OVG  – 29 Oktober – WEER EN EINSTEIN SE BRIEF

Johann du Plessis ZS6 PSS

Goeiemore en weereens hartlik goeiemore by hierdie week se aflewering van ONDER DIE VERGROOTGLAS.

Nou-ja dit wil nou maar net eenvoudig nie regtig somer word nie. Na so `n paar amper wil ek sê, verstikkende warm dae het koning koue weer sommer lekker sy tande kom inslaan in al ons naweek se aktiwiteite.  As jy dalk nog koud kry, trek maar daardie , soos die Namakwalanders dit sê, die kommetjie gat nader en pram die bok, dis nou vir sy melk  en geniet dit so terwyl jy luister na ons program.

Vandag moet ek sê het  die soutmyn bedrywighede en `n paar ander dinge sy tol hier in my beplanning geëis het.

einstein-albert-head-raw.jpgMaar kom ek spring weg met seker een van die mees bekendste wetenskalikes van alle tye naamlik Albert Einstein. Vandag gaan ek nie regtig kyk na Einstein se teorie en bydreas tot die wetenskap was nie maar eerder sy vermoeë om basies die toekoms te voorspel. Min wetende eintlik hoe reg hy sou wees het Einstein 2 kort briefies vir `n persoon geskryf wat in die latere lewe wel ook baie geluk sou bring vir die persoon in wie se besit die briewe sou wees.

nintchdbpict000362299362.jpgGal Wiener bestuurder en eienaar van  “WINNER`s ” afslaershuis in Jerusalem is in besit van beide van die twee baie kort briefies wat vir ons ook baie lewenswaarheid inhou. Die briewe was deur Einstein in Duits, gedurende November 1922 geskryf op skryfblok papier, van die Imperial hotel in Tokyo , Japan.   Soos ons teen die tyd al lankal bewus is het Albert Einstein van sy formules in een of ander verborge vorm die lig laat sien.  Dit het egter vir die mens soms na  lang ondersoeke  boekdele in die wetenskapwêreld  oopgesluit.

Einstein het die twee advies gevulde briefies 95 jaar gelede geskryf vir,  soos hy  in daardie tyd bekend gestaan het in die hotelbedryf , die “BELLBOY”.

Een brief wat gepleit  het vir `n kalm, ingetoeë en beskeie lewe is op `n veiling op  Dinsdag 24 Okotber 2017 verkoop vir `n bedrag van  nagenoeg $ 1.5 miljoen.  Jy kan nou vra hoe dit gebeur het.   Wel, Einstein het gedurende Oktober 1922 na Japan gereis waar hy `n aantal referate sou lewer toe hy `n telegram ontvang het waarin daar bekend gemaak is dat hy die 1921 NOBELPRYS gewen het.

Die skander wetenskaplike wat altyd een of ander teorie bekendgestel het , was in `n baie benarde posisie toe hy besef dat hy nie `n kontantjie in sy sak gehad het om juis die “BELLBOY” of die man wat die tasse by die IMPERIAL HOTEL  in Japan dra, te kon vergoed het nie.

Einstein het toe maar `n papier van die skryfblok  in die kamer geneem en vir hom die twee briewe,  of ek kan dit eintlik maar twee notas noem geskryf, en vir hom ook gesê dat hy dit moes hou aangesien dit vir hom in die toekoms baie kan beteken.  Ek dink Einstein het, toe hy die woorde neergepen het nie daaraan gedink dat dit nie net lewenswaarde maar ook geldelike waarde sou inhou.  Dit sou waarskynlik  `n waarde van duisende kere meer inhou as die standaard fooitjie van daardie tyd.

Die briewe staan ook bekend as die geluks briewe en die langer een lees soos volg:- ” A calm and modest life brings more happiness than the pursuit of success combined with constand restlessness “.

Gedurende die veiling het daar letterlik `n oorlog van 25 minute tussen die betrokkenes teenwoordig, onstaan om hulle hande op die baie waardevolle briewe te lê. Die bod is toe uit eindelik op `n koper vir  $1,560,000 Dollar toegeslaan.

Einstein-notes-1.jpgDie ander kort briefie wat Einstein ook aan die tasdraer gegee het, het gelees, “Where there is a will there is a way”. In Duits lees dit “Wo ein wille ist da ist auch ein weg”.  `n Ander onbekende koper het die brief bekom teen  240,000 Dollar.

