OVG    24   SEPT  MAGNETIESE  KOORDLOSELAAIER UIT SILICON VALLEY / OSIRIS-REX

Deur Johan ZS6PSS

Weereens goeiemore aan `n elk en `n inkelte.  Ja, en het die somer nie sy kloue ingeslaan nie. Die een dag was nog koel tot koud en die daaropvolgende dae het toe sommer  ontpop in  die somer.

Nou die aand het ek op TV gesit en luister na Dave Pepler `n man wat met gesag oor `n groot aantal onderwerpe ongelooflik onderhoudend kan gesels . Hy het egter iets  genoem wat `n mens tot groot kommer kan strek.   Hy noem dat  hy voorsien dat vir die volgende vier jaar die Weskaap en omstreke baie swaar gaan deurloop onder nog droogtes soos tans. Hy voorsien ook dat daar dan glo `n goeie  paar jaar gaan kom  met reën en dan weer vier en selfs tot agt jaar waar daar nie reën gaan val nie. Dit kan `n uitgerekte saak van reën en nie reën tot gevolg  hê. Ek mag ook dalk gekruisig word oor die volgende wat ek al so drie , vier weke  gelede wou noem maar ek wil tog vandag duiwels advokaat speel.  Ek dink maar net, en onthou ek dink maar net dat ons kan  soos dit vandag met ons weerpatrone  gaan , dalk net nog so nog `n keer `n klap van die winter hier in die binneland kry.

Maar vir eers is dit genoeg ten opsigte van die weer.

Ek het sowat 2 jaar en dalk `n bietjie meer ook in `n ONDER DIE VERGROOTRGLAS artikel genoem dat `n maatskappy of groep `n deurbraak gemaak het met die vervaardiging van `n koordloselaaier. Dit wil vir my voorkom  asof die sakie toe nie suksesvol verloop het nie want niks was weer ooit verder oor die projek  genoem of gehoor nie,  Tot skieilik  nou `n week of wat  gelede toe `n nuwe maatskappy  PI bekend gemaak het dat hulle die wêreld se heeleerste  ten volle koordlooslaaier  die lig laat sien het. Dit gebruik volgens  PI geen kabels of matjies nie. Dit gebruik alleenlik magnetiese golwe om die laaiwerk te doen.pi-charging-05-470x310@2x.jpg

Uit SILICON VALLEY  berrig PI dat hulle jongste uitvinding so `n bietjie kleiner is as `n bierglas  en die basis is basies  dieslefde laaitegnologie as wat deur  APPLE en die ANDROID SMART fone gebruik word wat ookal ontwerp word om koordloos gelaai te word.

Die gebruik van magnetiesevelde is blykbaar die ideale manier om  energie  na draagbare elektronies apparaat oor te stuur volgens  PI se hoof tegnologiese navorser Lixin Shi en mede ontwerper  John MacDonald.

Volgens Shi en MacDonald het dit vir hulle `n volle jaar geneem om te bepaal hoe kan magnetiese golwe gebuig word sodat hulle `n pad in aanhalingstekens na byvoorbeeld `n selfoon kan vind.  Die ander groot probleem was om te bepaal hoe moet daar te werk gegaan word om magnetiese laai van meer as een apparaat gelyktydig moontlik te maak.  Die twee ontwikkelaars sê dat hulle het nou ook die wiskundige bewyse wat voorgelê kan word om dit te bewys.

Op die oomblik kan magnetiesevelde tot 30 sentimeter ver gestuur word na `n laaiapparaat.  Shi en MacDonald het gedurende hulle graadstudies aan die  Massachusettes Universiteit van Tegnologie, 3 en `n half jaar gelede ontmoet.

Hulle het kragte saamgesnoer om die projek die lig te laat sien en beide ook sederdien gegradueer.

Toe ek die artikel gelees het was my bekommernis dat die magnetiesevelde dalk gevaarlik kan wees vir die mens maar  die twee here sê dat die magnetiesevelde is baie lae velde maar is tog genoeg om `n selfoon teen volspoed te kan laai. `n Hele paar apparate soos selfone en skootrekenaars kan gelyktydig gelaai word as hulle naby die laaistasie geplaas word.

