OVG – 15  OKT 2017  – SPUTNIK SE BEEP 60 JAAR GELEDE – SJINA IS NUWE RUIMTE MOONDHEID – TAXIS VLIEG AL TEEN 2019 – ELEKTRIESEMOTOR WEDLOOP BEGIN IN ALLE ERNS – MUSK MAAK EERSTE VLUG VAN MENSE IN 2024 NA MARS BEKEND.

Hartlik  goeiemore en dankie dat jy weer die moeite gedoen om jou radio aan te skakel en so `n bietjie knus in jou radiokamer te verkeer , ja , en dalk met `n lekker koppie Boeretroos. Soos ek die afgelope paar weke nou al kort – kort noem bly  die weer net aanhoudend  manewales uithaal. Sneeu in Oktober , en bergpasse wat gesluit word en onbegaanbaar is asgevolg van die sneeu. Ons het gedink dat die orkane Harvey en Maria  groot probleme veroorsaak het in die VSA maar hier te lande word daar oorstromings ondervind in die Kwazulu-Natal areas asook blykbaar kleiner orkane hier aan die Wesrand. Maar weet net verseker dat die klein orkane het uiters groot skade asook lewensverlies veroorsaak.   Ook maar net weer `n gevoel wat ek kry.  Ek verwag hierdie somer,  elektriesestorms en hael  wat ernstige skade aan motors , eiendom en gesaaides kan aanrig. Maar kom ons hoop en bid dat ons dit  gespaar sal word. Daar is egter ook darem `n bietjie goeie nuus. Volgens die Suid Afrikaanse weerburo lyk dit asof daar  vandag en more `n goeie kans is vir `n paar baie welkome reënbuie in die Weskaap en omgewing. Dit wil ook voorkom of ons darem nou warmer toestande kan kry.

So `n week of twee gelede was dit kan jy glo, 60 jaar gelede wat die eerste seine vanuit die ruimte hier op aarde gehoor was. 520px-Sputnik_1.jpgAs jy nou al `n bietjie gevorder het in die jare sal jy onthou dat op 4 Oktober 1957 was Sputnik deur die Russe gelanseer vanuit Kazakstan. Die lanseerbasis staan deesdae bekend as die Baikonur Cosmodrome.  Hierdie lansering van Sputnik het natuurlik die Amerikaners  tot in hulle fondamente geskok want Amerika het nie verwag dat Rusland se  ruimteprogram so ver gevorderd was nie. Die Sputnik het bestaan net uit `n  sfeer , `n stel batterye , `n sender , `n aktiewe drukskakelaar  om grondbeheer in kennis te kon stel as sou `n mikrometeoriet dalk net die 58 sentimeter  sfeer binnedring en beskadig.  Dit was dan ook die begin van die ruimtewedloop tussen Amerika en Rusland. Maar op die stadium wil dit voorkom asof Amerika baie ver voorloop met juis nou ook die reis wat mense binnekort gaan onderneem na die planeet Mars. Net so terloops . Ek kan onthou dat ek en my neef daardie spesifieke aand nog op hulle garage se dak daar in Nu Muckleneuk  hier in Pretoria geklim het om die wonderlike Sputnik beter te kon sien.  Bid jou dit aan , `n volle 3 meter nader.  Maar , nou-ja , iets wat soos gister my nog by bly en wat jy nie maklik vergeet nie.

Daar het egter nou al vir `n paar jaar nog `n rolspeler op die voorgrond getreë.  en dit is Sjina.  Hierdie moondheid het nou `n nuwe radikale plan in werking gestel om vuurpyle en mense baie binnekort die ruimte in te stuur.  Sjina gaan glo beweeg van grondgebaseerde lanseer platvorms na vragskepe en vliegtuie. 1443159049695_251.jpgDie Sjinese AEROSPACE SCIENCE and TECHNOLOGY CORPORATION  beplan om sommer vroeg in 2018 vragskepe   naby  die ewenaar te stasioneer waarvan die LONG MARCH 11 vuurpyle  gelanseer gaan word. Die Y-20 vliegtuie sal gebruik word om vastebrandstof vuurpyle te lanseer.  Y-20-600x315.jpg Sjina meen dat deur vuurpyle van seeplatvorms en van vliegtuie te lanseer sal hulle instaat stel om vuurpyle vinniger in die ruimte te kry. Al word daar meer brandstof gebruik om `n vuurpyl van `n vliegtuig te lanseer sal dit glo ook goedkoper wees.

