OVG 22 APR 2018 GLOEILAMP BRAND AL VIR 109 JAAR en HUBBLE RUIMTETELESKOOP 28 JAAR IN RUIMTE.

Deur Johann ZS6PSS

VANDAG IN ONDER DIE VERGROOTGLAS:-

**  GLOEILAMP BRAND AL VIR 109 JAAR

** HUBBLE RUIMTE TELESKOOP VIER 28 STE VERJAARDAG.

Goeiemore weer hier van my, Johann du Plessis ZS6PSS. Ek hoop jy het `n wonderlike week agter die  rug en ek wens jou nog `n beter  komende week toe.

As nou naweek baie  bedrywig was is  jou liggie dalk  `n bietjie flou .

Maar gepraat van liggies wat nie te flou brand nie. Het jy al gehoor van die, soos dit bekend staan , CENTENNIAL LIGHT , of die gloeilamp wat al vir `n , ja staan en hou stewig vas. Die gloeilamp brand al vir die afgelope  109 jaar lank. Hierdie is nie `n April gek  grap nie.

Untitled.png

Die CENTENNIAL GLOEILAMP   is `n baie unieke gloeilamp,  want  die  gloeilamp is die  enigste  gloeilamp wat al vir meer as `n honder jaar brandend gebly het.  Dit brand al sedert 1901. Wêreld wat `n mylpaal en `n rekord is dit nie.! Die lamp was vervaardig deur Adolf Chailet, `n persoon wie baie  sterk kompetsie vir  Thomas Edison was. Te midde van die ontwerp, was Chailet nie naastenby so suksesvol soos Edison nie.

Mense kom van oral oor om te kom kyk na die baie uitsonderlike lamp.   As jy ooit die kans sou kry, moet jy regtig die gloeilamp gaan besigtig, by 4550 Eastlaan Livermore Californië.  Daar word uit die aard van die saak, uiters goed na die gloeilamp gekyk, want die gloeilamp se tuiste, is op die perseel van die LIVERMORE-PLEASANTON  Brandweerafdeling. Asgevolg van die langtyd wat die lamp al brand, het die lamp die GUINNESS Book of World Records, Ripleys Believe It  Or Not en General Electric uitgawes gehaal.

Untitled 2.pngDie CENTENNIAL gloeilamp was oorspronklik `n 30 – Watt of `n 60 -Watt lamp, maar is deesdae baie flou  en gee `n lig wat gelykstaande is aan  `n 4 -Watt naglig. Die handgeblaasde glasbal en koolstof filament was vervaardig deur die maatskappy,  Shelby Electric in Shelby Ohio gedurende die laat 1890`s.  Daar is glo bewyse dat die lamp, in  vier verskillende  plekke gehang het ,  maar was vir die eerste keer eers  in 1972 opgemerk , deur `n verslaggewer Mike Dunstun. Die lamp het sy aandag getrek, omdat dit redelik flou gebrand het. Nadat hy met heelwat mense  onderhoude gevoer het, wie in Livermore woonagtig was, het hy in `n koerant ‘n berrig geskryf, dat dit baie moontlik die gloeilamp is, wat die langste brand, van enige gloeilampe in die wêreld. Dit was toe ook bevestig deur die Guinness book , Ripley en `n paar  koerante.

Untitled 2.pngGedurende 1976 het Brandweerstasie nommer 6, met die gloeilamp en al verskuif na `n nuwe perseel. Die gloeilamp was gedurende die skuif net vir 22 minute sonder krag . Dit was ook verpak in `n houer, wat spesiaal vir die trek gemaak was, en het ook met volle brandweerwa ondersteuning, na sy volgende en huidige bestemming vertrek. Die gloeilamp se honderjare van lig gee, was gevier deur `n braaivleis te gee aan die gemeenskap asook `n musiekkonsert.

Die gloeilamp brand nou alweer vir die afgelope 42 jaar. In 1937 het die gloeilamp ook vir `n rukkie nie gebrand nie, asgevolg van `n kragonderbreking wat voorgekom het.   In 2013 onstaan weer `n probleem, toe daar vermoed was dat die gloeilamp uitgebrand het. Daar was egter `n probleem met die kragbron wat die lamp van krag voorsien. Die probleem was herstel en die lamp kon weer lustig voortbrand.

