige weer.

Die TRIBOelektriese  nanogenerators wek `n stroom op agv.  wrywing, wat onstaan wanneer twee tiepes materiale teen mekaar skuur, en dit staan dan ook soos wat ons weet bekend as statiese elektrisiteit. Daar kan  ook energie verkry word, wanneer kledingstukke teen   mekaar skuur, motorwiele wat rol of selfs die aanraak van TV of selfoonskerms.

Navorsers het  op `n spesiale manier aan  die sonselle se oppervlakte gekoppel. Hulle het twee lae polymeer op die oppervlakte van `n fotovoltaïese sel gelê om `n TENG of TRIBOelektriese nanogenerator te vorm. Om die twee dan ook nou meer sensitief te maak, is daar baie fyn groewe op die polymeers gedruk deur gebruik te maak van die data kant van `n DVD of `n CD.

Untitled 2.png

Die boonste laag word aktief sodra daar water op dit val, en sodra dit afrol, bring dit die polymeer in kontak met die onderste laag. Asgevolg van die wrywing word `n baie klein stroom opgewek. Navorsers het verklaar dat dit nie die eerste keer is dat daar met die metode geksperimeenteer was nie. Die navorsing was in die ACS NANO Journal gepubliseer.

 


Stephen-William-Hawkins-inner_500x375.jpg

Ek wou nog graag iets noem oor  Professor Stephen Hawkin, wie in die vroeë oggendure van Woensdag 14 Maart by sy huis oorlede is, maar ek sal dit oorhou vir volgende Sondag aangesien dit `n artikel sal wees wat net oor Stephen Hawkin  gaan.

 

 

……………………………….Kom on kyk dan ten laaste na die selfstuur kar, wat net in `n ander stal is. Die RIMAC C -TWO elektriesekar kan homself bestuur as jy dalk te bang is om dit te doen. Hierdie motor het sy buiging gemaak op die afgelope Geneevse motorskou. Wat maak die kar dan nou eintlik so snaaks.  Wel klou vas want hier gaan ons. Die RIMAC is een van die vinnigste karre wat tot nog toe gebou is, en onthou dis `n elektriese motor.

rimac-c2-4.jpg

Die motor spog met `n topsnelheid van 415 kilometer per uur, wat hy gemaklik uit sy 2000 perdekrag enjin of is dit nou batterye haal. Die slotte van die motor lees jou gesig, en laat dan eers die deure oopswaai. As jy lelik of verkeerde kleur het of `n bietjie vuil is in die gesig, vergeet ou maat, jy gaan loop en nie ry nie. As jy dalk `n bietjie bang is het die kar `n vlak 4 selfbestuur vermoeë.

Untitled 3.png

By  elke wiel is daar `n elektriesemotor, wat 1914 perdekrag lewer ,en die enjin lewer 1417 kW met `n wringkrag van 2300Nm. Die motor versnel van 0 – 60 in 1.85 sekondes.

Die kwart myl blits hy af in 9.1 sekondes, en binne 11.8 sekondes bereik hy 300 kilometer  per uur. Ek glo jy sal vra , maar hoe lank hou sy batterye. Glo dit of nie , die kar ry `n volle 650 kilometers voor die batterye weer gelaai moet word.

Net so voor ek afsluit. Elektronika bly maar net iets wat `n mens oopmond laat. Soos ek genoem het die kar het `n vlak  4  selfstuur vermoeë.  Die kar het uiters hoë tegnologie sensors aanboord , 8 kameras , ses radars , en twaalf ultrasonies dots, asook 72 ECU`s en prosesseerders met gekombineerde rekenaarkrag wat gelykstaande is aan 22 MACBOOK PROS. Jy kan maar net terug sit en die rit geniet.   Ek wens jou `n aangename week toe.

Wanneer jy die uitsending van ONDER DIE VERGROOTGLAS luister, het ek en my LV se vliegtuig so twee ure vroeër in Dubai geland, waar ons vir sowat 10 dae by ons dogter Sone wat daar skoolhou, gaan kuier.

Onthou jy kan TEENSPANNING gaan lees by “teenspanning.wordpress.com” en stuur vir Peter ZS6SP jou artikel vir plasing in TEENSPANNING.

Van my Johann ZS6PSS, woestyn groete ,mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

 

 

OVG 18 MAART 2018 NUWE HALF GELEIER MATERIALE NAVORSING IN VSA .

Deur Johann ZS6PSS

** UNIVERSITEITE  EN NIST DOEN BAANBREKERS WERK TOV NUWE HALFGELEIER TEGNOLOGIE.

** RUSSIESE PENDELTUIE WORD GELAAT OM OP TE ROES.

**  HOEVEEL STERRE KAN `N MENS SIEN.

Hartlik welkom weer hier by ONDER DIE  VERGROOTGLAS. Soos gewoonlik hoop ek jy gaan vandag se artikel somm er terdeë geniet. Kom ons spring wegt met halfgeleier tegnologie.

* * Vanuit Gaitherburg in die VSA word berig, dat die Amerikaanse departement van koophandel  se Nasionale Instituut vir die vastelling van standaarde  en tegnologie,  NIST,  fondse bewillig  het om  navorsing te begin doen, wat sal fokus op die ontwikkeling  van nuwe materiale,  vir die gebruik in die ontwikkeling  van  rekenaars en stoortegnologie.

Die maatskappy is op soek na die  nuwe materiale  wat  Amerikaanse halfgeleier vervaardigers  die kans sal bied, om op die voorpunt te bly, met die  vervaardiging van elektroniese onderdele vir nuwe generasie rekenaars.mist.png

Volgens Wilbur Ross is die hoë standaarde wat daar gestel word in die VSA in die vervaardiging van halfgeleiers vir  rekenaar- en elektroniese onderdele ononderhandelbaar . Dit is uiters belangrik vir die VSA se nasionale veiligheid en die ekonomie van die land in die 21 ste eeu.

Die universiteite van Texas in Dallas, die Penn State Universiteit, die Universiteit van Michigan , Purdue Universiteit  en die Stanford Universiteit sal almal aan die uitdaging deelneem, om  die Amerikaanse  halfgeleier vervaardigers op die voorpunt in die wêreld te plaas en daar te hou.  Ja, en dan kom die Sjinese en steel weer al die tegnologie, en vervaardig die elektronies onderdele teen `n appel en `n ei.  Kwaliteit kan  dan baie moontlik, ingeboet word.

