OVG 8 April: STUUR JOU NAAM NA DIE SON / HOË UITSTRALINGSVLAKKE IN DIE RUIMTE

Deur Johan ZS6PSS

IN ONDER DIE VERGROOTGLAS VANDAG:-

* * WILLIAM SHATNER NOOI JOU UIT OM JOU NAAM NA DIE SON TE STUUR.

* * GROOT PROBLEME KAN ONTSTAAN ASGEVOLG VAN GEVAARLIKE UITSTRALINGS IN DIE RUIMTE.

* * Hartlik goeiemore weereens hier van my Johann ZS6PSS. Lekker om weer terug te wees op Suid Afrikaanse bodem. Moet sê dit was `n fantastiese ondervinding, om by my dogter te kon gaan kuier in Dubai. Vir my en my LV was dit absoluut `n onbeskryflike ervaring.

Jy kan die plek met baie min  in Suid Afrika vergelyk.  Die strate en koopsentrums is uiters skoon, en netjies. Jy sien nie papiere en plastieksakke oral rondlê nie en jy hoor nie die alewige  toeters van taxis nie.  Die mense in die winkels en restaurante is uiters vriendelik en behulpsaam.  As jy gedink het die Amerikaners is op die voorpunt van ontwikkeling  met  daardie blink woord “BLING” dan maak jy `n groot fout.    Die Emiraties van Dubai weet net hoe om dinge in die groot- en oormaat te doen.  Die lughawe alleen is  onbeskryflik groot.  Hulle is alreeds besig om `n gebou nog hoër  as die Burj Kgalifa  te bou. Die Kgalifa is 828 meter hoog.  Die gebou  moet glo voor die 2020 EXPO van Dubai voltooi wees. Ek het nog geen teken eers daarvan gesien nie. Daar word gebou in elk geval teen die spoed van witlig.

c700x420.jpg

** Kom ons kyk na vandag se eerste artikel. Wil jy die son gaan besoek.? Wel dis darem nou net jou naam.

As jy gehoor gee aan William Shatner se oproe, kan jou naam saam met William se naam binnekort daar naby die super verhitte  buite  atmosfeer, van die   son verby vlieg.

Die  ” STAR TREK” akteur het in samewerking met NASA besluit om sy naam op `n mikroskyfie te plaas, om hierdie historiese son navorsings studie mee te maak.  Ek sal vir jou so `n bietjie  later ook vertel, hoe jy te werk kan gaan om ook jou “sitplek” in aanhalingstekens te bespreek na die son.

Untitled

NASA se PARKERtuig sal die heel eerste  satelliet wees, wat deur die hitte van die son se Korona vlieg, waar temperature meer as een miljoen grade Celsius is. So, saam met `n groot aantal ander mense, sal jou naam ook die epiese tog kan meemaak.

Jy kan NASA se webblad besoek en soek na “HOT TICKET”. Klik daar en vul die nodige vorms daarin.  Maak maar gou. Jy kan ook die volgende webadres gebruik:- http://parkersolarprobe.jhuapl.edu/The-Mission/Name-to-Sun/verify.php?code=732818-4bd15ba4fe8c346   of maak ook gebruik van die volgende adres hieronder.

 

Untitled.png

Komaan as jy dalk `n Oupa is doen dit vir jou kleinkind en kry hom of haar  geinteresseerd  in die dinge van die heelal.

Die  $1.5 biljoen PARKER son satelliet is geskeduleer om iewers in Meimaand ,  van die Kennedy ruimtesentrum in Florida gelanseer te word.

ParkerSP_Auto35.jpg

As alles volgens plan verloop sal die ruimtetuig 24 keer, baie naby verby vlugte, van die son uitvoer gedurende die volgende 7 jaar. Van die verbyvlugte kan die satellietnavorsingstuig tot so  naby as 6.2 miljoen kilometer van die son neem.

Volgens NASA   is dit 7 maal nader, as wat enige ander ruimtetuig nog ooit aan die son gekom het.

Dit klink ver, maar hou in gedagte, ek het genoem dat die Korona  temperatuur van die son is 1 miljoen grade Celsius. Hou ook in gedagte, dat die son,  skiet ook sonfakkels uit wat miljoene der miljoen kilometer, die ruimte intrek.