Die goeie nuus van die hele projek is dat hierdie magnetieseherlaaistasies vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees en teen so min as en teen die huidige Rand / Dollar wisselkoers van so ongeveer R3700-00. Die vraag is wanneer sal dit die Suid-Afrikaanse mark bereik en teen watter prys want daar moet nog invoerkostes en belangstings bygevoeg  word. Ten laaste voorsien ek dat soos wat ek in `n vorige artikel berrig het, die apparaat oor `n paar en dalk sommer baie meters gelaai sal kan word.  Net `n heel laaste vraag, is magnetiesegolwe in watter intensiteit gesond vir die mens.?

……………..en nou sommer weer diep die ruimte in. Nuwe name van ruimtetuie waarvan jy hoor  en besoeke aan asteroide of tot nou toe onbekende hemelliggame sal seker nie nou meer maklik ophou om voor te kom nie.  So twee dae gelede op Vrydag die 22ste  September het `n satelliet met die naam van  ORSIRIS -REX sommer baie naby aan die aarde verby geskuif om `n slingervel effek te bewerkstellig vir sy reis na die asteroid BENNU nadat ORSIRIS alreeds `n jaar gelede gelanseer was.osiris-rex-facebook.jpg Die satelliet het ongeveer 17,000 kilometer bo Antartika vebygevlieg en het sy slingervel effek daar gekry. Die rede hiervoor is om die pad wat hy sal volg baie te verfyn asook om `n baie vinniger spoed te kan bewerkstellig vir sy reis na BENNU wat so 500 meter in deursnee is en homself op die oomblik naby die son bevind.  Met die maneuver kan die spoed van ORSIRIS verhoog  met  14,200 kilometer per uur wat hom instaat stel om  soveel as 45,000 kilometer per uur te  bereik. Dis nogal vrek vinnig.

ORSIS -REX se doel is om voorbeelde van BENNU se rotsagtige oppervlakte   te gaan  afhaal en dit terug te bring aarde toe vir navorsingsdoeleindes.009.10_Profile_101955_Bennu_v5.png Volgens NASA behoort ORSIRIS-REX , BENNU teen 2018 te bereik.  Teen JULIE 2020 sal die satelliet afdaal na BENNU om `n skamele  2.1 onse of sowat 60 gramm grond van BENNU se oppervlakte af op te raap. Teen 2021 sal ORSIRIS -REX weer sy tog terug na die aarde toe aanpak.

Teen September  2023 sal ORSIRIS weer hier bokant moeder aarde `n kapsule wat met `n valskerm toegerus is met die waardevolle vrag terug stuur aarde toe. Wetenskalikes van regoor die wêreld sal die kans gegun word om die grond te kan bestudeeer  om ook sodoende vas te stel waaruit bestaan die boublokke waarvan moederaarde en die heelal gevorm is.  Mens sou wonder wat wetenskalikes alles hier gaan vind.bennu-size.png

……………..en net so ten laaste , OSIRIS REX se naam is  – ORIGINS, SPECTRAL INTERPRETATION , RESOURCE IDENTIFICATION SECURITY REGOLITH EXPLORER.

Nou-ja met die mondvol groet ek en wens jou `n aangename week toe. Van my Johann du Plessis ZS6PSS Mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

Advertisements

Onder die vergrootglas – 17 Sept 2017

HOE WORD ORKANE GEKATEGORISEER.

maxresdefault.jpg

Goeimore van my Johann  ZS6PSS. Ek kyk vanoggend na `n paar interessanthede van orkane, tifone en siklone.

Die afgelope week was, ek sou dit alles behalwe opwindend noem . Ek sou dit eerder hartseer en skokkend noem met die orkane en spesifiek die orkaan IRMA wat die afgelope week of twee weke  verwoesting  gesaai het asook dat daar `n hele aantal mense hulle lewens verloor in die Karibiese see, in BARUBA , CUBA en toe later ook in die staat Florida aan die OOSKUS van Amerika.

Dit was eintlik met skok en afgryse dat `n mens die hele sage dopgehou het op die TV. Ek moet egter byvoeg die verskillende Amerikaanse en Engelse TV stasies se kommunikasie en informasie van hoe die terugvoer hanteer was is, of was, uiters puik.  Die inwoners van die verskillende areas het presies geweet wat in hulle omgewings aangaan te midde van die gevaar waarin die joernaliste hulle lewens geplaas het om ter plaatse terugvoer te gee van die toestande wat daar geheers het.

