Spoetnik: 60 Jaar gelede

Die ruimte-eeu het begin op 4 Oktober 1957, met die lansering van die wêreld se eerste nagemaakte Aard satelliet. Spoetnik 1 het mense gefassineer en ook groot bekommernis by mense tot gevolg gehad.  Dit het ook die VSA se ruimte-program in ‘hoë rat’ geplaas.  Spoetnik was gevolg deur ‘n vinnige reeks prestasies deur die Sowjetunie: Die eerste maan ondersoek tuig, eerste man in die ruimte, eerste pogings om Mars en Venus te ondersoek. Dit het tesame gevloei met die ontwikkeling van hul Interkontinentale Ballistiese Missiele (ICBMs) met kernoorlog punt.  Picture1.png Hierdie is gevolg met dekades van eksperimentasie en beplanning  waarvan meeste Westerse deskundiges onbewus was.

Gedurende die 1930’s het die Sowjetunie ook ‘n groot, goed-georganiseerde poging aangewend om vuurpyle en vuurpyl enjins te ondersoek. Die mees belangrikste vuurpyl in die geskiedenis van ruimteverkenning was heel waarskynlik die R-7.  Oorspronklik ontwerp as ‘n ICBM, het dit egter vinnig die werkesel geword van die Sowjet ruimteprogram. Die modern Soyuz vuurpyl is ‘n direkte afstammeling van die R-7, nog steeds in gebruik na 60 jaar en 1600 sendings.

‘n Veranderde weergawe van die R-7 is ook gebruik om die Sowjetunie se Spoetnik satelliete te lanseer

Picture2.png


Spoetnik 1

Picture11

Spoetnik 1 (Russies: Prosteisji Spoetnik-1, of Elementêre Satelliet-1) was die eerste satelliet wat om die Aarde gewentel het. Dit is op 4 Oktober 1957 deur die Sowjetunie in ’n ovaalvormige, lae wentelbaan geplaas en was die eerste van ’n reeks satelliete wat saam bekend staan as die Spoetnik-ruimteprogram.

Die onverwagte aankondiging van die Spoetnik se lansering was die begin van die Ruimte wedloop tussen die Sowjetunie en die VSA in die Koue Oorlog. Dit het ’n tydperk van nuwe politieke, militêre, tegnologiese en wetenskaplike ontwikkelings ingelui.

111.png
’n 40 kopek-seël wat Spoetnik 1 se wentelbaan aandui.

Spoetnik 1 het ook gehelp om die digtheid van die aarde se boonste atmosfeerlaag te bepaal deurdat die veranderinge in die satelliet se wentelbaan gemeet is. Dit het ook data verskaf van die verspreiding van radioseine in die ionosfeer. Inligting oor meteoroïede is ook na die aarde teruggesein.

Spoetnik 1 is van Terrein No. 1 by die 5de Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek gelanseer en het teen 29 000 km per uur om die aarde gewentel. Dit het 96,2 minute geneem om ’n omwenteling te voltooi en het radioseine teen 20.005 and 40.002 MHz uitgestuur, wat deur radio-amateurs regoor die wêreld opgevang is.  Die seine is 22 dae lank uitgestuur totdat die sender se batterye op 26 Oktober pap geword het.  Die satelliet het op 4 Januarie 1958 uitgebrand toe dit die aarde se atmosfeer binnegedring het nadat dit 60 miljoen km gereis het en drie maande in sy wentelbaan was.


Spoetnik 2

Picture12

Spoetnik 2 (Russies: Prosteisji Spoetnik-2, of Elementêre Satelliet-2) was die tweede satelliet wat om die Aarde gewentel het. Dit is op 3 November 1957 deur die Sowjetunie gelanseer en was die eerste satelliet met ’n lewende dier, die hond Laika.

Die satelliet was ’n 4 meter hoë, keëlvormige kapsule. Dit het verskeie kompartemente gehad vir radiosenders, ’n telemetrie stelsel, ’n programmerings eenheid, ’n temperatuurbeheer stelsel en wetenskaplike instrumente. Die hond Laika was in ’n spesiaal verseëlde kajuit.

Ingenieurs- en biologiese data is 15 minute lank tydens elke omwenteling na die aarde gestuur deur ’n Tral D-telemetrie stelsel. Twee meters het son-, ultraviolet-, kosmiese en X-strale gemeet. Daar was nie ’n televisiekamera aan boord nie – foto’s van honde op Spoetnik 5 word dikwels verkeerdelik as dié van Laika geïdentifiseer.

seel.png
Posseël ter herdenking van Spoetnik 2.