Untitled.png

Die lamp kry natuurlik ook baie spesiale aandag, aangesien daar `n  groep is wat na die lamp omsien, en bekend staan, as die Centennial Light Bulb Committee. Die Brandweer departement het besluit om die CENTENNIAL gloeilamp, al hou dit op om te brand, onder hulle vlerke te laat bly. Dit maak nie saak, vir hoe lank nie. Ek moet byvoeg. In my huis in die sitkamer is daar nog 4 gloeilampe wat steeds brand, van die dag dat ek en my LV en juniors die huis betrek het. Dit is nou al 33 jaar gelede. Goeie Wolfram lampe word natuurlik nou vervang met LED ligte wat ook `n baie lang lewensduur het.

 

 

 


 

 

……………………en nou  ruimte toe.  Volgens berigte vier die Hubble ruimteteleskoop sy 28ste jaar in die ruimte.

Untitled.png
Hubble se  28ste verjaardag viering foto  van die  Lagoon Nebula

Om sy 28ste verjaardag te vier, het Hubble hierdie bostaande foto van die Lagoon Nebula geneem. Kyk net hoe wonderlik is die nebula saamgestel . Kleurskakerings van lig tot donker en natuurlik ook fantastiese kleure. Die hele nebula is ongeveer 4000 ligjare weg van die aarde af, en is `n ongelooflike 55 ligjare wyd, 20 ligjare hoog en 4  ligjare wyd is. Kan jy vir jouself indink, hoe magtig groot is die nebula, maar nog groter is ons Skepper van alle dinge op die aarde en  in die ruimte.

Untitled.png
HUBBLE TELESKOOP VERNOEM NA EDWIN HUBBLE

Ek wil vir jou uitnooi om na die foto te kom kyk by, TEENSPANNING.WORDPRESS.CO.ZA wat op sy beurt weer die trotse handewerk is van ons Staatspresident Peter Spickett ZS6SP. Moet dit nie mis nie, dit is asemrowend.

Die LAGOON NEBULA was alreeds in 1654, deur die Italiaanse sterrekundige Giovanni Battista Hodierna opgemerk . Die nebula is seker een,  van die mees gefotografeerde nebulas tot op hede.

HUBBLE TELESKOOP

Hoekom  is daar besluit om die Hubbleteleskoop te bou.? Daar moes gesoek word na galaktiekas en wêrelde, wat moontlik kan bestaan baie ver in die ruimte in.

The Hubble Ruimte Teleskoop is vernoem na  Dr.  Edwin Hubble. (1853 – 1953)

Untitled.png

Maar om die wêrelde te kon opspoor en sien, moes die teleskope op baie spesiale plekke geplaas word. Dit moes ver buite stede en op die hoogste plekke gebou word. Dit moes bo die wolke en vuil lug wees.  Daar is egter `n bietjie verder gegaan met Hubble naamlik, om die teleskoop bo die aarde in die ruimte te plaas. Daar kom geen obstruksies voor nie.

Untitled.png

Die Hubble ruimteteleskoop was gelanseer op 24 April 1990, vanaf die ruimtependeltuig die Discovery. Hubble vlieg teen 27,000 kilometer per uur in `n lae aarde omwenteling, van sowat 547 kilometer bo moeder aarde.

So het die tyd ons  ook alweer ingehaal, en ek moet groet. Onthou om die artikels in TEENSPANNING te gaan lees, en ook om die meegaande fotos te sien. Al MRK se bedrywighede word ook in TEENSPANNING vir jou gegee. So jy bly maklik op hoogte van wat selfs, volgende week ook gaan plaasvind.

Ek beplan om volgende week een of  ander  te bespreek tov Wêreld Radio-Amateurdag. Ek mag `n fout maak maar ek het nie  iets opgespoor op die SARL se nuusbulletins asook op die SARL se webbladsy nie. Indien so, tog jammer nê.

Van my Johann ZS6PSS, mooiloop, hou asseblief jou oë oop, en wees asseblief bedag op jou en jou familie se veiligheid.

Advertisements

15 APRIL: OVG  HERDENKING VAN DIE YURI GAGARIN DIE EERSTE MENS IN DIE RUIMTE / KUBERKRAKERS HOU STAD VAN ATLANTA AS GYSELAAR.

