OVG      22 OKT   2017.   RUIMTE ROMMEL   – NUWE MARS RUIMTEPAK

Weereens hartlik goeiemore aan elkeen wat ingeskakel is hier by ons weeklikse program van eerstens ARIA en dan ook ONDER DIE VERGROOTGLAS. Ek moet darem net eers kommentaar lewer oor die weer aangesien ons darem so hier en daar `n paar drupples reën oor die land heen gekry het. Ek moet egter noem dat die  week wat voorlê lyk nie te goed vir goeie reënval nie aangesien, soos dit vir my voorkom,  nie te veel ontwikkeling van goeie rëen wolke in  die trope, en dis nou daar in die Kongo en omgewing vorm of voorkom nie. Miskien gebeur daar dalk net iets later in die week.

Ek het verlede Sondag belowe dat ek `n bietjie dieper gaan delf in die nuutste nuus rondom die Mars projek maar vir een of ander duistere rede het my artikels wat ek afgelaai het van NASA verdwyn. Ek is seker daarvan dit was die GREMLINS. Daar was juis nou die dag `n berrig in dagblad dat die GREMLINS biljoene  Rand hier in ons land verduister het. So as jy dalk iets vermis, blameer die GREMLINS.

My dogter wie al vir die afgelope 10 jaar in Dubai skool hou het my  die volgende artikel. Wys jou net watter invloed het ONDER DIE VERGROOTGLAS op my familie. Hulle werk saaam met Pa om dit `n sukses te maak.

Volgens Kelly Clarcke `n joernalis van DIE KHALJEE TIMES in Dubai  was  die inwoners van Dubai die afgelope Maandag 15  Oktober groot skrik op die lyf gejaag.  Vir die eerste ruk het die mense nie geweet wat hulle sien of dalk gaan tref nie.  Baie het gedink dit is `n meteoriet wat dalkies net groot skade kon aanrig.

rocketFB.jpgTonne selfoonvideos was na die plaaslike koerant die KHALJEE TIMES gestuur van oog getuies wat die moontlike meteoriet  wat met `n boog trajek oor Dubai getrek het terwyl dit uitgebrand het, waargeneem .   Die geheim is toe opgelos want gelukkig was dit nie `n meteor nie  en dit was ook nie Supeman wat oppad was om een of ander booswig die stryd aan te sê nie.

DMbHE8sX0AATn-K.jpgDie eerste berrigte  het hier van 19:35   begin instroom van ooggetuies wat die vuurbal wat deur die lug getrek gesien het. Soos ek gesê het, die mense was regtig uiters paniek bevange oor die snaakse bal van vuur wat die hemelruim nogal `n bietjie verlig het ook.

Gelukkig kon Hassan Al Harriri, die direktreur van die Dubai Astronomie Groep die publiek gerus stel  dat wat hulle waargeneem en gesien het nie `n meteoriet was nie maar wel `n stuk ruimterommel.

Na die verskillende oproepe het die astronomie groep dadelik aan die werk gespring en NASA se webwerf begin nagaan vir moontlike vallende ruimte rommel .  Hassan Al Harriri kon toe ook bevestig dat wat gesien was as `n meteriet inderdaad `n stuk  ruimterommel is wat glo geidentifiseer is as die “PROGRESS MODULE MO7 SL-4 R/B.”

Verdere  inligting wat bekom was, was dat die stuk 6.5 meter lank was en 2.5 meter in deursnee. Die stuk het so ongeveer 140 kilometer bo die aarde , kom ek sê nou maar gevlieg en was vir 80 sekondes sigbaar.

Nou kan jy vra maar wat was die stuk rommel nou eintlik. Wel weereens volgens NASA was dit glo `n stuk van `n Russiese ruimtetuig wat vrag na die INTERNASIONALE RUIMTESTASIE vervoer het.