Orkaan  of tifone  veroorsaak  verwoesting op vele plekke , albei is maar op die ou einde ewe verwoestend. Daar is ook `n spesifieke seisoen waarin orkane voorkom asook sekere dele in Amerika waar orkane gereeld voorkom.Atlantic_hurricane_tracks.jpg Maar wat is die verskille tussen `n  orkaan , `n tifoon en `n sikloon.

Op die ou einde is bogenoemde drie  maar dieselfde en staan bekend as tropiese siklone.  Hulle word net ander name toegeken  afhangende van waar hulle in die wêreld voorkom.

Wat is `n orkaan ? Orkane is groot draaikolkende storms wat winde kan veroorsaak  van ongeveer 120 kilometer per uur en selfs baie hoër.1173px-Hurricane-en.svg.png

In die Atlantiese oseaan en die Noord-oos Stille oseaan  staan tropiese siklone bekend as   orkane.  In die Noorwes Stille oseaan is hulle somtyds bekend  as tifone of super tifone as hulle baie sterk winde ontwikkel en in die Indiese oseaan staan hulle bekend as  siklone.

`n Orkaan begin as `n tropiese versteuring in `n area waar warm oseaanwater voorkom en waar reënwolke besig is om op te bou of te vorm. In die area kan daar ook winde vorm wat roterende donderstorms kan meebring waar  winde van so ongeveer  50 tot 60 kilometer per uur kan waai. Hierdie toestand staan bekend  as `n tropiese storm.   Die winde kan verder versterk tot  120 kilometer per uur en hoër  en die toestand word dan `n orkaan genoem.

Wetenskalikes is nog nie eens oor hoe en hoekom orkane onstaan nie. Daar is egter twee hoofkomponente  wat teenwoordig moet wees en dit is soos ek al genoem het warm oseaanwater en wind. Die wind moet egter nie te veel verander in spoed  en rigting nie.

Gedurende die aanslag van orkaan IRMA so `n week en `n half gelede in die Karibiese see en Florida en omgewing het ons gereeld gehoor oor hoe orkane gekategoriseer word en natuurlik ook oor hoekom. Wel die een rede is om vir die inwoners van `n sekere  omgewing te waarsku oor hoe ernstig kan of is `n tropiese storm. Kategorie een is die stadigste wat windspoed betref en kategorie 5 die gevaarlikste en ook die vinnigste winde wat daarin voorkom.

Kategorie  1  winde van 120 tot so 153 km / per uu

Katergorie 2  winde van 154 tot 177 km p/uur

Kategorie 3 winde van 178 tot 208

Katergorie 4 winde van 209 tot 251

Kategorie 5  252 k/pu.

Al sou die wind nog hoër spoed bereik dan bly dit `n kategorie 5. Die windspoed van orkane word gemeet deur gebruik te maak van die SAFFIR-SIMPSON orkaanskaal.Hurricane_katrina_damage_gulfport_mississippi.jpg

`n Windspoed van bokant 250 k/m/per uur is baie raar . Gedurende die afgelope week het ek so `n kort bespreking met `n weer wetenskalike een oggend oor die radio gehoor. Hy het gesê dat deur navorssing wat gedoen was is daar bevind dat kategorie 4 en 5 orkane deesdae meer voorkom in die Verenigde state van Amerika as voorheen maar dat daar blykbaar minder orkane wel waargeneem word en voorkom.

Nou-ja ek wonder net watter een is die beter nuus.  Ek glo ons is net baie gelukkig hier in Suid-Afrika aangesien   daar maar baie nou-en dan sulke storms ervaar word. Nog `n baie groot gevaar wat onstaan gedurende orkaan en veral aan die kus of oor eilande in byvoorbeeld die Karibiese see is oorstromings. Asgevolg van die vinnig kolkende winde wat dan ook nog beweeg veroorsaak dit dat water aan die eenkant van die eiland wegvloei maar aan die anderkant van die eiland weer invloei. Hierdie invloeiing kan waterhoogtes van `n paar duim tot soveel as 5 meter tot gevolg hê. Dit is dodelik en oorstroom huise geboue en enige iets waar mense kan skuil. Daarom word mense gewaarsku teen soos dit in Engels bekend staan as die  “STORM SURGE”.

