OVG   7 JAN 2018.   FIN –   2 VOLMANE en BLUEMOON –   VOYAGER 1 – RADIOKOMMUNIKASIE AANBOORD. 

HONDEKLIPBAAI.JPG

Hartlik goeiemore aan almal wat ingeskakel is by  ONDER DIE VERGROOTGLAS.  Dit is jou wragies waar alweer die 7de Januarie 2018 en sal jy glo die jaar het nog net 358 dae oor waaarin ek en jy weer `n magdom dinge  moet probeer inpak aanpak doen  en afhandel.

Ek hoop jy het darem die Desember vakansie goed gerus as jy die voorreg gehad het en dat jy  sommer reg voel vir die jaar se dinge by die werk en ook selfs by  jou klub. Ek moet sê ek het vir die eerste keer  in seker 20 jaar so `n voorreg gehad.  Ek het `n baie druk program met die werk gehad en het van die eerste Julie tot die eerste week in Desember byna 20,000 kilos gery.  Pretoria, Rustenburg, Johannesburg. Jeffreysbaai, Kemptonpark en ook Sasolburg het ons projekte gaan doen.

Ek het Saterdag 9 Desember so 2 uur die middag by die huis gekom, inderhaas gepak en vroeg Sondagoggend het my dogter ons op Lanseria afgelaai  en so twee ure later was ons in die Kaap vir ons eerste been van die vakansie.  Maandagoggend het ons saam met my dogter en familie wie in Rawsonville bly so vlak neffens Worcester vertek na Hondeklipbaai. So `n 500 kilometer trek teen die Weskus op.

21570-M-207537.jpg

Jy het name van dorpe gesien soos Piketberg, Porterville, Vanhynsdorp, Vredendaal  waar Tienie ZS1HO bly , Calvinnia, Clanwilliam , Klawer met `n lekker stop by die Wimpy en  natuurlik ook die alombekende GARIES  met sy vrotmelkkultuur geskiedenis en toe die afdraaipad na Hondeklipbaai. Ja Hondeklipbaai. SPRINGBOK HONDEKLIPBAAI.JPGWat besiel `n mens om daar te gaan vakansie hou.  Net stilte , geen winkels , geen koopsentrum, ja daar is byna niks.  Daar is wel twee klein restuarante , een so `n bietjie bo in die piepklein dorpie, berei heerlike visgeregte voor , die bakkery (geel gebou op foto), nog `n tweede  piepklein eetplekkie en dan onder by die baaitjie self nog `n kleinerige restuarant  wat heerlike hamburgers maak met blikkiebrood.MISTIG - GEEL BAKKERY IN AGTERGROND.JPG

Wat die eienaar van die bakery  betref is hy, volgens hom, doodmoeg elke dag nadat hy so 88 brode vir die dag gebak het. Bid jou nou dit aan. Die inwonertal van die hele dorp is glo so ongeveer 600 kop. Daar is `n paar huise van mense wat daar afgetreë het en dan is daar darem vir die lokale mense so 7 klein Spazawinkles.

LIGTORING GEBOU 1956 HONDEKLIPBAAI.JPG
LIGTORING GEBOU 1956 – HONDEKLIPBAAI

Die weer was natuurlik gemiddeld 23 grade Celsius  gedurende die dag en was jy gedwing om maar heeltyd `n baadjie aan te trek.  Wat maak jy as toeris op Hondeklipbaai. Jy pak af, eet, slaap,staan op eet slaap , ry `n bietjie rond na van die klein strandjies waar jy gewoonlik die enigste besoekers is.  Gaan terug na jou blyplek , eet, stort, slaap staan op ens. Jy rus en rus en rus.

GEEN WERK - MOET VISVANG VIR KOS.JPG
GEEN WERK – MOET VISVANG VIR KOS

Water is ook `n groot probleem en die plek waar ons gebly het, het 9 uur in die aand die drukpomp afgeskakel, met die gevolg dat  as jy gelukkig is kom daar net `n straaltjie water uit die kraan geloop  of …..dalk niks.  Die water kan glad nie gedrink word nie.  Die water word glo uit `n ondergrondse meer naby Koiinaas uitgepomp en met gravitasie tot in Hondeklipbaai  se resevoir gestoot. Uit die reservoir vind dit as jy gelukkig is die pype na waar jy bly. Natuurlik as die pompe in Koiinaas bly pomp.

2016-11-06.jpg

As jy gedink het jy wil graag na die sterrehemel in die aand kyk dan gaan dit maar moeilik want meeste van die tyd was dit bewolk.

Nou-ja gepraat van die sterrehemel. . Januariemaand  staan ook bekend as die  “Once in `n Blue moon ” maand asgevolg van die twee volmane wat voorkom.

bluem-min.jpg

Dit wil voorkom asof daar later in Januarie maand nog `n volmaan aan die kom is asook dat daar `n maansveduistering gaan plaasvind. So `n fantastiese verskynsel het meer as 150 jaar gelede laas plaasgevind. Dit wil sê die tweede volmaan en `n maanverduistering in dieselfde maand.  Ek mag verkeerd wees maar ongelukkig lyk dit asof ons soos met die totale sonverduistering wat oor Amerika plaasgevind het ook nie die maanverduistering sal sien nie. Die volgende maanverdusitering  sal op 31 Desember 2028 en op 31 Januarie 2037 plaasvind na alle waarskynlikheid weer in die VSA

Nog steeds in die ruimte maar net `n bietjie baie verder in…………

Hier in die afgelope Desembermaand het NASA groot sukses behaal met die VOYAGER satelliet wat alreeds ongeveer so 20 biljoen kilometer van die aarde af is,  en in so ongeveer 40,000 jaar `n afspraak het met die eerste ster op sy roete.   Nou moet jy jouself die vraag afvra, sou die mens nog vir 40,000 jaar hier op die aarde wees hoe gaan daar met die satelliet gekommunikeer word. Onthou die radiosein is alreeds baie swak. NASA het die afgelope tyd besef dat hulle sukkel om kontak met VOYAGER 1 te maak. Met `n baie slim maneuver wat uitgevoer was kon daar weer beter kommunikasie met die satelliet bewerkstellig word.

Voyager_spacecraft.jpg

Hou net in gedagte , VOYAGER 1 was gelanseer op die 5de September 1977. Dit wil sê `n volle 40 jaar gelede. Dink jy alles  aanboord moet nog goed  werk. As jy 40 jaar gelede `n kar gekoop het hoe sal sy rubber petrolpype en byvoorbeeld remskoene teen die tyd lyk.

Net voor ek afsluit wil ek vir jou noem dat dit wil voorkom asof ARIA en ondermeer ook ONDER DIE VERGROOTGLAS tot `n stilstand geruk is met sekere  besluite wat hoër op in SARL se hiërargie geneem was. Ons vra opreg om verskoning daarvoor en hoop dat die twee programme gesamentlik vir jou weer  dalk in die toekoms aangebied sal word.

……………………….Maar ,kom luister  volgende Sondag as ek verder delf in die kommunikasiesisteem van VOYAGER 1.

Ek groet jou en wens jou en jou familie `n aangename voorspoedige en `n wonderlike gesonde 2018.

Mooiloop hou jou oë oop en wees asseblief veilig en soos Dawie ZR6DHC dit altyd uitdruk, bly ook asseblief radio aktief.

Advertisements