NIST het `n konsortium in die lewe geroep en het  $2.5 miljoen  geskenk vir die navorsing van nuwe halfgeleier materiale. Die konsortium sal streng fokus op  apparaat wat lae energie  krag sal gebruik wat die ou tradisionle CMOS of soos ook bekend staan as   “complimetary -metal-oxide- semiconductor” nie gebruik het nie,semicond.jpg

`n Paar van die lede van die konsortium sluit onder ander in, die IBM groep, Intel groep, Lockheed Martin, Samsung en die Taiwan Semiconductor Manufacturing Company, en hulle sal almal ook die universiteite bystaan.

Halfgeleiers is die basis materiaal of dan nou ook `n onderdeel vir byna alle rekenaar hardeware, wat ook die weg baan vir die vervaardiging van baie komplekse kringbane wat net `n paar nanometers dik is. So terloops SAI of  die SEMICONDUCTOR Industry Association is  die leiers wêreldwyd op die gebied van die vervaardiging van half geleiers en het `n omset van $164  biljoen gehad in 2016.   Met so `n omset, sou ek en jy dalk ook kon baat vind in ons besighede. `n Mens sou net kan wonder wat gaan die navorsing oplewer.


* *  As ek reg kan onthou het Peter Spickett vir my die volgende artikel aangestuur met dank aan Jacopo Prisco `n joernalis van CNN

In die steppe van Kazakhstan naby die “Baikonour Cosmodrome” staan twee Russiese pendeltuie en oproes. Die twee tuie was eens op `n tyd gebruik ten tye van die Russiese ruimteprogram. Asgevolg van `n tekort aan fondse het die Russe nie dieselfde gedoen as wat die Amerikaners gedoen het, om hulle hele ruimteprogram in `n ruimtemuseum uit te stal nie. Hierdie twee tuier, lê al vir die afgelope 30 jaar en stof gaar.   Interessant genoeg is dat die twee tuie byna op `n druppel  lyk soos hulle Amerikaanse eweknieë.Untitled.png

Untitled.png

Credit: David de Rueda

Dit was nie sommer toevallig dat dit gebeur het nie. Nee, die Russe moes `n voertuig kry wat groot genoeg was om hulle ruimteprogram te kon uitbrei.  Dit wil vir my voorkom asof die Russe maar maak  net soos die ander moondhede wat die vermoeë besit, om hulle ruimterommel daar bo in die ruimte laat asook hier op aarde. Onwillekeurig dink `n mens ook aan die Chernobil kernkragstasie asook die kernkragduikboot wat nog op die seebodem lê. Ongestoord verwoes hulle  stil-stil die aarde.

** Hoe wonderbaarlik bly die voorreg nie vir die mens om ja, as jy die  tyd het jou oë hemelwaarts te rig en te kyk na die sterre nie. Ons is net altyd te besig om op  sake wat net om my en jou as mens sentreer, te konsentreer. Hoeveel keer het jy net die laaste maand probeer om  na die sterre te kyk. Maak geen fout ek maak myself ook skuldig daaraan. Nou die aand toe ek uitgestap uit die huis om vir die Budgie water te gaan skep by die kraan, het iets net vir my gesê kyk op.  Nou soos ons weet laat die baie ligte jou nie toe om werklik te veel in die aand in die hemelruim te sien nie. Maar groot was my verbasing toe ek sien hoe helder sit die Suiderkruis en sy twee aanwysers Alfa Centauri en Beta Centauri hier bokant my kop.  Dadelik het ek sommer gekyk waar lê suid. Miskien later weer oor die Suiderkruis en sy twee wysers.

Untitled.png
FOTO Daily Mail.

As jy dalk in die nabye toekoms die kans kry, kyk hoeveel sterre jy sien op  `n wolklose en maanlose aand.

Jy moet jouself darem so 30 minute gun om jou oë gewoond te maak aan die naglig.

Volgens Sergio Garcia Rill is daar nie `n defnitiewe antwoord vir die vraag nie, Vir die doodeenvoudige rede dat niemand het nog ooit die sterre getel nie, en jy sal nooit genoeg tyd daarvoor kry nie.  Astronome gebruik dus verskillende getalle om `n teoretiese bepaling te doen.

`n  Naastenby  bepaling, as jy in alle rigtings  gelyk sou kon sien,  sê die manne met die lang hare en die dik brille, dat jy ongeveer 10,000 sterre  waarneem.  Ander skat weer dat daar op een oomblik  sowat  5,000 sterre sigbaar sou wees. Jy moet onthou  helfte van die aarde is donker en die ander helfte lig. Dus moet jy die twee getalle in die helfte deel, wat jou natuurlik op sowat 5,000 of 2,500 sterre sal laat kom, wat sigbaar is aan die nagkant van die aarde. Daar sal egter ook nog `n fraksie sterre nie sigbaar wees, as jy natuurlik naby `n stad of `n dorp sou  wees.

Die vraag wat dan nou ook relevant is, hoekom kan sterrekundiges  nie `n ooreenkoms bereik tov . die hoeveelheid sterre, wat bgesien kan word nie.  Die antwoord is natuurlik voor die handliggend. Geen twee mense sal `n ding presies dieselfde sien  nie, aangesien ons  nie almal dieselfde sigsterkte het nie, en hoe ouer jy word hoe minder is jou oë sensitief vir baie flou lig.

Die laaste opmerking vir die artikel is dan ook seer sekerlik baie waar.  Jong mense en die hier in hulle middeljare, sal onder absolute perfekte toestande by magte wees om duisende sterre te sien.

Ek hoop jy het die voorreg gehad om die naweek  op Kleinfontein gedurende die BHF / UHF kompetisie  die wonderlike sterrehemel te kon sien. Hoeveel sterre het jy gesien?  Dis nou ook gegewe of die sterrehemel wolkloos was, en dat daar nie te veel kunsmatige lig teenwoordig was nie.

Untitled.png

Van my Johann ZS6PSS, groetnis van gesin tot gesin.  Mooiloop , hou jou oë oop en wees veilig.

OVG: 11 MAART 2018 – STRATOLAUNCH VLIEGTUIG WêRELD SE GROOTSTE VLIEGTUIG

Deur Johann ZS6PSS
** STRATOLAUNCH WêRELD SE GROOTSTE VLIEGTIUG DOEN EERSTE AANLOOPBAAN TOETS.
** CHINA BOU SUPERSONIESE VLIEGTUIG.
** SNAAKSE WEER TREF EUROPA en ANTARTIKA

Goeimore, welkom hier by my, Johann du Plessis, in ONDER DIE VERGROOTGLAS ateljee. Ek hoop jy het `n keel natmakertjie byderhand en sit lekker terug. Vanoggend kyk ons na twee verskillende vliegtuie wat hulle verskyning maak en ons kyk na die snaakse weer wat die afgelope paar weke Europa en Antartika getref het.
Rich Haridy `n joernalis berig dat die masiewe STRATO LAUNCH vliegtuig die afgelope twee weke twee aanloopbaantoetse gedoen het. Nou , wat is die STRATOLAUNCH wat nou weer deesdae so opslae maak.