4cFloyd99.jpg

So ten laaste . Ons hoor gedurig van orkaan IRMA en Harvey ens. Hoekom word orkane name gegee. Nogal baie interessant. `n Tropiese storm word `n naam gegee. Die naam word dan aan die orkaan gegee. Tropiese storms en orkane word elke jaar in alfabetiese orde name toegeken wat afkomstig is van `n voor opgestelde lys met name. Daar is egter ses lyste met voorgestelde name wat elke ses jaar om die beurt gebruik word.

Sou die orkaan uiters groot skade en verwoesting  veroorsaak word die naam van die lys verwyder en vervang met `n nuwe naam.  `n Laaste rede hoekom orkane name kry.  Die orkaan kan maklik  gevolg word aangesien daar soos nou die afgelope twee weke daar selfs drie orkane in byna dieselfde omgewing voorgekom het.

Baie interessant die SAFFIR – SIMPSON skaal was saamgestel deur die hoor net hier `n strukturele ingenieur Herbert Saffir in die westelike hemisfeer in 1971 en  `n meteoroloog aan die Nasionale Orkaan sentrum , Robert Simpson.  Ek hoop dit het vir jou  dinge dalk net so `n bietjie meer duidelik gemaak.  Op die stadium is daar 7 sisteme wat kan ontwikkel of alreeds ontwikkeld het tot orkaan status.

Ek wens jou `n aangename week toe en nie te warm hier in die ou Transvaal nie. Van my Johann du Plessis ZS 6 PSS . Mooiloop, hou jou oë oop en wees veilig.

 

ZSMRK Algemene Jaarvergadering 2017

IMG_0003.JPG

MRK se AJV is gehou by Das Gasthaus.

IMG_0022.JPG

IMG_0006.JPG

IMG_0027.JPG

Die volgende toekennings is uitgedeel vir verskeie lede van die klub vir die afgelope jaar se besondere insette by die klub:

RADIO-AMATEUR VAN DIE JAAR TROFEE: Getroue neem van inroepe, 2 keer per week vir twee jaar: Chris van Eden ZS6CVEIMG_0012.JPG

MRK Toring trofee: Jakkalsjagsender, DMR en Echolink herhalers by Vissershoek, Soldeer en SGV aanbiedings, Verskuiwing van mas: Brian Jacobs ZS6YZIMG_0013.JPG

NYLSTROOM TROFEE: Gereeldste op bulletins ingerapporteer: JJ Snyders ZS6JSJ

RETIEF de BRUIN TROFEE: Beste artikel/s vir Teenspanning, Vir sy reeks “Navorsing uit die natuur.”: Kleingert Horn ZS6HRNIMG_0016.JPG

BULLETIN HERLEIDING TROFEE: Herleings gedoen op 20m vir bulletins: Pieter Van Der Walt ZS6BVT

BULLETIN BYDRAES TROFEE: Uitstekende bydraes vir bulletins: Johann du Plessis ZS6PSSIMG_0015.JPG

Emile du Plessis: Altyd op bystand vir sosiale funksies, Kleinfontein reëlings: Kleingert Horn ZS6HRNIMG_0014.JPG

Vuur en vlam Sosiale-trofee: Uitstekende en entoesiatiese reëlings rondom sosiale funksies, Help altyd: Irene Myburgh ZS6IEAIMG_0017.JPG

Dames Trofee: Annatjie FourieIMG_0018.JPG

MRK VERTOONVENSTER TROFEE: Teenspanning, Foto’s: Peter Spickett ZS6SPIMG_0020.JPG

ZS6ACQ Senderjag en BHF UHF trofee: Coba Maree, ZR6CMAIMG_0023.JPG

MEELEWENHEIDSKILD: Besoeke aan siekes, Skandering van Radio ZS en navorsing oor TNT en MRK geskiedenis: Anette Jacobs ZR6D

Digitale trofee: Skenking van DMR herhaler: Johan Lehmann ZS6JPL.

Die nuwe kommitee is ook verkies en verskyn op die hoofblad.

Na die besigheids verigtinge is daar gekuier en ‘n heerlike ete benuttig

IMG_0024.JPGIMG_0025.JPG

IMG_0026.JPG