Deur Johann ZS6PSS

VANDAG  IN  ONDER DIE VERGROOTGLAS:

** YURI GAGARIN 57 JAAR GELEDE EERSTE MENS OM RUIMTE TE BESOEK.

** WAT HET GEBEUR MET ZUMA ?.

** KUBERKRAKLERS HOU STAD VAN ATLANTA AS GYSELAAR.

Goeiemore  van my Johann du Plessis ZS6PSS en harlik welkom hier by MRK se weeklikse radio artikel,  ONDER DIE VERGROOTGLAS.  In die program, probeer ek  soveel as moontlik nuus,  wat interessant en dalk ook belangrik is vir jou vasvang in `n paar minute. Soos ek ook altyd sê , ek hoop jy geniet dit en dat dit jou dalk verder sal aanspoor , om meer op te gaan lees oor die verskillende onderwerpe wat ek vir jou voorhou.

Dit het natuurlik ook die afgelope week, weer katte en honde hier in dele van Pretoria gereën. Die afgelope Woensdagaand se reënbui, het ek ervaar as `n tiepe van wolkbreek. Ek is so in die omgewing van 7 uur die aand oppad na my QTH gewees, toe die bui reën, my tref. Dit het so sterk gereën dat ek by tye, glad nie die witstrepe op die pad eers kon sien nie.  Later het het so vlak neffens die  N 1 noord gery, en hier het die karre absoluut teen `n slakkegang van so ongeveer 30 kilometer per uur gery. Nodeloos om te sê , daar was heelwat ongelukke op die pad.   En dan ook  terwyl die sig uiters swak was, het enkele van die nar bestuurders,  karre wat met hulle nood flitsende ligte, teen `n slakkepas gery het, verby gegaan en nie net hulle nie,  maar ook medepadgebruikers se lewens in uiterse gevaar gestel.  Die swape sal maar altyd met ons wees.

Daar is ook  deesdae `n anderse koeligheid in die lug te bespeur,  en ek wil ook  die voorspelling waag,  dat hierdie winter, dalk net baie meer koue vir ons gaan bring as wat verlede winter opgelewer het.

Maar kom ons verskuif ons eerste artikel, na nog `n kouer plek vir `n oomblik en ons gaan vier 57  jaar  van die mens, se eerste besoek aan die buitenste ruimte.

Untitled.png

Hierdie eerste mens in die ruimte soos ons almal weet, was niemand anders as  Yuri Gagarin. Yuri was die Russiese ruimteman wat op 12 April  1961  in die Soviet Vostok 1 ruimtekasule geklim het, en in die ruimte in gelanseer was………………….ongelukkig het Yuri 7 jaar na sy epiese ruimtevlug,  op 27 Maart 1968,  onder baie verdagte omstandighede gesterf,  gedurende `n  roetine  opleidingsvlug in sy MIG-15.

Gagarin was maar 38 jaar oud.  Die KGB het self `n ondersoek geloods na die ongeluk en toe met `n  verduideliking na vore gekom, wat nou nog nie geglo word nie . Hy glo  probeer het om `n ‘vreemde voorwerp’ te vermy. As jy nou verdere navorsing sou doen, sal jy dan met my moet saamstem dat hierdie storie is van alle waarheid ontbloot, en soos die Engelsman dit sou noem , dit is `n  COVERUP.  Vir die volgende paar weke, gaan daar dan ook nou heelwat  Yuri aande gevier word, ter nagedagtenis aan die eerste ruimteman in die ruimte.  Die herdenking sal in vyftig stede regoor 7 kontinente gevier word.

Untitled.png

Op 12 April was dit ook  35 jaar gelede dat die  eerste NASA pendeltuig  aanboord van die Columbia die ruimte  gaan besoek het.

Net so voor ons na die volgende artikel gaan kyk.  Die herdenking van Yuri Gagarin se besoek aan die ruimte, word nie net wêreldwyd gevier nie, maar dit word  ook  in die INTERNASIONALE RUIMTE STASIE,  sowel as  in die Amundsen-Scott Suidpool Stasie, in Antartika gevier.

Untitled.png

** ………………wat het gebeur met ZUMA.????

In ons volgende artikel moet hierdie uiters belangrike vraag gevra word naamlik, wat het gebeur met ZUMA. Ja , ek het jou uitgevang. Ek weet jy het sommer dadelik ook  gedink aan GUPTA.