Untitled.png

Om so bietjie meer spesifiek te wees. Dit is `n dubbelromp tuig wat met ses enjins die lug in moet probeer kom. Die twee rompe lyk presies dieselfde. Onder hierdie massiewe vliegtuig sit daar 28 wiele waarmee hy gaan land en opstyg. Die aandrywing van die STRATOLAUNCH word gedoen deur 6 Boeing 747 enjins. Die enjins kan `n lugvrag van nagenoeg 226,000 ton die lug indra.
Die STRATOLAUNCH het `n reikafstand hê van 2000 seemyl of so 2400 kilometer.

Die STRATOLAUNCH vliegtuig maatskappy was is 2011 deur Paul Allen gestig. Die STRATOLAUNCH tuig sal glo in die toekoms dien as `n lanseerplatform om toekomstige lae aardbaan satelliete makliker te lanseer. Die vlerkspan van die vliegtuig is `n 117 meter wat 6 meter langer is as die SATURN V VUURPYLE wat in 70 `s en 80`s gebruik was.

Untitled.png
Die vlerkspan is egter nog `n vulletjie as die tuig met die lugskip , die HINDENBURG vergelyk word. Die STRATOLAUNCH is maar die helfte van die lengte wat die HINDENBURG was.
Een van die voordele van die gebruik van die vliegtuig sal wees dat laserings nie in die wiele gery sal word nie , en wat op sy beurt weer kostes die verhoog nie.

Die tuig sal blykbaar teen 2020 sy eerste toetsvlug onderneem. Tot dan word aan die tuig veranderings gebring en gereed gekry vir nog aanloopbaan toetse en dan uiteindeli, k sy eerste werklike toetsvlug.
`n Groot vliegtuig, dit is hy defnitief.


…………………..en sommer vinnig, aandag aan nog `n vliegtuig. Baie kleiner maar uiters vinnig. `n Paar weke gelede het ek `n artikel in ONDER DIE VERGROOTGLAS gedra waarin daar berig was dat Amerika besig is om `n supersoniese vliegtuig te bou wat van London na Washinton in drie ure sal kan vlieg.
Die Sjinese het ook nie op hulle laat wag nie. Hulle is alreeds besig om `n supersoniese vliegtuig te toets wat bekend staan as die ” 1 PLANE ” Die vliegtuig sal glo `n baie lae sleurkwosiënt hê en maklik en vinnig kan styg en sal net `n paar uur benodig om van Beijing na New York te vlieg. Daar word egter nog nie gesê hoe lank sal die paar uur duur nie.
Daar word gepoog om die spoed van die vliegtuig van MACH 5 so ongeveer 6100 kilometer per uur na MACH 7 op te stoot. Dit sal `n spoed wees van ongeveer 8600 kilometer per uur. Nogal vinnig sou ek sê. Ek dink nie jou hoed sal op jou kop bly as jy by die venster uitkyk nie.Untitled.png
Die vliegtuig kan ook gebruik word om bomme te dra. Iets in die lyn van `n supersoniese bomwerper. Interessant genoeg het Sjina sommer kort terug `n hipersoniese missiel gebou wat `n spoed van 11,200 kilometer per uur kan vlieg.

Daarteenoor laat die Amerikaners ook nie op hulle wag nie en is ook alreeds besig om hipersoniese wapentuig te toets wat enige plek op die aarde kan toeslaan binne een uur van opstyg of lansering. Dit sal glo `n tuig of `n vliegtuig wees wat die opvolger sal wees van die BLACKBIRD SR-71.

Untitled.png
Blackbird SR-71

Die supersoniese vliegtuig van die Amerikaners kan teen 2030 gereed wees vir sy eerste vlug.
Kommersieële supersoniese vlugte is ook nie meer te ver in die toekoms nie. Waar gaan die wêreld heen. Sê jy vir my asseblief.

 

 

 


In ons volgende en laaste artikel vir vandag kan nie eers ons weerman Nico ZS6OI meer by bly met moontlike voorspellings van wat die weer beplan vir die dag of die week nie. Soos ons almal die afgelope week of wat op die SAUK weervoorspellingsdiens net na die nuus sien , blyk dit dat bogemiddelde reën in die suidelike gedeeltes van Suid Afrika hier in Maart, April en Mei kan voorkom.
Daar kan dan ook meer koeler toestande voorkom in gedeeltes van Gauteng en verder noord. `N mens wonder net hoekom en waarom al die snaakse weer.
Die afgelope Woensdag was daar deur weervoorspellers berig dat ysige koue toestande en swaar sneeu neerslae die Noord Oostelike kus gedeeltes van Amerika teister. Dit het eintlik al op die 2 Maart begin maar is nog steeds inbeweging. Die gedeeltes beleef glo `n BOMSIKLOON wat tot gevolg het, vloede en oortsromings en soos ek gesê het uiterse swaar sneeu neerslae.Untitled.png
Dan is daar ook die snaakse yskoue weer wat so byna drie weke gelede ook oor Europa die botoon gevoer het. Daarteenoor was daar berig dat uiterste warm toestande oor Antartika geheers het.

Antartika met baie gesmelte ys – veroorsaak nog meer verwarming
Gedurende die Artiese winter is die gemiddelde temperature `n yskoue minus vier grade. Baie interessant, ondervind Anartika hierdie jaar baie ongewone en hoë temperature. 980x.jpgOp die 20ste Februarie hierdie jaar het die temperature tot bokant vriespunt gestyg en daar gebly vir 24 uur. Op die 24 Februarie styg die temperatuur tot warm 6 grade Celsius , wat tot gevolg het dat wetenskaplikes die toestande mal, snaaks en uiters skokkend noem. Dieselfde toestande het toe ook tergelykertyd in die noorde van Groenland voorgekom. Volgens wetenskaplikes van die NOAA of te wel die NATIONAL OCEANIC and ATMOSPHERIC ADMINISTRATION, kan artiese toestande tesame met skielike see- ys verlies `n nuwe tiepe klimaat wat artiese verwarming tot gevolg kan hê, meebring.
Die verduideliking hiervoor lê glo daarin dat warm lug en vog word vanuit die suide na die sentrale dele van Antartika ingevoer.
Die see-ys laag word dunner, warm lug wat na die artiese binneland gevoer veroorsaak hierdie buite normale toestande.
Die toestande, stel baie hoë eise, nie net aan die diere wat in die streek voorkom nie, maar ook aan sowat 40,000 mense wat aan die Alaska kuslyn woon. So ten laaste , indien die toestande voortgaan kan dit tot gevolg hê dat die artiese dele en omstreke, tot in Alaska , nooit weer tot hulle normale ystoestande sal terugkeer nie.