Spoetnik 2 is in ’n 212 x 1 660 km-wentelbaan geplaas met ’n vuurpyl soortgelyk aan die een wat vir Spoetnik 1 gebruik is. Nadat die satelliet sy wentelbaan bereik het, is die neuskeël suksesvol afgeskiet, maar die Blok A-kern het nie soos beplan afgeskei nie. Dit het die werking van die hittebeheer stelsel in die wiele gery. Verder het ’n deel van die isolasiemateriaal afgeskeur, wat tot gevolg gehad het dat die binneruim temperature van tot 40 °C bereik het. Spoetnik 2 se wentelbaan het afgeneem en dit het die aarde se atmosfeer op 14 April 1958 binnegedring ná 162 dae in die ruimte.

Die eerste lewende wese in die ruimte groter as ’n mikrobe was ’n baster Samojeed-wyfie met die naam Koedrjafka (“Krulletjies”), maar sy is later Laika (“Blaffer”) herdoop. Sy het sowat 6 kg geweeg. Die opgestopte kajuit, met druk beheer, was groot genoeg sodat sy kon staan of lê. Dit is van suurstof voorsien en die kos en water was in ’n gelatien vorm.

Laika het ’n veiligheidshelm aangehad en elektrodes het tekens van lewe gemeet. Volgens die meters was Laika aanvanklik ontsteld, maar sy het haar kos geëet. In Oktober 2002 het Russiese bronne bekend gemaak dat Laika ná ’n paar uur dood is aan hitte en stres, en dat sy nie versmoor het soos aanvanklik geglo is nie. As sy nie daaraan gevrek het nie, sou sy uitgesit gewees het met behulp van vergiftigde kos, anders sou sy doodgebrand het toe die satelliet die aarde se atmosfeer binnegedring het. Die sending het die eerste data verskaf oor die gedrag van ’n lewende organisme in ’n ruimte-omgewing.


Spoetnik 3

sput3.png

Spoetnik 3 (Russies: Satelliet-3) was die derde satelliet in die Spoetnik-ruimteprogram. Dit is op 15 Mei 1958 deur die Sowjetunie gelanseer vanaf die Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek. Dit was ’n navorsingsatelliet om die boonste atmosfeer en die nabye ruimte te verken.

In Julie 1956 het die Sowjetunie onderneem om sy eerste satelliet om die aarde te ontwerp en bou. Dit is die ISZ (vir искусственный спутник Земли; iskoesstwenni spoetnik Zemli of “kunsmatige aardsatelliet”) genoem. Dit was veronderstel om die Sowjetunie se eerste satelliet te wees. Die lansering is egter voortdurend uitgestel en eindelik is die eenvoudige Spoetnik 1 en daarna Spoetnik 2 in die plek daarvan gelanseer uit vrees dat die VSA die Sowjetunie in die ruimte sou voorspring.

Spoetnik 3 was keëlvormig, 3,57 m lank en 1,73 m breed by sy basis. Dit het 1 327 kg geweeg. Twaalf wetenskaplike instrumente aan boord het data verskaf oor onder meer die druk en samestelling van die boonste atmosfeer, die konsentrasie van gelaaide deeltjies, atoom kerns in kosmiese strale en magnetiese en elektrostatiese velde. Dit het tot 6 April 1960 in sy wentelbaan gebly.


Spoetnik 4

sputnik4.jpgSpoetnik 4 of Korabl-Spoetnik 1 (Russies: Skipsatelliet-1) was die eerste toetsvlug van die Sowjetunie se Wostok-ruimtetuig wat later vir die eerste bemande ruimtevlug gebruik sou word. Dit is op 15 Mei 1960 gelanseer. ’n Fout in die gids stelsel het veroorsaak dat die tuig na ’n hoër wentelbaan beweeg het in plaas daarvan om terug te keer aarde toe. Dit het die atmosfeer eers op omstreeks 5 September 1962 binnegedring. ’n Stuk is gevind in die middel van ’n straat in Manitowoc, Wisconsin, in die noorde van die VSA.WIMANsputnik01_1446

Die ruimtetuig, die eerste in ’n reeks waarmee die moontlikheid van bemande ruimtevlugte ondersoek is, het wetenskaplike instrumente bevat, asook ’n televisie stelsel en ’n kajuit met ’n pop.