Wel tov ons volgende artikel,  het nie een van die twee enigsins iets uit te waai met die Amerikaanse spioenasiesatelliet wat ook bekendstaan as ZUMA. Ek het heeltoevallig ook orals gaan soek, om te kyk waarvoor die  akroniem ZUMA staan, maar die satelliet is so geheimsinnig dat daar nêrens enige iets genoem word nie.

Elon Musk se maatskappy SPACEX, het wel die lansering van die ZUMA satelliet gedoen, maar nou word daar baie vrae gevra oor waar die satelliet hom bevind. Sommige berigte wil dit hê die satelliet iewers verlore is in die ruimte en dat die lansering `n totale misluking was. Ander sê dat die satelliet is definiteif, iewers in die ruimte.

Untitled.png

 

Die Zuma satelliet was gelanseer, deur middel van `n Falcon 9 vuurpyl vir een of ander Amerikaanse regerings agentskap vanaf Cape Canaveral. Nou-ja ontkenning is natuurlik `n Amerikaanse kenmerk, maar dit het later aan dan ook nou duidelik geword dat die Zuma satelliet lansering `n mislukking was en dat dit iewers, in die niet, verdwyn het. Maggiesstraat hoekom klink dit so bekend vir my, ek glo dis net so bekend vir jou ook.

 

 

** Kuberkrakers hou die stad van Atlanta in Amerika as gyselaar.

Untitled.png

So  3 weke gelede op die 22ste Maart, was daar werklik chaos in die stad van Atlanta, toe kuberkrakers die stad se datasisteem,  totaal oorgeneem het en letterlik gevange gehou het agter `n ge-inkripteerde muur. Hulle voorwaarde was, dat daar alleenlik toegang deur die enkripsiemuur gegee sal word,  sodra daar $51,000 losprys aan hulle betaal sou word.  Die losprys moes dan ook in Bitcoin aan hulle uitbetaal word binne 3 dae.

Untitled.png

Atlanta stadsbase het die beste rekenaarkundiges geraadpleeg, om die probleem te probeer oplos.

Vyf dae na die gyselaardrama hom begin afspeel het, het die uitwerking baie duidelik na vore getreë.  Van die stad se kritiese funksies was lamgelê. Werknemers van die stadsraad was sonder internet of e/pos gelaat. Inwoners kon nie hulle water en elektriese rekeninge, betaal het nie. Wi-Fi by die ATLANTA INTERNASIONALE LUGHAWE, het heeltemal afgeskakel.

Untitled.png
Hartsfield-Jackson Atlanta Internationale Lughawe

Vele departemente moes, of het teruggekeer na die pen en papier metode. Selfs die stadstronk, moes ook maar pen en papier toe, volgens die Georgia  Public Broadcasting.

Untitled.png

Volgens die burgermeester van Atlanta Lance Bottoms, is die probleem, baie groter as net die losprys , volgens hom is dit `n aanval op die regering, soos gerapporteer word deur REUTERS.

Hierdie , was glo nie die eerste keer, dat `n stadsraad  in Amerika as gyselaar gehou was nie. Die departement van Vervoer, was alreeds twee keer voorheen as gyselaar gehou deur kuberkrakers. Baie stads en dorpsrade in van die Amerikaanse state, het alreeds planne in plek gestel om verdere kuberkraking te voorkom.

Hierdie aanvalle is eintlik baie slegte nuus, aangesien, baie dorpe en stede besig is om baie van hulle dienste te digitaliseer, en die wêreld oop te laat vir hierdie baie slim kuberkrakers. Dienste wat geraak kan word is straatligte, verkeersligte, water toevoer sisteme, en selfs lisensieëring van motorvoertuie asook elektrisiteits voorsiening.

Atlanta het toe wel intussentyd die losprys betaal. Maar soos wat daar meer en meer stede,  dienste ens. gaan digitaliseer , so word die kanse ook groter dat hulle ook die slagoffers kan word van kuberkraking, en dan wat daarop volg om los te kom, naamlik die betaling van `n losprys.

Op die keper beskou ,  Atlanta het eintlik baie lig daarvan afgekom. So wat lê voor. Beplanning om die kuberkrakers te uit oor lê asook om hulle digitalisering van dienste ontoeganklik te maak, maar vir hoe lank voordat hierdie  gesiglose diewe en kriminele `n nuwe manier vind om weer toe te slaan.

