OVG 8 OKT 2017 HOE VEILIG IS DIE TOEPASSSINGS WAT JY GEBRUIK.

Deur Johann ZS6PSS

Hartlik  goeiemore en welkom aan `n elk en `n inkelte weer hier by ONDER DIE VERGROOTGLAS.  Soosimages.png Dawie verlede Sondag genoem het, het die griep en verkoue , vir my en  baie ander mense werklik by die korthare beet gehad.Ek sukkel nog om die hees stem weer te probeer terug kry na sy normale vlak. Maar nou-ja dit wil voorkom asof dit `n week en selfs twee weke en dalk nog meer kan neem om redelik te herstel.

In elk geval wil ek ook so ongeveer twee weke terug gaan en vir jou herinner daaraan dat ek gesê het dat  ek dink en hoor mooi ek dink maar net dat die winter nog nie heeltemal verby is nie. ……………. en ja die afgelope paar dae  hier van Woensdag af het `n lekker koue front oor die Kaapprovinsie in beweeg.

So by so dat daar selfs sneeu in dele in die Suid-Oos kaap en in die binneland voorspel  is en toe ook geval het.  Hier by ons in Pretoria het ons `n paar baie welkome reenbuie ontvang met gepaardgaande heelwat koeler weer.

Die groot bekommernis bly egter die Weskaap en omstreke.  Damme daar het nou werklik  ernstige water tekorte en dit lyk nie asof die reën gaan uitkoms bied  nie.

Kom ons glo maar net dat daar wel uitkoms vir die gebied , al is dit laat met genoeg reën sal kom.

BigApps.pngReën of nie, ongelukkig moet die program voortgaan.  Vandag wil ek kyk na SLIMfoon toepassings , hoe jy die toepassings  verkry , asook die toestemming daarvoor en die opdateering van sulke toepassings.

Net so voor ek begin . Ek het `n baie goeie vriend en werklik skrander maar sekere goed kan hy maar net nie reg sê nie veral as dit nou by die selfoontaal kom nie. Hy sê altyd vir my, dat hy vir my, `n “WATCH UP” gestuur het in plaas van `n WHATS APP.  Ek dink ook dat die vertalings van APPS as  TOEPS nie heeltemal  beskryf wat jy gebruik nie.  Die woord TOEP het nou in elk geval  al sy eie hokkie in  die volksmonds gekry.

Kom ons kyk egter na so `n oorsig van  APPS of  TOEPS. …………….en as jy dit darem nou nie teen die tyd weet nie dan is `n APP `n  “APPLICATION ” en `n “TOEP”  `n TOEPASSING.

Draagbare of mobiele apparaat soos  “TABLETS” , SLIMTFONE, en HORLOSIES het van die mees primêre tegnologiese apparate geword wat die mens kan gebruik  in sy persoonlike  en proffesionele lewes.

Wat maak mobiele apparaat so veelsydig.  Wel dit is  basies  dat miljoene APPS of TOEPS is wat van die internet afgelaai kan word.  Hierdie TOEPS maak dit vir ons moontlik om  baie meer produktief te wees, asook om vinnig met ander gebruikers, werkskollegas  en vriende te kommunikeer en om bv. onderwys en opleiding te kan gee.  Ongelukkkig,  met die mag wat jy deur die toepassings  kan verkry is daar ook baie risikos wat hand aan hand loop met die gebruik van die toepasssings.

Ek gaan vir jou `n paar stappe noem wat jy kan gebruik om toepassings te gebruik  wat baie min en ek sê weer min risiko kan veroorsaak. Onthou ongeag van hoeveel sekuriteit  daar toegepas word met die gebruik van die TOEPS is daar maar altyd `n moontlikheid van risiko.

Die eerste stap is , maak seker dat jy altyd `n TOEP aflaai van `n veilige en betroubare webwerf.  KUBERkriminele het al die kuns absoluut verfyn om `n  mobiele TOEP  te skep en te laat lyk asof dit die ware Jakob is maar onderliggend is dit gelaai met virusse. images.jpgDeur die virus TOEP te installeer kan die  KUBERkrimineel vinnig beheer neem van jou sel of skootrekenaar  en ja, hy of hulle kan byvoorbeeld jou bankrekening totaal leeg trek.  Ek glo , as jy byvoorbeeld een van die SMARTfone  het, kan die foon bepaal  watter opsies jy het om TOEPS af te laai.