Die PARKER sonsatelliet word vir die missie toegerus met `n 11.4 sentimeter  dik  koolstof beskermlaag.  Dit sal die satelliet ook beskerm teen uitstralings- vlakke ,wat 475 keer meer is as  wat ons hier op aarde ervaar. Met die dik koolstof skerm, sal die instrumente aanboord teen kamertemperatuur funksioneer.

Die instrumente aanboord sal `n hele aantal metings doen wat  kan help om die struktuur, magnetiesevelde en die sonwinde, asook die stroomgelaaide deeltjies wat van die son afkom, te ontleed. Wetenskaplikes  wil ook graag antwoorde verkry op twee vrae oor die son naamlik, hoe versnel die sonwinde  en hoekom is die son se korona of buitenste atmosfeer baie warmer as die son se oppervlakte. Die oppervlakte van die son bereik `n temperatuur van 5,500 grade Celsius.

Gedurende die naaste verblyvlug van die Parker sonsatelliet sal die tuig vlieg teen `n spoed 690,000 kilometer per uur. Die huidige spoedrekord word gehou deur NASA se JUNO ruimtesatelliet,  met `n spoed van 265,000 kilometer per uur.  Die sonsatelliet, het sy naam ontleen aan die astrofisikus Eugene Parker, wie in 1958 die bestaan van sonwinde voorspel het.

Saam met die mikroskyfie, sal daar ook `n kopie van die voorspelling,  van Eugene Parker wat hy in   1958 oor sonwinde gemaak het, op die PARKER son navorsingsatelliet vlieg.

William Shatner se naam is ook saam met 2.4 miljoen mense se name  op `n mikroskyfie,  wat saam met die “INSIGHT ” satelliet,  na Mars in Meimaand hierdie jaar vertrek.

Untitled

* *  In ons volgende artikel bly ons nog in die son se omgewing. Groot probleme kan in die toekoms onstaan, asgevolg van  die son se  uiters gevaarlike uitstraling,  en die effek wat dit sal hê op  toekomstige ruimetemannne, gedurende hulle besoeke aan die ruimte.

Uitstralings toetse wat oor die afgelope 4 jaar gedoen was, het met soveel as 30% gestyg, volgens Nathan Schadron, `n professor in fisika, aan die Universiteit van New Hampshire se ruimtewetenskapsentrum.

Untitled.png
Foto van Korona Uitbarsting

Schadron en sy kollegas bestudeer ook navorsingstukke wat deur die LRO of  die LUNAR RECONNAISSANCE ORBITER gemaak was in 2009 . Die LRO wentel  sedertdien om die maan. Galaktiese kosmiese straling is superenergie deeltjies   wat meerendeels bestaan uit elektrone protone en atoom deeltjies. Hierdie dele kan ook baie skade aanrig aan ruimtetuie of satelliete. Dit kan veroorsaak dat  ruimtemanne stralingsiekte opdoen, asook dat dit kanker kan veroorsaak oor die langer termyn.

Untitled 2.png
Lunar Reconnaissance Orbiter

 

Baie van ons neem dit as vanselfsprekend aan, dat die son warm skyn maar is nie bekommerd daaroor nie, totdat  dit ons velle begin brand, en velkanker  sy kop begin uitsteek.

`n Aktiewe son het sy eie probleme. Sonfakkels en korona uitbarstings kom voor, asook kragtige ontploffings, wat groot wolke super verhitte plasma  in die ruimte inskiet, teen miljoene kilometer per uur – dit kan ook stralingsvlakke verhoog. Volgens wetenskaplikes het `n aantal uitbarstings  gedurende September  2017 , diepruimte stralingsvlakke noemenswaardige verhoog.

So tussen al die hitte en gevaarlike stralingsvlakke daar in die diepruimte, het dit tyd geword om te groet. Bly maar asseblief, uit die son uit en dra ook sommer `n grootrand hoed. Onthou ook asseblief van die kaartjie, wat jy vir jou en jou  kleinkind kan bespreek op die sonsatelliet.

………………en heel laaste , jy kan TEENSPANNING lees by “teenspanning.wordpress.com”  Alles wat jy wil weet oor MRK  se bedrywighede is daar te vinde. Dankie aan Peter Spickett ZS6SP, vir die versorging van artikels.

Van my Johann  ZS6PSS, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

Advertisements