Untitled.png
BOMSIKLOON tref Amerikaanse Ooskus

Om dus mee af te sluit , jy het oor die nuus verneem hier so om en by Donderdag die afgelope week, het `n BOM SIKLOON die Amerikaanse ooskus getref wat uiterste sneeu en koue tot gevolg gehad het. Ek wil net `n klip in die bos gooi, miskien is ek verkeerd, maar iets fluister net hier in my oor, dat die komende winter van 2018 kan dalk net uiterste toestande van koue en moontlike hoë sneeuval vir ons gee.
Met daardie koue nuus is dit tyd om te groet.
…………en maar weer dieselfde beroep op elke MRK lid. Het jy al vir Peter jou artikel vir TEENSPANNING gestuur. Baie dankie Peter se posbus loop oor van leegheid. Onthou besoek TEENSPANNING by “teenspanning. wordpress.co.za”
vir informasie tov MAGALIES AMATEURRADIOKLUB en vele ander brokkies nuus en inligting. Nou-ja volgende week maak ons weer so.

Van my Johann du Plessis ZS6PSS, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG:    4 MAART 2018 – DIGITALE PEN VERANDER HANDSKRIF IN ELEKTRONIES TEKS – 13. 5 BILJOEN JAAR GELEDE RADIOSEIN  – INSIGHT BINNEKORT OPPAD NA MARS.

Deur Johann ZS6PSS

VANDAG IN ONDER DIE VERGROOTGLAS:-

**  DIGITALE PEN WAT HANDSKRIF VERANDER NA REDIGEERBARE HANDGESKREWE NOTAS

**  3.6 BILJOENJAAROUE RADIOSEINE DATEER TERUG NA DIE ONSTAAN VAN DIE AARDE.

** INSIGHT BINNEKORT OPPAD NA MARS.

Hartlik goeiemore weereens van my Johann du Plessis ZS6PSS en welkom hier in ONDER DIE VERGROOTGLAS ATELJEE. Ek hoop jy gaan die volgende paar minute lekker agteroorsit en saam met my kuier waar die VERGROOTGLAS  ons ookal neem.

**  DIGITALE PEN WAT HANDSKRIF VERANDER NA REDIGEERBARE HANDGESKREWE NOTAS

Heeleerstens neem die VERGROOTGLAS ons  op `n vinnige toer na die fabriek, waar die eerste digitale pen, handskrif kan omsit in digitale teks. Dit nogal met regte egte ink en dan ook papier wat ons maar elke dag gebruik om op te skryf.

Die pen kan handskrif in 30 tale asook grafieke en tekeninge identifiseer. Al jou notas kan jy digitaliseer terwyl jy die goeie getroue ou vriend, naamlik jou pen gebruik.  Die skrif kan gestuur word na  jou voorkeur rekenaarprogram, soos  byvoorbeeld  NOTEPAD, WORD  of  OUTLOOK . Jy kan dit weer met `n vriend of vriendin deel   deur notas, videos en fotos aan hulle te stuur. Die pen staan bekend as die  ” IRISNOTES 3″ . In sommer gewone taal , jy skryf en jou rekenaar tik vir jou terselfdertyd  sommer `n brief, `n kontrak of `n bestelling vir byvoorbeeld onderdele vir jou besigheid.  Dit alles in die uiterste netheid, waarmee `n drukker  notas of wat ookal kan uitdruk.

Untitled.png

Die pen bestaan uit die volgende :-

  1. `n Ingeboude herlaaibare litium battery wat tot 10 ure aanhoudend kan skryf.
  2. `n Elektronies notablok wat tot `n 100 A-4 papiere kan stoor en wat met infrarooi werk.
  3. “BLUETOOTH ” koppeling wat notas ensovoorts na jou rekenaar of ANDROID apparaat kan stuur.
  4. Standaard grote ink houer en hervulbare houers is aanlyn te koop.
  5. ……………….en laastens die liggewig tradisionele pen.

Met `n enkele klik op jou elektroniese notaboek, word jou notas na jou rekenaar gestuur en uitgedruk deur die drukker.


**  3.6 BILJOENJAAROUE RADIOSEINE DATEER TERUG NA DIE ONSTAAN VAN DIE AARDE.

……………nou teleporteer ons , ons  na die sogenaamde “BIG BANG” of OERKNAL.

In ons volgende artikel kan sommer ook die IRIS3 NOTES pen gebruik om aantekening te maak oor die  3.6 biljoen jaar oue radioseine, wat terug dateer na die onstaan van die kosmos.

Untitled

 

Om deur die ruimte te kyk is asof jy deur tyd  kan kyk. Om dus `n bietjie langer te tuur,  kan jy  dieper en dieper in die ruimte  kyk. Astronome van MIT en die Arizona state University, het dit nou reggekry om sover terug te kyk in die verlede dat hulle uiters flou radioseine kon opspoor, wat die eerste tekens wys dat waterstof sowat `n 180 miljoen jaar gelede alreeds bestaan het, met die onstaan van die heelal.

Aan die begin was die heelal `n baie donker en koue plek. Lig het gladnie bestaan nie en waterstofgas was ononderskeibaar van die kosmiese agtergrond uitstraling, wat oor gebly het na die, soos dit alom bekend staan , “DIE BIGBANG” of die OERKNAL.  Met tyd het materie meer begin saampak, groter en groter massas gevorm, totdat daar soveel massa onstaan het, wat uiteindelik  `n  tiepe van `n atoom ontploffing tot gevolg gehad. Baie van ons glo dit het anders gebeur, maar volgens wetenskaplikes, het die eerste sterre begin skyn.  U V uitstralings het begin posvat asgevolg van die teenwoordigheid van waterstof gas. Hierdie interaksie tussen UV uitstralings en waterstofgas het tot gevolg gehad, dat die nuwe studie  kon die onstaan van radioseine, sover as 13.6 biljoen jaar terug navors. Dit is glo die oudste antiekesein wat tot nog nagevors kon word.

Untitled


** INSIGHT BINNEKORT OPPAD NA MARS.

Nou sommer baie vars nuus wat ek van NASA  ontvang het. Die nuuste Marslandingstuig, was  die afgelope Donderdag 1  Maart deur `n C-17 vragvliegtuig op die Van den Burg lugmagbasis in California afgelwer.  Die Marslandingstuig sal bekend staan as INSIGHT.Untitled 2

Insight  was  van Denver Colorado af gevlieg waar die tuig deur  “Lockheed Martin Space Systems”  gebou was. Die lansering van INSIGHT  na Mars sal gedurende `n vyf weke venster, wat op die 5 de Mei begin , plaasvind.  Gedurende die venstertyperk sal daar beskuit word wanneer is die beste tyd om INSIGHT te lanseer . INSIGHT sal  die tog na Mars aanpak, op `n  ” United Launch Alliance” Atlas  V  vuurpyl aanpak, wat van Van den Burg lugmagbasis gelanseer word

d.

