‘n Bespreking oor SWR & Antenna Metings

Untitled.png Untitled 2.png

Deur Brian ZS 6 YZ

Ons as Radio Amateurs word geleer van SGV of dan SWR in Engels en dit word deur ons gesien as die Alpha en Omega van ‘n antenna en ons strewe blindelings na ‘n SGV van 1:1 of daar naby sonder om eintlik die metings te verstaan.

Die doel van die aanbieding is om u aandag daarop te vestig dat die SGV wat ons meet, moontlik nie is wat ons dink dit is nie.

Kom ons kyk eerstens na wat die doel van ‘n antenna is?Untitled 3.png

Met die hulp van Google kry ons die definisie op Wikipedia https://en.wikipedia.org/wiki/Antenna_(radio)

In radio and electronics, an antenna (plural antennae or antennas), or aerial, is an electrical device which converts electric power into radio waves, and vice versa.

Wat is dan ‘n doeltreffende antenna?

Weereens kry ons die antwoord maklik op die internet http://www.antenna-theory.com/basics/efficiency.php

The efficiency of an antenna is a ratio of the power delivered to the antenna relative to the power radiated from the antenna. A high efficiency antenna has most of the power present at the antenna’s input radiated away. A low efficiency antenna has most of the power absorbed as losses within the antenna, or reflected away due to impedance mismatch.

Wat is SVG of SWR in Engels?

Untitled 4.pngNou ja ons weet almal dat wanneer ons SGV by 1:1 of daar naby gemeet word, dan is die impedansie aanpassing van die antenna naby die impedansie van die radio, wat 50 Ohm is en dat maksimum krag oordrag plaasvind.  Die SGV is ‘n meeting wat vir ons wys hoe goed ons antenna en ons radio aangepas is.

Dit wil dan sê as ons SGV meting naby 1:1 is dan moet die antenna doeltreffend wees en ons is gelukking soos ‘n vark in die modder.

NEE!!!! Hoe weet ons dat die SGV lesing waar is?

Koms ons kyk eers na die twee videos vanaf You Tube

Standing Wave Ratio Explained https://www.youtube.com/watch?v=w1eE13UXAKs

Ham Radio Basics–SWR, How To Measure And Is it Important-A Surprising Answer https://www.youtube.com/watch?v=VcC7j55_xqc

Dit laat ‘n mens nou wonder of jou antenna werklik so goed is soos jy dink.

Kom ons kyk weer na wat die SGV meting beinvloed:Untitled 2.png

  • Antenna Impedansie
    Hoe groter die verskil in impedansie hoe groter die SGV en hoe meer sein word terug weerkaats.
  • Die Koaksiale Kabel Verliese
    Hoe groter die kabel verliese, hoe meer word die sein verswak
    Groot kabel verliese laat die SGV beter lyk as wat dit werklik is

So wat sê die SGV meting van jou antenna?  Nie veel nie, as jy nie verstaan wat jy meet nie.

Met ‘n vrot koaksiale kabel kan my antenna goed lyk maar in werklikheid sit ek maar ‘n baie swak sein in die lug in.

Wat kan ek daar omtrent doen?

  • Gebruik die beste koaksiale en koppelstukke met die minste verliese wat jy kan bekostig.
  • Meet jou antenna se SGV by die antenna en nie by die sender nie.  Die is nie altyd moontlik nie.

Hoe weet ek of my koaksiale kabel binne spesifikasie is of hoe kan jy jou koaksiale kabel nagaan?

  • Gebruik ‘n antenna analiseerder as jy een hetUntitled.png
  • Gebruik jou radio op lae krag,‘n kragmeter en ‘n kunslas
  • Meet die kraguitset vanaf jou radio na die kunslas
  • Meet dan die kraguitset met die koaksiale kabel in lyn
  • Bereken die verlies in dB (10Log(p1/p2))
  • Vergelyk met die spesifikasie vanaf die vervaardiger.

Pasop vir daai tweedehandse kabel wat jy so goedkoop by die vlooimark aankoop!

Advertisements