Uit die twee briewe se inhoud wil ek graag die volgende aflei. Einstein het te  midde van `n uitnodiging om die Nobelprys in Stockholm te gaan ontvang ,  opgetreë soos sy briewe die lewe uiteengesit het. Hy het nederig en rustig sy reis voort gesit na Japan om sy referate daar te gaan lewer soos sy eerste brief noem   “`n Kalm en nederige lewe bring meer geluk as die najaag van sukses wat gekombineer word met aanhoudende  rusteloosheid”

Albert Einstein bly maar een van die grootste wetenskalikes wat tot nog toe sy spore hier op aarde getrap het asook dat sy idees die vroeë 20ste eeu wetenskap en `n mens kan maar sê nou nog op sy kop keer.

……………en nou met `n groot sprong daar na Siberië se kant toe.

Onheilspellend, angswekkend en spookagtig. Dis wat die mense van Siberië ervaar het gedurende  die nag van 26 en 27 Oktober 2017  sommer net so `n paar dae gelede toe daar `n geheimsinnige  gloeiende borrel skielik sy verskyning gemaak het bokant die noordoostelike Siberiese hemelruim.information_items_7210.jpg

Volgens die “Siberian Times” was daar heelwat mense wat die spookagtige gloeiende borrel gade geslaan het en daar was ook diegene wat darem vinnig die knoppie van sy of haar slimfoon kon druk om `n video opname te kon maak.

Soos gewoonlik ,en die mens wil maar graag “hulle” in aanhalingstekens sien, het die wesens van die buitenste ruimte geland om `n besoek hier aan Moederaarde te bring.  Onglukkig was hulle vooruitsigtye van korte duur. Die Siberian Times het  vermoed dat dit was dalk veroorsaak deur `n vuurpyl wat gelanseer was deur die Russiese weermag. Die Russiese ministerie van verdediging het egter bekend gemaak dat hulle wel `n TOPOL -M interkontinentale ballistiese missiel gelanseer het wat deel uitmaak van onbekende toetse.inside_glow_1.jpg

Die missiel was ook blykbaar gelanseer van die PLESETSK COSMODROME in noordwes Rusland. Verder is Rusland se weermag se mond natuurlik heeltemal gesnoer oor die voorval.

Die afgelope week het die eienaar van `n besigheid in die Pêrel sy oë nie geglo toe hy sien daar is gate in  die dak van die winkel. By nadere ondersoek het hy snaakse stukkies klip op die vloer opgetel. Nadat kenners van meteoriete genader is vir hulle mening blyk dit dat die stukkies klip deel is van `n meteoriet wat nie heeltemal uitgebrand het voor dit die aarde getref het nie. Ondersoeke gaan nog voort.WhatsApp-Image-2017-10-24-at-13.20.26.jpeg 620x349.jpeg

First_Minister_for_Artificial_Intelligence_is_Appointed_in_the_UAE_I_resize_md.jpgNet so voor ek afsluit. “ARTIFICIAL INTELLIGENCE” of kunsmatige intelligensie bly maar net en sal net meer en  meer die aandag van die wêreld trek. Die ministerie van Dubai het so `n week of wat gelede bekend gemaak dat hy `n redelike jong parlement aangestel het. Een van die poste wat ook geskep is, is die pos vir `n minister van AI of kunsmatige intelligensie. Die knaap wat die pos beklee is `n jongmannetjie van net 35 jaar oud. Ek glo die Dubaise se regering het die voorsienigheid om hierdie wêreldstad op die voorpunt met alle tegnologie hetsy elektronies of die konstruksie van geboue of wat ookal te hou. Onthou Elon Musk het nou ook `n paar maande gelede in Dubai bekend gemaak oor wat SPACEX beplan vir die tog na Mars toe.  Dubai beplan ook baie groot dinge wat hier in 2020 gaan plaas vind. Hieroor sal ONDER DIE VERGROOTGLAS  binne die afsienbare tyd `n paar berigte bring.   Dit beloof om baie interessant te wees. So oor `n week bring ek vir jou dan die beloofde onderhou met `n baie interessante amateur. Kyk uit daarvoor en moet dit nie mis nie.

Van my Johann du Plessis ZS6 PSS, onthou skoei jou lewe op een van Einstein se notas  wat hy aan die jong man in Tokyo gegee het, “Waar daar `n wil is , is daar `n weg”.  Mooiloop , hou jou oë oop, en wees veilig.

 

 

Advertisements