Untitled 2
Atlas V

Untitled.png

INSIGHT sal verkenningstogte onderneem om Mars baie verder as voorheen te gaan verken. Ek wonder hoekom verken hulle nie maar sommer net die Australiese  “OUTBACK” nie.  Gaan dalk makliker en goedkoper wees.

As alles volgens plan verloop, behoort INSIGHT gedurende November darem nog in 2018 op Mars land.  Daar word gehoop dat INSIGHT tot op `n diepte van 5 meter sy navorsings instrument in Mars sal kan ingrawe om seismiese ondersoeke te doen.

So ten laaste tov die Marslander INSIGHT. Die akroniem beteken INTERIOR EXPLORATION using SEISMIC INVESTIGATIONS GEODESY and HEAT TRANSPORT.

Volgende week kyk ons na die STYRATOLAUNCH vliegtuig, tot dusver glo die grootste vliegtuig wat tot nogtoe gebou is. Hoe het  Antartika  die afgelope twee weke warmer weer as Europa ervaar,  en Sjiena bou ook `n supersoniese vliegtuig.

As jy weer die artikel wil lees gaan kyk by  “teenspanning.wordpress.com”  . Met  groot dank aan Peter Spicket ZS6SP wat elke artrikel keurig met fotos of illustrasies inkleur.  Het jy al vir Peter jou artikel gestuur vir TEENSPANNING waarvoor daar elke week gepleit word.  As jy kan skryf hou niks jou terug om `n artikel neer te pen nie. Peter sal dit taalkundig versorg . Stuur jy dit ASSEBLIEF net vir hom. Onthou al MRK se bedrywighede , fotos van aktiwiteite en nog vele meer is hier beskikbaar.

Ek groet , aangename week, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG  25 FEB 2018  NUWE FIETS VALHELM MET TWEE KAMERAS   VERJAARDAG VAN NICHOLAUS COPERNICUS  WAT SAL JY MAAK AS JY SKIELIK OP ET AFKOM.

Deur Johann ZS6PSS

*  VANDAG IN ONDER DIE VERGROOTGLAS

*  NUWE  FIETSVALHELM  MET TWEE KAMERAS

*  VERJAARDAG VAN NICHOLAUS COPERNICUS

*  WAT SAL JY MAAK AS JY SKIELIK OP  ET AFKOM.

Welkom hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS ateljee en jou gasheer soos gewoonlik is Johann du Plessis ZS6PSS.  Groot dele van die land het werklik  heerlike reën gehad maar soos ek en jy weet is daar nog groot dele wat smag daarna om `n paar druppels te kry.  Damme in sekere areas het wel gestyg maar dan is daar nog die Wes-Kaap en omgewing  wat gebuk gaan onder die sterk moontlikheid dat die krane nie lank van nou kan opdroog. Ons hoop egter dat die winterreën wat hopelik nog in aantog is en wel die Kaapprovinsie gaan deurnat.  Ja, en altyd bygesê sonder oorstromings en lewesverlies.

Voort met vandag se artikels vir ONDER DIE VERGROOTGLAS.  As jy iewers oppad is na afspraak of `n kuier of vir die werk  kom jy menig kere mense teë wat besig is om fiets te ry. Hetsy net sommer vir die lekker, of oppad werk toe of wie oefen vir moontlik een of ander uitdaging.  My eerste vraag sommer dadelik is hoe versigtig is jy wanneer jy `n enkele fietsryer of `n groep nader.  Ek weet jy gaan dadelik sê hulle is `n euwel op die pad want soos ons weet reken die fietsryer die pad behoort aan hom of hulle.

………………..en ou Vrind jy kry  dadelik `n kyk en `n paar tekens sou jy dalk net volgens hulle te naby aan hulle verby ry.  Dis glad nie roete aanduidings tekens nie , nee dit wys vir jou waarheen jy in jou peetjie moet invlieg.  Hopelik kan die probleem nou die hoof gebied word met ` nuwe katoeter wat sy buiging op die , kom ek sê maar op die veiligheids-  en  natuurlik ook op die elektroniesemark  maak.

Volgens  `n joernalis Michael Irving  het  `n  Australiese maatskappy  CYCLE VISION EDGE  `n fietsvalhelm bekend gestel met twee kameras , een voorop en een  kamera agterop die helm.  Nou het die fietsryer  selfs  oë agter op sy kop.Screen_Shot_2018-02-21_at_11.18.49_am_0a818851-5a39-422c-8b9c-3cf1a1e2d93d.png

 

Deur middel van die twee kameras kan die ryer die pad voor en agter hom in HOë DEFINISIE formaat vir moontlike gevare dophou.  Een kamera gee `n 160 grade gesigsveld en dus gesamentlik 320 grade veld. Alles word gestoor op `n 32 gigagreep geheuekaart en is genoeg vir ongeveer vier ure se video opname, wat dan weer op `n rekenaar afgelaai kan word om te kan kyk indien daar `n probleem sou wees tussen die ryer en `n motoris.

Die helmet kan ook gekoppel  word deurmiddel van “WI-FI” op ` n skerm wat op die fiets se  handvatsels aangebring kan word sodat die ryer dadelik kan sien wat voor en agter hom aangaan.Untitled.png

Al was die konsep al vir jare in motorfiets veiligheidshelm gebruik is dit nou `n eerste  vir `n fietsry helm.


Dit is nou `n paar dae gelede dat  Nicholaus Copernicus sy vyfhonderd vyf-en-veertigste  geboortedag   op 19 Februarie sou herdenk. Hy is op  19 Februarie  1473 gebore.

Ons hier in die moderne era  moet eintlik baie dankbaar wees vir `n man soos Copernicus.  Hy het die middeleeuse idee van `n geslote aard gesentreerde heelal verkeerd bewys en die mense van daardie tyd gewys dat daar `n totale nuwe benadering ten opsigte  van die heelal en kosmologie moet wees.crystal_spheres_break_open.gif

Bo-staande illustrasie se skilder is onbekend. Dit staan bekend as “Empedocles Breaks through  the crystal Spheres” en is van Franse oorsprong.

Copernicus was gebore in `n era toe die mens geglo het dat die aarde word omring deur `n  kristalsfeer in die middel van die heelal. Kan jy vir jouself indink  watter kopskuif  moes Copernicus gedoen het om te besef dat die aarde nie die middelpunt van die heelal was nie , maar dat die son die middelpunt is van ons sonnestelsel en dat die aarde en die nou bekende planete om die son wentel en dat ons maar `n spikkeltjie iewers in die Melkwegstelsel is.