As jy in besit is van `n APPLE apparaat , iPAD of iPHONE om toepassings af te laai van die “APPLESTORE”  is jy blybaar  veilig want “APPLE” doen outomaties eers veiligheidstoetse  voordat jy toegelaat word om wel die spesifieke  TOEP af te laai. Daar is nog steeds die moontlikheid dat  virus besmette TOEPS wel nog kan deurglip.

Daar is nog `n probleem. Sekere  TOEPS  vra jou om jou posisie te kan gebruik vir verskeie redes. Jy gaan sonder om te dink en klik JA op jou foon. download.jpgHierdie is glad nie veilig nie aangesien dit die opsiener of bestuurder van die TOEP jou inligting aan enige ander TOEP webwerf  kan verskaf teen betaling. So wees baie versigtig as jy gevra word om jou “GEOposisie”of “GLOBALEPOSISIE” te verskaf. Dit kan baie moontlik tot jou nadeel gebruik word. Daar kan baie moontlik gesien word waar jy jou elke oomblik van die dag bevind. Dit klink vir my alteveel na  “OUBOET  HOU JOU DOP”.

Bietjie goeie nuus maar ook `n waarskuwing.  ANDROID mobiele apparaat is blykbaar `n bietjie anders. Android is ook glo `n bietjie meer buigbaar. Jy kan `n TOEP van enige plek op die INTERNET aflaai maar jy moet nog steeds streng oordeel en verantwoordelikheid aan die dag lê asgevolg van die feit dat nie alle TOEPS hier ook veilig is nie. Vir jou eie veiligheid word aanbeveel dat jou toepassings vir ANDROID mobiele eenhede net van “GOOGLE PLAY”  aflaai.  Moet dus  nie jou ANDROID TOEP  aflaai van ander webwerwe nie aangesien hierdie webwerwe  baie moonlik die speelveld is van KUBERKRIMINELE is. Maak ook seker dat jy `n baie goeie antivirus program op jou selfoon , horlosie , iPHONE of iPAD installeer.

Ja en onthou  ook die volgende. Hoe langer `n TOEP op `n webwerf verskyn word dit deur meer gebruikers afgelaai en word daar meer opmerkings,  hetsy dit goed of sleg  op die webwerf aangebring.  Dit is opsigself dan ook vir jou `n aanduiding van hoe veilig of  onveilig is die TOEP. ……………..  en dan laastens as jy `n TOEP vir `n langtyd nie gebruik nie, verwyder dit van jou foon . Jy kan dit later weer aflaai met beter opgegradeerde voordele. Moet nie fabrieks- of vervaardigersstellings op jou apparaat probeer verander nie. Dit kan jou duur te staan kom.

Net weer `n laaste waarskuwing.  Verwyder TOEPS wat vir `n lang tyd op jou mobielefoon is en laai die jongste uitgawe af. Dit werk beter en mag net meer veilig wees.

Net so voor ek afsluit. Wees verseker,  dieselfde geld vir AANLYNaankope. cyber647_122416023804.jpg jy aanlynaankope doen maak seker dat jy gebruik maak van `n veilige webwerf . Onnatuurlike goedkoop pryse op `n webwerf moet alreeds vir jou `n aanduiding wees dat jy uiters versigtig moet wees.  Gewetenlose kriminele wag net dat jou debiet-  of kredietkaart besonderhede bekend maak voordat hulle sal toeslaan en jou beroof.

Maak seker dat dit `n veilige webwerf is met `n posadres en dalk nog `n telefoonnommer ook.  Wees op jou hoede vir swak gramatika en swak spelling. As `n webwerf lyk soos een wat jy al voorheen gesien het en dalk `n bietjie verskil moet jy rooiligte sien flikker.

Laastens , daar is nuwe tegnologie wat jou in staat stel om betalings te doen sonder om jou kredietkaart se nommer  bekend te maak.  Maak gebruik van kreditkaarte wat  `n unieke  nommer kan genereer vir elke aankoop wat jy aanlyn doen. Maak gebruik van bekende betalingsdienste  soos byvoorbeeld PAYPAL.  Daar is nog `n hele paar ander betalingsdienste.

Ek hoop jy gaan nie in een of ander slagyster trap as jy TOEPS aflaai of as jy aanlyn aankope doen nie.

Ek wens jou `n veilige TOEPASSING of TOEP aflaai en ook veilige aanlyn aankope.

Ek wens jou en jou familie `n aangename en gesonde dag en week toe, mag dit goed reën in die Kaap en elders.

Van my Johann du Plessis ZS6PSS Mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

Advertisements