Om mee af te sluit vir vandag. Ek hoop jy kan sulke aanslae op jou rekenaar die hoof bied. Hier in Suid Afrika, wil ek dink, dat hierdie kriminele hoogty sal vier op ons stelsels want inligting is net `n honderd rand of wat weg.

Ek  groet jou en van my Johann ZS6PSS  wens ek jou `n aangename dag toe. Tot volgende week. mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig

OVG 8 April: STUUR JOU NAAM NA DIE SON / HOË UITSTRALINGSVLAKKE IN DIE RUIMTE

Deur Johan ZS6PSS

IN ONDER DIE VERGROOTGLAS VANDAG:-

* * WILLIAM SHATNER NOOI JOU UIT OM JOU NAAM NA DIE SON TE STUUR.

* * GROOT PROBLEME KAN ONTSTAAN ASGEVOLG VAN GEVAARLIKE UITSTRALINGS IN DIE RUIMTE.

* * Hartlik goeiemore weereens hier van my Johann ZS6PSS. Lekker om weer terug te wees op Suid Afrikaanse bodem. Moet sê dit was `n fantastiese ondervinding, om by my dogter te kon gaan kuier in Dubai. Vir my en my LV was dit absoluut `n onbeskryflike ervaring.

Jy kan die plek met baie min  in Suid Afrika vergelyk.  Die strate en koopsentrums is uiters skoon, en netjies. Jy sien nie papiere en plastieksakke oral rondlê nie en jy hoor nie die alewige  toeters van taxis nie.  Die mense in die winkels en restaurante is uiters vriendelik en behulpsaam.  As jy gedink het die Amerikaners is op die voorpunt van ontwikkeling  met  daardie blink woord “BLING” dan maak jy `n groot fout.    Die Emiraties van Dubai weet net hoe om dinge in die groot- en oormaat te doen.  Die lughawe alleen is  onbeskryflik groot.  Hulle is alreeds besig om `n gebou nog hoër  as die Burj Kgalifa  te bou. Die Kgalifa is 828 meter hoog.  Die gebou  moet glo voor die 2020 EXPO van Dubai voltooi wees. Ek het nog geen teken eers daarvan gesien nie. Daar word gebou in elk geval teen die spoed van witlig.

c700x420.jpg

** Kom ons kyk na vandag se eerste artikel. Wil jy die son gaan besoek.? Wel dis darem nou net jou naam.

As jy gehoor gee aan William Shatner se oproe, kan jou naam saam met William se naam binnekort daar naby die super verhitte  buite  atmosfeer, van die   son verby vlieg.

Die  ” STAR TREK” akteur het in samewerking met NASA besluit om sy naam op `n mikroskyfie te plaas, om hierdie historiese son navorsings studie mee te maak.  Ek sal vir jou so `n bietjie  later ook vertel, hoe jy te werk kan gaan om ook jou “sitplek” in aanhalingstekens te bespreek na die son.

Untitled

NASA se PARKERtuig sal die heel eerste  satelliet wees, wat deur die hitte van die son se Korona vlieg, waar temperature meer as een miljoen grade Celsius is. So, saam met `n groot aantal ander mense, sal jou naam ook die epiese tog kan meemaak.

Jy kan NASA se webblad besoek en soek na “HOT TICKET”. Klik daar en vul die nodige vorms daarin.  Maak maar gou. Jy kan ook die volgende webadres gebruik:- http://parkersolarprobe.jhuapl.edu/The-Mission/Name-to-Sun/verify.php?code=732818-4bd15ba4fe8c346   of maak ook gebruik van die volgende adres hieronder.

 

Untitled.png

Komaan as jy dalk `n Oupa is doen dit vir jou kleinkind en kry hom of haar  geinteresseerd  in die dinge van die heelal.

Die  $1.5 biljoen PARKER son satelliet is geskeduleer om iewers in Meimaand ,  van die Kennedy ruimtesentrum in Florida gelanseer te word.

ParkerSP_Auto35.jpg

As alles volgens plan verloop sal die ruimtetuig 24 keer, baie naby verby vlugte, van die son uitvoer gedurende die volgende 7 jaar. Van die verbyvlugte kan die satellietnavorsingstuig tot so  naby as 6.2 miljoen kilometer van die son neem.

Volgens NASA   is dit 7 maal nader, as wat enige ander ruimtetuig nog ooit aan die son gekom het.