Nikolaus_Kopernikus.jpg

Nicolaus Copernicus.

Copernicus, was nogal heel interessant, nie die eerste persoon om  `n son  gesentreerde heelal te aanvaar nie. Die vroeë Griekse filosowe  het ook al daarvan gepraat.

Vervolgens wil ek jou uitnooi  na die diep, diep ruimte toe. Hoe sal die mens reageer as ons werklik buiteruimtelike wese lewe ontdek. Dalk al `n bietjie holrug geryde onderwerp maar `n nuwe studie kan ons dalk nou net verras.hqdefault.jpg

Daar was altyd  die  gevoel dat die mens sal nogal redelik negatief reageer met die ontdekking van buiteruimtelike wesens. Na aanleiding van nuwe navorsing in die VSA  sal die Amerikaners glo baie positief reageer tov. sulke nuus. Aan die anderkant, as `n mens sou glo in wetenskapfiksie is die moontlikheid baie groot, dat die mens by wyse van spreke hom of haarself  boeglam gaan skrik  gedurende  die eerste ontmoetings met E.T en sy, as hy dalk sou hê , boeties  en sussies. In `n navorsings ondersoek wat gedoen was deur die NEW YORK TIMES was die uitkoms dat die aardbewoners glo baie positief sal wees wanneer  hulle `n buiteruimtelike wese  sou ontmoet.

Wonder jy,  wat sal jou en ander mense se reaksie wees as jy en hulle dan nou skielik  hier op wesens van die buitenste ruimte afkom. Om dan nou die artikel mee af te sluit. Kom neem deel aan `n ET jag. Vind vir ET en sy vrinde  en dan sal ons regtig kan sien hoe die mens gaan optreë . As dit dalk jy is , gaan jy groet,  of gaan jy hol.close-encounters.jpg

Moenie te braaf wees nie. Ek dink jy gaan ineenkrimp en dan ook nog weg hardloop.

O, en voor ek vergeet stuur vir my `n e/pos na TELESATPTA@GMAIL.COM  en sê vir my wat moet ek vir jou gaan navors. Nog makliker skryf jy die artikel , stuur dit vir my. Ek redigeer dit vir gebruik vir radiouitsending en ek sê solank byvoorbaat dank.

Net nog `n laaste stukkie inligting . Onthou elke “ONDER DIE VERGROOTGLAS” artikel kan jy so `n dag of wat na die voorafgaande Sondag gaan lees, met illustrasies en fotos wat deur Peter Spicket ZS6SP geplaas word  by die volgende webadres:- “teenspanning.wordpress.com”  Moet dit nie mis nie en my dank aan Peter ZS6SP. Peter wag ook vir jou bydrae vir  TEENSPANNING.

Groetnis , Mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG 18 Februarie 2018

Deur Johann ZS6PSS

NUUS  –  TEENSPANNING  –  STOFSTREEP IN DIE RUIMTE VAN TESLA ROADSTER en FALCON  HEAVY VUURPYL

 AMERIKA BOU SUPERSONIESE VLIEGTUIG en 

2de WêRELDOORLOG  REKENAAR.

Welkom hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS  en oudergewoonte groet ek jou en `n elk en `n inkelte radioamateur wie weereens die moeite gedoen het om hier by MRK se bulletin in te skakel.

EERSTENS KLUB INFORMASIE

Soos jy nou al teen die tyd weet, kan jy net so `n dag of wat,  na die bulletin hierdie artikel weer gaan lees by   “teenspanning.wordpress.com”  . Maar voor ek enigsins verder gaan die volgende vraag.  Het jy werklik al die moeite gedoen  om eerstens die nuusspan te bedank vir die moeite wat daar Sondag vir  Sondag gedoen word met die bulletin.  Ek praat nie eers van die groot werk wat daarin gaan om herleidings  te doen en hoor mooi,  dit te laat slaag nie,  te midde van die somtyds moeilike voorplantings toestande.

Daar is ook een ander persoon wat jy gerus meer krediet kan gee vir sy enorme werk met TEENSPANNING  en dit is die Staatspresident ZS6SP Peter Spicket.  Hy is tans in elk geval die enigste Staatspresident met integriteit .  Jy weet Peter wend  elke week `n fantastiese  poging  aan om byvoorbeeld, ONDER  DIE VERGROOTGLAS  baie keurig in te kleur met meegaande fotos wat betrekking het op daardie spesifiek artikel se inhoud.

Praat nie eers van al die ander artikels wat hy plaas nie.  Daar is werklik `n legio van interesssante informasie, asook, wat  daar vir die jaar vir klublede beplan word. So terloops wanneer laas het jy vir Peter  `n artikel of enige iets van belang gestuur sodat hy dit in TEENSPANNING kan plaas .  Al het jy dalk net `n foto geneem van die pas afgelope wonderlike opknapping van die klubhuis.  Jou foto kan dalk net iets sê, wat iemand anders se foto weer gemis het of jy het dalk net iemand gevang, wat  `n klein uiltjie gekip het so tussen al die harde werk.

Onthou TEENSPANNING het beslis jou insette nodig. So raak asseblief betrokke.

Kom vrinde gee `n bietjie krediet vir `n  eintlik baie ondankbare werk.  Peter  van my kant, baie dankie vir die “OPDOLLY van ONDER DIE VERGROOTGLAS  en `n groot dankie aan almal wat die klub en klubbulletin se wiele laat rol.

VERVOLGENS –  TRAPPIST 1 EKSOPLANETE

Vandag gaan ons  so `n bietjie lekker op en af tussen die ruimte en die aarde vlieg.Untitled.png

Doris Elin Salazar `n joernalis van SPACE.COM is daar glo `n  groep  galaktiekas besig om  baie glad deur die ruimte te trek sodat die glo teenwoordige antimaterie dit nie eers kan verklaar nie.   Salazar noem ook dat deurmiddel van `n nuwe studie is daar vas gestel, dat soos hulle bekend staan , kom daar op die   TRAPPIST-1 eksoplanete  blykbaar 250 maal meer water daar voor as op die aarde. Daar word egter nog nie gesê waar die eksoplanete hulle bevind en hoe ver is hulle van die aarde nie. Untitled.png

Daar kan  nie met sekerheid gesê word waar kom dioe planete voor nie. ONDER DIE VERGROOTRGLAS sal so met die tyd die saak dophou en indien daar meer nuus is, vir jou deurgee . Sou daar in elk geval water op die planete wees kan ons dit nie met tenkwaens gaan haal nie. So , miskien `n beter uitdaging om daar te gaan bly as op Mars.