Spoetnik 5

 

sputn5
’n Sowjet-posseël om die vlug te gedenk.

Spoetnik 5 of Korabl-Spoetnik 2  (Russies: Skipsatelliet-2) was die tweede toetsvlug van die Sowjetunie se Wostok-ruimtetuig wat later vir die eerste bemande ruimtevlug gebruik sou word. Dit was die eerste keer dat diere die ruimte ingestuur is en veilig teruggebring is aarde toe. Dit is op 19 Augustus 1960 gelanseer en het die weg gebaan vir die eerste bemande ruimtevlug, Wostok 1, wat minder as agt maande later gelanseer is.

 

sputnik5.jpgIn die ruimtetuig was twee honde, Belka en Strelka, 40 muise, twee rotte en verskeie plante, sowel as ’n televisiekamera wat die honde afgeneem het. Die tuig het op 20 Augustus teruggekeer, ’n dag ná die lansering. sputnik-5safeAl twee die diere was veilig en kort ná die landing is een van Strelka se hondjies na Caroline Kennedy, dogter van die destydse pres. John F. Kennedy, gestuur as ’n geskenk van die Sowjetunie.


Spoetnik 6

Korabl_Sputnik_b.jpgSpoetnik 6Korabl-Spoetnik 3 (Russies: Skipsatelliet-3) of Wostok-1K No. 3 was ’n Sowjet-ruimtetuig wat in 1960 gelanseer is. Dit was ’n toetsvlug vir die Wostok-ruimtetuig en het twee honde bevat, Ptsjolka en Moesjka (die Russiese verkleinwoorde van “by” en “vlieg” onderskeidelik), sowel as ’n televisiekamera en wetenskap instrumente.

Spoetnik 6 is op 1 Desember 1960 van Terrein No. 1 by die 5de Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek gelanseer vooraan ’n lanseer vuurpyl.  Dit is in ’n lae wentelbaan om die aarde geplaas. Die vlug het ’n dag geduur, waarna dit op 2 Desember weens ’n tegniese fout in die atmosfeer gedisintegreer het.


Spoetnik 7

venera1.jpgSpoetnik 7 of Tjazjoli Spoetnik (Russies: Swaar Satelliet), ook bekend as Wenera 1WA No. 1, was ’n Sowjet-ruimtetuig. Dit is op 4 Februarie 1961 van Terrein No. 1 by die 5de Tjoeratam-lanseersentrum (nou Baikonoer) in die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliekgelanseer en was veronderstel om die eerste ruimtevlug te wees om die planeet Venus te verken.

Weens ’n tegniese fout het Spoetnik 7 egter nooit sy lae wentelbaan verlaat nie. Dit het die aarde se atmosfeer op 26 Februarie 1961 oor Siberië binnegedring. In ’n poging om die mislukking van die ruimtesending te ontken het die Sowjet-regering aangekondig dat die tuig ’n toetsvlug was vir ’n “swaar satelliet” wat sou dien as lanseer platform vir toekomstige sendings.

Nog ’n tuig, die Wenera 1, is ’n week later suksesvol in ’n heliosentriese wentelbaan na Venus geplaas, maar die instrumente het ’n week later foutief geraak.

Ander Sowjetunie lanserings genoem Spoetnik in die VSA (Die Sowjet Unie naam is ook aangedui):

  • Sputnik 8 – Venera 1
  • Sputnik 9 – Korabl-Sputnik 4
  • Sputnik 10 – Korabl-Sputnik 5
  • Sputnik 11 – Kosmos 1
  • Sputnik 12 – Kosmos 2
  • Sputnik 13 – Kosmos 3
  • Sputnik 14 – Kosmos 4
  • Sputnik 15 – Kosmos 5
  • Sputnik 16 – Kosmos 6
  • Sputnik 17 – Kosmos 7
  • Sputnik 18 – Kosmos 8
  • Sputnik 19 – Venera 2MV-1 No.1
  • Sputnik 20 – Venera 2MV-1 No.2
  • Sputnik 21 – Venera 2MV-2 No.1
  • Sputnik 22 – Mars 2MV-4 No.1
  • Sputnik 23 – Mars 1
  • Sputnik 24 – Mars 2MV-3 No.1
  • Sputnik 25 – Luna E-6 No.2

Saamgestel vanaf Wikipedia inskrywings
Advertisements