Dit klink ver, maar hou in gedagte, ek het genoem dat die Korona  temperatuur van die son is 1 miljoen grade Celsius. Hou ook in gedagte, dat die son,  skiet ook sonfakkels uit wat miljoene der miljoen kilometer, die ruimte intrek.

Die PARKER sonsatelliet word vir die missie toegerus met `n 11.4 sentimeter  dik  koolstof beskermlaag.  Dit sal die satelliet ook beskerm teen uitstralings- vlakke ,wat 475 keer meer is as  wat ons hier op aarde ervaar. Met die dik koolstof skerm, sal die instrumente aanboord teen kamertemperatuur funksioneer.

Die instrumente aanboord sal `n hele aantal metings doen wat  kan help om die struktuur, magnetiesevelde en die sonwinde, asook die stroomgelaaide deeltjies wat van die son afkom, te ontleed. Wetenskaplikes  wil ook graag antwoorde verkry op twee vrae oor die son naamlik, hoe versnel die sonwinde  en hoekom is die son se korona of buitenste atmosfeer baie warmer as die son se oppervlakte. Die oppervlakte van die son bereik `n temperatuur van 5,500 grade Celsius.

Gedurende die naaste verblyvlug van die Parker sonsatelliet sal die tuig vlieg teen `n spoed 690,000 kilometer per uur. Die huidige spoedrekord word gehou deur NASA se JUNO ruimtesatelliet,  met `n spoed van 265,000 kilometer per uur.  Die sonsatelliet, het sy naam ontleen aan die astrofisikus Eugene Parker, wie in 1958 die bestaan van sonwinde voorspel het.

Saam met die mikroskyfie, sal daar ook `n kopie van die voorspelling,  van Eugene Parker wat hy in   1958 oor sonwinde gemaak het, op die PARKER son navorsingsatelliet vlieg.

William Shatner se naam is ook saam met 2.4 miljoen mense se name  op `n mikroskyfie,  wat saam met die “INSIGHT ” satelliet,  na Mars in Meimaand hierdie jaar vertrek.

Untitled

* *  In ons volgende artikel bly ons nog in die son se omgewing. Groot probleme kan in die toekoms onstaan, asgevolg van  die son se  uiters gevaarlike uitstraling,  en die effek wat dit sal hê op  toekomstige ruimetemannne, gedurende hulle besoeke aan die ruimte.

Uitstralings toetse wat oor die afgelope 4 jaar gedoen was, het met soveel as 30% gestyg, volgens Nathan Schadron, `n professor in fisika, aan die Universiteit van New Hampshire se ruimtewetenskapsentrum.

Untitled.png
Foto van Korona Uitbarsting

Schadron en sy kollegas bestudeer ook navorsingstukke wat deur die LRO of  die LUNAR RECONNAISSANCE ORBITER gemaak was in 2009 . Die LRO wentel  sedertdien om die maan. Galaktiese kosmiese straling is superenergie deeltjies   wat meerendeels bestaan uit elektrone protone en atoom deeltjies. Hierdie dele kan ook baie skade aanrig aan ruimtetuie of satelliete. Dit kan veroorsaak dat  ruimtemanne stralingsiekte opdoen, asook dat dit kanker kan veroorsaak oor die langer termyn.

Untitled 2.png
Lunar Reconnaissance Orbiter

 

Baie van ons neem dit as vanselfsprekend aan, dat die son warm skyn maar is nie bekommerd daaroor nie, totdat  dit ons velle begin brand, en velkanker  sy kop begin uitsteek.

`n Aktiewe son het sy eie probleme. Sonfakkels en korona uitbarstings kom voor, asook kragtige ontploffings, wat groot wolke super verhitte plasma  in die ruimte inskiet, teen miljoene kilometer per uur – dit kan ook stralingsvlakke verhoog. Volgens wetenskaplikes het `n aantal uitbarstings  gedurende September  2017 , diepruimte stralingsvlakke noemenswaardige verhoog.

So tussen al die hitte en gevaarlike stralingsvlakke daar in die diepruimte, het dit tyd geword om te groet. Bly maar asseblief, uit die son uit en dra ook sommer `n grootrand hoed. Onthou ook asseblief van die kaartjie, wat jy vir jou en jou  kleinkind kan bespreek op die sonsatelliet.

………………en heel laaste , jy kan TEENSPANNING lees by “teenspanning.wordpress.com”  Alles wat jy wil weet oor MRK  se bedrywighede is daar te vinde. Dankie aan Peter Spickett ZS6SP, vir die versorging van artikels.