NOG STEEDS IN DIE RUIMTE MET TESLA SE ROADSTER eN DIE FALCON HEAVY VUURPYL.

As jy dalk `n stofstreep in die ruimte sien bokant moeder aarde  moet tog asseblief nie dink dit is `n taxi wat heeltemal van koers afgedwaal het nie.  Nee dit is daardie “ROADSTER ” rooimotor, met daarin, `n mensgrote popreplieka,  ek vermoed van Elon Musk  grootbaas van SPACEX.  Die ruimtepak is nie die ware Jakob nie.  So as jy die pak dalk sou aantrek en dit in die ruimte waag sal jy defnitief `n kandidaat word vir AVBOB se diens.  Die rooimotor en pop was verlede week aanboord van die FALCON HEAVY vuurpyl wat vir toets doeleindes gelanseer was. Die FALCON HEAVY kan `n tonnemaat van nagenoeg 64  metrieke ton die lug in lig wat hom die perfekte kandidaat maak om mense binnekort na Mars te vervoer. Die afgelope week het `n  “ASTROFOTOGRAAF” die TESLA  rooimotor glo gewaar waar dit deur die ruimte gevlieg het na wie weet waar. Die TESLA ROADSTER was toe al sowat 800,000 kilometer weg van die aarde af.Untitled.png

Dit is blykbaar dan ook nie die einde van die beplanning nie ,want Musk sê hy wil  binnekort  nog `n groter  “HEAVY” die ruimgte instuur wat hy alreeds glo die  “BFR” of overgesetsynde des nieteenstaande  die  “big flippen rocket” noem. Daar is  `n ander woord vir die “flippen rocket”.  Die vuurpyl sal glo soeveel as 122 metrieke ton die ruimte in kan dra. Die loonvrag gewig sal net al hoe swaarder word namate die tyd nader kom dat die eerste mense na Mars sal vertrek.

NUUSTE  AMERIKAANSE SUPERSONIESE VLIEGTUIG

Volgens Hanneke Weitering nog `n joernalis van SPACE.COM het NASA met behulp van die TRUMP administrasie  fondse bekom om `n eksperimentele supersoniese vliegtuig te bou. Bekend as die  “LBFD” of  “LOW BOOM FLIGHT DEMONSTRATOR” is die vliegtuig geskeduleer om alreeds  so vroeg as 2021 sy eerste toetsvlug te onderneem.Untitled

Die doel van die LBDF vliegtuig, is om kommersieële vliegtuie te bou wat vliegtyd tussen verskillende lande en stede met die helfte te kan verminder, asook om vinniger as klank te vlieg sonder om daardie bekende uiters harde plofgeluid te maak, wat eie is aan supersoniese vliegtuie. Hierdie plofgeluid  onstaan asgevolg van skokgolwe wat veroorsaak word as die vliegtuig eintlik deur die klankgrens breek of vlieg.

Omdat die plofgeluid so hard en steurend is, het byvoorbeeld die CONCORD net oor die see gevlieg.  Die projek koste beloop nagenoeg $640 miljoen.  Die spoed wat vir die vliegtuig beplan  word, sal so in die omgewing  2,335 kilometer per uur wees, en `n vlug tussen London en New York sal ongeveer 3 uur duur.  `n Afstand van byna 5600 kilo`s.  `n Gewone vliegtuig wat teen `n spoed van so 900 tot `n duisend kilo`s vlieg, neem sowat 6 en `n half uur om die afstand te voltooi.

Ek dink dit kan net `n fantastiese ondervinding wees om met so supersoniese vliegtuig te vlieg.

……………..en dan so laastens is ons darem weer terug op moeder aarde vir so `n paar sekondes en ons kyk sowat  70 jaar terug na 1945. Ongelooflik om te glo maar die Tweede Wêreldoorlog het darem ook baie groot dinge op sy tyd opgelewer. Die ontwikkeling van tegnologie het ook nie agter gebly nie.  In die onderstaande foto kan jy die  “ELECTRONIC NUMERIC and COMPUTER ” sien. Hy was ook bekend as die  “ENIAC”.  Hierdie elektronies numerieserekenaar was in groot geheimhouding, gedurende die oorlog aan  die Universiteit van Pennsylvania, soos ek genoem het in 1945 gebou. Die rekenaar was dan ook die eerste van sy soort.Untitled.png

Die ENIAC was aangewend as `n algemene en veeldoelige rekenaar, wat se hoofdoel was om te help met die verfyning van artillerie vuur.  Net vir interessantheid, die rekenaar het `n allemintig 30 ton geweeg.

Nou -ja ek en jy weet, net in vergelyking met ons selfoon, is die selfoon die ENIAC  ligjare vooruit en baie kragtiger.

As jy wil hê ek moet oor `n spesifieke onderwerp `n radio artikel doen, stuur vir my die inligting, of skryf dit self en stuur vir my dit na  “telesatpta@gmail.com”.

Ek sal dit redigeer en inlees vir gebruik in ONDER DIE VERGROOTGLAS . Ek bedank jou al by voorbaat vir jou hulp wat jy gaan verleen. Kan nie wag vir jou bydrae nie.

So met ons voete terug op die aarde, groet ek en wens jou weereens `n fantastiese week toe. Mooiloop , hou jou oë oop en wees veilg.

OVG – 11 Feb – SAL DIE VOLGENDE KOUE OORLOG AANGEVUUR  EN  BEHEER WORD DEUR  AI  OF KUNSMATIGE INTELLIGENSIE.

Untitled.png

Deur Johann – ZS6PSS

Baie welkom weer hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS en soos verlede week hoop ek dat jy `n goeie week agter die rug het en dat jy  darem weer die moegheid wat dit meegebring het  al stadig afgeskud het. Nou-ja vandag hoop ek dat  die volgende  aflewering weereens vir jou  interessant gaan wees.

Ons begin met die vraag naamlik , sal die volgende KOUE OORLOG aangedryf word deur “KUNSMATIGE  INTELLIGTENSIE”. Dink mooi, die volgende “KOUE OORLOG”.   Wat beteken dit ? Dit wil voorkom asof daar dalk nie wapens by betrokke gaan wees nie, maar dat dit baie meer betrekking het op, en dis my mening,  aanvalle op  sagteware waarmee kragtige rekenaars  aangedryf  kan word.

Maar kom ons kyk wat Jeremy Straub van die North Dakota State University te sê het.

Met kunsmatige ingtelligensiewapens of soos hulle dit noem “ARTIFICIAL INTELLIGENCE” (AI) aan beide kante, en `n mens wonder watter beide kante, kan dit werklik lei tot `n koue oorlog.