Terwyl ons nou nog besig is met vuurpyle en diesmeer kan jy net die volgende vraag vra. Hoekom word robotte op ruimtesendings gestuur. Eintlik is die antwoord  voor die handliggend.  Met `n robot op `n ruimtesending is daar baie minder bekommernisse oor hulle veiligheid. Sou hy iets oorkom is daar gelukkig nie `n mens se lewe  op die spel nie.  Uit die aaard van die saak wil beleggers  hê dat die robotte wat vir hulle spesifieke doel gemaak is ten minste vir `n lang tyd moet kan werk sonder probleme.  Hulle moet ondersoeke kan doen en informasie kan terugstuur van die area of planeet waar hulle ontplooi is sonder om elektroniese probleme te gee.  Sou `n robot missie vaal sal die mense wie daar by bettrokke is nog steeds nie in gevaar wees nie.

Ek glo dat ruimte agentskappe en navorsers  sal in die toekoms meer en meer gebruik maak van robotte om hulle doel te bereik. As jy so `n bietjie terug dink sal jy kan onthou dat ek genoem het dat weermagte oor die wêreld heen al meer van robotsoldate gebruik gaan maak om die verlies aan menselewens gedurende oorlogsituasies baie meer te beperk.

Die volgende berrig is vir my erg kommerwekkend. Daar word berrig dat die eerste vlieënde TAXI`s  glo teen  2019 `n werklikheid wees.  Ek maar net sê behoede my en jou as dit hier in Suid-Afrika dalk gaan gebeur.  Jy kan maar net dink dat in die huidige situasie so `n iets nooit in ons land sal werk nie. Ek glo nie dat een taxi operateur `n vlieglisensie sal kan verwerf nie.104290305-6ED3-REQ-EHang-021717.1910x1000.jpg

Die motorreus  GENERAL MOTORS  het ook bekend gemaak dat hy teen 2023 `n totaal van 20 tenvolle elektries aangedrewe motors  gaan vrystel. Elektriese motors  is lankal nie meer net vir `n uitgesoekte groep mense beskikbaar nie.

`n Aantal veteraan motorvervaardigers  het juis nou begin om aan die ELEKTRIESEMOTOR wedloop te begin deelneem. Sommige het alreeds bekend gemaak dat hulle net elektriese motors gaan vervaardig . GM het ook bekend gemaak dat hy intensief navorsing gaan doen ten opsigte van elektriese batterye  en waterstof  aandrywing vir motors.

……….en net so voor ek afsluit. Dit is nou amptelik . elonmusk_big_2.jpgElon Musk die stigter van SPACEX het bekend gemaak dat die eerste mens of mense offisieël in 2024 die lang pad of is dit nou die lang vlug van so ongeveer 6 maande sal aanpak na die planeet Mars.

BFR-missions-1200x750.pngNou wonder ek net of dit `n Van Der Merwe grap is , maar ek het gehoor dat die eerste persoon hier vanuit Suid-Afrika wie na Mars sal vertrek is glo `n Van Der Merwe.  Wat `n mal spul eintlik, want besef jy, wat nou ook die malperd opgesaal het om wel tot die stap oor te gaan dat jy nooit weer gaan terugkom aarde toe.  Die Mars reisigers  moet baie opleiding  ondergaan asook sielkundige toetse om te bepaal of hulle psigies gereed is vir so `n lang vlug en verblyf op Mars. Maar wraggies hoor vir my, jy moet definitief ʼn psigiese skroef los hê om tot so `n drastiese besluit in jou lewe oor te gaan. Volgende week gaan ek so `n bietjie dieper delf in die Mars projek van Musk waar hy sy “BFR” visie bekend gemaak het. Jy kan maar solank dink waarvoor staan  “BFR” .

…………..en laastens.  Binne die volgende paar weke kan jy weer luister na nog `n onderhoud wat ek met `n baie bekende radioamateur wie ook diep spore in die amateur wese getrap het.

Ek groet. Van my Johann du Plessis ZS6PSS , mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

 

 

Advertisements