Van my Johann  ZS6PSS, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

OVG 1 APR 2018 STEPHEN HAWKING

Deur Johann ZS6PSS

Hartlik goeimore en welkom hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS.  Vandag se artikel gaan ek wy aan Stephen Hawking wie in die vroeë more ure van 14 Maart oorlede is. Ons behoort almal Stephen Hawking te ken, aangesien hy  vir baie jare lank, aan `n rolstoel gekluister was, asgevolg van motorneuronsiekte. Hy was gereken as een van die mees  briljante teoretiese fisikuste, wat die wêreld nog ooit opgelewer het.

Untitled.png

Sy werke tov die oorsprong en strukture van die heelal, van die OERKNAL en Swartgate het `n revolusionêre verandering  in die veld gebring. Hy het `n hele paar boeke geskryf, wat  ontsag by sy lesers afdwing. Van die boeke is:-

Stephen Hawking`s Intriguing Quotes on the Future of Humanity, Aliens and Women.

Stephen Hawking`s Most Far-Out Ideas About Black Holes.

Kosmoloog Stephen William Hawking was gebore in Engeland op 8 Januarie 1942 – presies 300 jaar dag en datum na Galileo. Sy tersieêre onderig kry hy aan die UNIVERSITY COLLEGE OXFORD. Hier studeer hy fiska, ten spyte van sy vader se versoek, dat hy hom op medisyne moet toelê. Hierna studeer hy kosmologie aan die Universitiet van Cambridge.

Untitled 2.png

Vroeg in 1963  net voor sy een en twintigste verjaardag,  word Hawking gediagnoseer met motorneuronsiekte of ook bekend as Lou Gehrigs se siekte. Hy was nie deur dokters die kans gegun ,om langer as twee jaar te lewe nie. Hawking het almal verras, en lewe tot op die hoë ouderdom van 76. Hawking voltooi sy Ph.D of Doktorsgraad. In 1985 gedurende `n nood tracheotomie, verloor hy sy vermoeë om te kan praat.

Hy moet ongelukkig gebruik maak van `n  elektroniese stemgenerator, wat deur die Universiteit van Cambridge gebou was. Hiermee saam het hy gebruik gemaak van `n sagteware program, wat hom instaat gestel het, om woorde te selekteer deur `n spier in sy wang te beweeg.

In 1974 word hy toegelaat tot die  “ROYAL SOCIETY” `n wêreldwye organisasie vir wetenskalikes. 1979 word hy aangewys as LUCASIAN Professor in wiskude, aan die Universitiet van Cambridge wat die nommer een  gesogte leerstoel,  in die wêreld is.

Deur gebruik te maak van Albert Einstein se relatiwitietsteorie en die Quantumteorie, het Hawking gevind dat Swartgate nie heeltemal graasloos is nie. Hulle maak  geraas  asgevolg van uitstraling.

Untitled.png

Professor Stephen Hawking ervaar die vryheid van gewigloosheid gedurende `n Zero aantrekkingskrag vlug.

 

Hy ondersteun Albert Einstein se teorie dat swartgate bestaan maar in 2014 hersien hy sy teorie,  en skryf selfs dat daar gladnie swartgate bestaan nie. Hawking sê ook dat die heelal het nie grense nie, baie soos die aarde , want die aarde is dan ook nou infinitief of nimmereindigend. Jy sal dus nooit `n muur kry, wat beskryf kan word, dat dit, die einde kan beteken nie.

In 2014 word daar  `n film vrygestel wat gebasser was op  die lewe van Stephen Hawking, met die naam van  ” The Theory of Everything”.

In November 2014 skryf Hawking op Facebook – ek het ver en wyd gereis, ek was in Antartika  en Easter Island , ek was onder die see in `n duikboot, en bo in die lug in `n vliegtuig onder gewiglose toestande, en ek hoop om eendag die ruimte te gaan besoek. Helaas het hy nie die geleentheid gehad nie.