Dit is eintlik so maklik om die huidige geopolitiese situasie met die van die 1980`s te verwar. Die Amerikaners en die Russe beskuldig mekaar oor en weer dat hulle in mekaar se huishoudelike  sake inmeng. Iets wat dalk net maklik kan lei tot `n militêre konflik.

Meins insiens is daar natuurlik huidige net so `n groot skouer skuurdery tussen die twee Koreas en self met Sjina ingeslote.

Soos wat gedurende die KOUE OORLOG wat onstaan het net na die TWEEDE Wêreldoorlog is moondhede konstant besig om wapens te bou wat gebasseer is op hoog ontwikkelde  tegnologie.  Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die voorkeur wapen atoombomme, maar vandag is dit rekenaar sagteware, whats-a-computer-virus-136403431752803901-160119084914.jpgongeag of dit gebruik word om rekenaarsisteme aan te val of om dit vir eie gebruik aan te wend in die werklike wêreld.

Russies retoriek ten opsige van die belangrikheid van KUNSMATIGE INTELLIGENSIE is besig om vinnig veld te wen en met goeie rede. ………..en ek  wil vir jou sê moet nie die Sjinese uit die oog verloor nie.

Soos wat  AI of ek noem dit sommer van nou af ” K I ” of kunsmatige intelligensie daartoe in staat is om besluite te neem en te maak  wat gebasseer is  op die beskibaarstelling van meer DATA kan besluite baie vinniger geneem word as die mens dit kan hanteer.

Dit wil voorkom of daar al `n hele aantal joernaliste en ander ontwikkelaars is wat voel dat die wêreld alreeds die KOUE OORLOG era betreë het met al die navorsing wat daar alreeds gedoen is met hommeltuie, selfstuur karre en kubersekuriteit.

Kom ons kyk vir `n wyle na die Moderne Koue Oorlog. Net soos gedurende die Koue Oolog van die 1940`s en 1950`s het beide die Russe en die Amerikaners rede gehad om bang te wees dat die een die tegniese oorhand oor die ander sou kry.

Nogal baie interessant. Gedurende `n onlangse byeenkoms by die Strategiese Missiel Akademie naby Moskou het die Russiese president Vladimir Putin voorgestel dat Kunsmatige Intelligensie die roete is wat Rusland moet volg om weer `n herbalansering van moondheid krag te kan bewerkstellig. Dit blyk dat Amerika se uitgawes 10 teen 1 is van Rusland om net wapens te ontwikkel.

Gedurende die Koue Oorlog is genoeg atoom wapens ontwikkel om die mense op aarde vele kere te kon doodmaak.

Nou nagenoeg  60 jaar na die Koue Oorlog waar Rusland en Amerika van tonne van hulle atoomwapens ontslae geraak het wil dit voorkom asof daar weer spanning besig is om op te laai . Dit is egter nie  dat daar weer na wapens gegryp gaan word maar dit wil voorkom asof daar baie meer gekonsentreer word op  kuber aanvalle .  Daar bly nog steeds die moontlikheid  dat die twee  lande  aanmekaar kan spring met atoomwapens, maar behoede ons dit asseblief.

Die volgende aspek waarna ons kan kyk is wêreld vol van kuberkonflik.

Kuberwapens veral die wat aangedryf word deur KUNSMATIGE INTELLIGENSIE word deur beide moondhede beskou as plek waar beide kan jag maak op mekaar. Rusland en sy Russies gesteunde kuberkrakers spioneer elektronies op mekaar, loods kuberaanvalle op kragstasies, banke, hospitale en vervoerstelsels. 960x0.jpgJa, en moenie uit die oog verloor met die pasafgelope presidenstsverkiesing van Trump was daar konstant gekerm en gekla deur Amerika dat die Russe het deurmiddel van elektronieka die verkiesing glo gemanupileer het.

Daarenteen moes en het die VSA seer sekerlik terug geslaan.

Volgtens Putin, die Russiese President, sien hy Ai of KUNSMATIGE INTELLIGENSIE as die toekoms nie net vir Rusland nie maar glo ook vir die mensdom hier op aarde. Ek kon nêrens opspoor dat hy enigesings gesê het watter nadele hierdie pragtige gedagte van KUNSMATIGE INTELLIGENSIE op die mensdom kan hê nie.   Jy kan maar vir jouself indink ,deurmiddel van “K I” kan die mens elektronieka gebruik tot op vlakke waarvan   daar nog te  tevore nie eers gehoor was nie.

” K I ” kan gebruik word om atoomwapens te beheer. In  die geval van `n aanval op `n land kan  `n ” K I ” rekenaar baie vinniger `n besluit neem as sy menslike operateur wat moontlik ook stadiger sal wees asgevolg van `n moontlike huiwering om `n opdrag te gee om oor te gaan tot aanval of verdediging.1060x600-2a681215b158ff0ad669323aae1836fe.jpg

Aan die anderkant kan `n uiters vinnige besluit vir die vyand wys dat die land wat aangeval word uiters paraat is.

Soos ons al reeds weet kan  ” K I ” ook onbemande voertuie soos hommeltuie en kuberwapens beheer.  “K I” kan byvoorbeeld deur elektroniese opdragte die aanvaller land se hommeltuig se beheer oorneem of selfs sy kontrolepaneel totaal vernietig, aangesien kontrole van so `n tuig fissies en elektronies is.

‘n “K I ” sisteem kan `n aanval op `n fabriek loods met `n hommeltruig , maar die hommeltuig van die vyand kan `n teenaanval loods met `n spoed wat dit sal laat voorkom asof daar nie  enige huiwering was nie.

Ten laaste kan `n mens maar net wonder wat is die belangrikheid van   ” K I ” . Wel sou `n land solank voorsorg wil tref teen  ” K I ” kan hulle dit darem doen met `n tiepe van `n rustigheid want dit wil tog voorkom of die wêreld nog nie die belangrikheid en die gevaar van  “K I” ingesien het nie.

Moondhede kan hulle self wend tot `n digitale Geneevse Konferensie maar kriminele organisasies , terroriste en ander oortreders sal nie op hulle laat wag om wel die  elektronieka in te span om oor te gaan tot kunsmatige intelligensie kriminele oortredings nie. Hulle is dalk juis die elemente  wat “K I ” sal in span om wapens te maak om hulle self  te probeer verdedig nie.artificial-intelligence.jpg

Kom ons hoop dat “K I ” vir die regte redes aangewend sal word met spesifieke verwysing na voordele wat vir die mens hier op aarde moet en sal inhou.

Met so `n kunsmatige druk van `n rekenaarknoppie groet ek en wens jou `n en jou familie   alles behalwe `n kunsmatige week toe.

Mooiloop , hou jou oë oop en wees veilig.