Soos die mens nou maar net eenmaal is was die mense maar baie skepties en het swaar gesluk aan die verduideliking wat Hassan Al Harriri  vir die vreemde verskynsel verskaf het. Al Harriri het gesê dat die inligting defnitief deur NASA bevestig was. Hy het ook bevestig dat NASA  beplan die  terugkeer van sekere ruimterommel  na die aarde toe. Die stukke ruimterommel  dring die aarde se atmosfeer so hoog binne  wat veroorsaak dat dit defnitief , en ek sê in aanhalingstekens darem nie skade op die aarde , dorpe , stede en aan mense sal aanrig nie.  Na die RUSSIES debakel so `n paar jaar gelede is ek maar baie skepties om die volgende te glo. NASA sê dat gemeenskappe gewaarsku sal word as die stukke rommel  laer as `n 100 kilometer bo die aarde  sou begin daal.

Ek weet darem nou nie of ek sou dink dit is baie mooi as die ding nou hier op my huis sou afpeil nie, maar Al Harriri  sê ook verder die inwoners van Dubai was gelukkig om so `n iet te sien want dit was asemrowend mooi.

Sou daar dalk stukke oorgebly het en nie uitgebrand het nie sou dit volgens Al Harriri in die Indiese oseaan beland het.  Nou- ja Mnr Al Harriri  onthou net daar is bote en groot skepe wat ook van die Indiese oseaan gebruik maak. Net so `n laaste opmerking wat Al harriri gemaak het was dat meteoriete teen `n baie hoë spoed beweeg en baie meer reguit aarde toe val teenoor die stuk rommel wat glo baie stadig deur die lug getrek het en lank gevat het om hoogte te verminder.

Kom ons bly vir nog so `n wyle in die ruimte want al my Mars artikels het nie darem heeltemal voete gekry nie.

So `n maand gelede het Elon Musk oud Suid Afrikaner en uitvoerende direkteur van SPACEX  `n nuwe baie gemaklike ruimtepak wat ontwerp is vir toekomstige ruimtemanne en dames wat moontlik die pad na Mars toe sal aanpak bekend gestel. Die ruimetpak is glo helder wit en silwer.  Musk sê dat die ruimtepak alreeds getoets is onder  dubbel hoë vakuumdruk  toestande .  Untitled.png`n Ruimtepak moet glo voldoen om die ruimteman of dan ook natuurlik ruimtedame  se liggaam te beskerm  asook om  aarddruk toestande na te boots..  Soos ek genoem het hierdie pakke sal gebruik word deur mense oppad na Mars , die Maan  en die INTERNASIONALE RUIMTESTASIE.  Dus dit sal nie buite die ruimetuig gebruik kan word vir byvoorbeeld werk aan die IRS nie. Daarvoor sal nog steeds die ou ruimtepakke gedra word.

SPACEX het ook nou aangekondig dat hulle beplan om binnekort twee lede van publiek, en ek vermoed dit sal Amerikaners wees  vir `n vlug om die maan  te stuur.   Miskien sal ek daarvan hou om dit te doen maar defnitief nie Mars toe vir my nie , dankie.

Maar net so voor ek weer afsluit. Peter Spicket ZS6SP (Staats President in MRK) doen `n baie groot werk met by Magalies Radio- Amateurklubse maandblad wat bekend is as “TEENSPANNING.  Ek wil jou graag uitnooi  om na die volgende  Blog adres te gaan kyk  “https://teenspanning.wordpress.com ”  Elke Sondag se ONDER DIE VERGROOTGLAS artikel word eers sommer pragtig deur Peter opgetof met prente,  illustrasies en nog meer . Jy kan die volle artikel weer gaan lees as jy dalk iets gemis het. Dit is ook lekker om jou in die meegaande prente te verlustig.

……………….en ja !! laastens . Ek doen weer `n berroep om alle amateurs om asseblief vir my en Dawie name deur te stuur  van  persone met wie ons  kan gaan gesels  oor sy of haar Radio-amateurlewe . Ek sal seker so oor twee weke vir jou gesprek uitsaai met `n baie bekende amateur by wie so `n paar weke gelede gaan kuier het.

Mag jy en jou familie `n pragtige gesonde week ervaar en ek wens vir baie reën in die Kaap en baie ander plekke waar dit uiters droog is.

Van my Johann du Plessis  ZS6PSS Mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

Advertisements