Hawking het `n hele klomp van sy aanhalings neergepen. Ek gaan net so paar noem maar jy is welkom om die res in Teenspanning te kom lees by  “teenspanning.wordpress.com”

  • Even if there is only one possible unified theory, it is just a set of rules and equations. What is it that breathes fire into the equations and makes a universe for them to describe? The usual approach of science of constructing a mathematical model cannot answer the questions of why there should be a universe for the model to describe. Why does the universe go to all the bother of existing? “
  • “All of my life, I have been fascinated by the big questions that face us, and have tried to find scientific answers to them. If, like me, you have looked at the stars, and tried to make sense of what you see, you too have started to wonder what makes the universe exist.”
  • “Science predicts that many different kinds of universe will be spontaneously created out of nothing. It is a matter of chance which we are in.”
  • “The whole history of science has been the gradual realization that events do not happen in an arbitrary manner, but that they reflect a certain underlying order, which may or may not be divinely inspired. “
  • “We should seek the greatest value of our action.”
  • “The greatest enemy of knowledge is not ignorance, it is the illusion of knowledge.”
  • “Intelligence is the ability to adapt to change.”
  • “It is not clear that intelligence has any long-term survival value. “
  • “One cannot really argue with a mathematical theorem.”
  • “It is a waste of time to be angry about my disability. One has to get on with life and I haven’t done badly. People won’t have time for you if you are always angry or complaining.”
  • “I relish the rare opportunity I’ve been given to live the life of the mind. But I know I need my body and that it will not last forever.”

Hawking se aanhalings sal nie volledig wees as daar nie van sy meer kontroversieële aanhalings, ook genoem word nie soos byvoorbeeld :

……hy het baie gereeld gesê, dat die mens sal moet, die aarde verlaat om te oorleef. Volgens Hawking, is dit moeilik genoeg om rampe te voorkom in die volgende 100 jaar, wat staan nog die volgende 1000 jaar of miljoen jaar….. Die mens se oorlewings kans op die langtermyn , is nie daarin gesetel om die heeltyd  na die aarde as planeet te kyk nie, maar dat die mens sal moet uitwyk in ruimte in, na wie weet ookal waarna toe. Die mens sal nie nog `n 1000 jaar oorleef, sonder om te ontsnap na buite die grense van die baie brose planeet.

Hier op planeet aarde word die verblyf spasie al hoe minder. Dit het dus tyd geword , om ander sonnestelsels te gaan verken. Om uit te wyk is dalk die enigste manier om ons self van ons self teen onsself te beskerm. In Hawking se eie woorde :-  “I am convinced that humans need to leave earth.”

Ek self, sou glo, dat trou aan die mens se eie natuur, sal die verskillende groepe wat dan nou sou uitbeweeg,  mekaar nie met rus sal laat nie, en dat daar konstant oorlog tussen die groepe sal wees.
Hawking het ook gesê dat die reise in tyd in, of meer beskrywend in Engels, TIME TRAVEL kan volgens Einstein se relatiwiteitsteorie, baie moontlik wees in die afsienbare tyd. Baie moeilik om te verstaan , is dat jy in `n vuurpyl na `n plek vertrek maar , dat jy alweer terug is op aarde voordat jy vertrek het. Volgens Hawking,  sal dit glo behels, dat daat materie moet wees met `n negatiewe intensitiet , wat moontlik nie beskikbaar is nie.

Hawking `n selferkende ateïs , het ook die volgende kwytgeraak.  Aangesien daar `n wet is, waarop gravitasie of aantrekkingskrag gebasseer is, kan die heelal  uit niks uit  ontwikkel. Spontane skepping is die rede waarom daar wel iets is,  in plaas van   dat daar niks is nie, en dat ons as mens bestaan en ,waarom die mens bestaan.

Volgens Hawking se een boek wat hy geskryf het , is dit nie nodig om ons SKEPPER ,soos wat ons glo aan te roep om die skeppingsproses in werking te stel nie. Hy sê verder dat hy die brein respekteer as `n  rekenaar, wat eendag sal ophou funksioneer as daar komponente is wat faal.  Daar is geen hemel,  of hiernamaals vir gebreekte rekenaars nie. Dit is `n feëverhaal, vir mense  wie bang is vir die donker.

Ek sal my onthou om verder oor Hawking se uitlatings te skryf. Dat hy `n briljante wetenskaplike was is wel so, maar dit wil voorkom asof baie wetenskaplikes  op `n sekere stadium heeltemal die kluts kwytraak en alles wil verklaar deur die wetenskap.

Nou ja dit het tyd geword om te groet , van my Johann ZS6PSS moenie asseblief nie die kluts kwytraak nie, mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.