Ontmoet Jarvis, Mark Zuckerberg se virtuele assistent | Maroela Media

Mark Zuckerberg se plasing op Facebook oor hul nuwe AI-assistent, Jarvis Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, het ʼn lawwe video vrygestel oor ʼn virtuele assistent wat hy persoonlik vir hul gesin gebou het, genaamd Jarvis. Die video wys ʼn paar van die opdragte wat Jarvis teoreties kan uitvoer. Dit blyk ʼn opgradeerde weergawe te wees van Amazon Echo, dié keer met Morgan Freeman se stem. Die stelsel is nog nie volledig funksioneel nie, maar dit is reeds ʼn goeie voorbeeld van hoe ʼn robot-assistent sou kon werk. Mark het Dinsdagaand die video op Facebook gelaai en dit is reeds deur meer as 13 miljoen persone gekyk. ʼn Grappige video wat hy ʼn paar uur later opgelaai het om te wys hoe sy vrou, Priscilla Chan, Jarvis ervaar het, is ook baie gewild en is deur meer as 3,3 miljoen mense gekyk. “My persoonlike uitdaging vir 2016 was om ʼn eenvoudige kunsmatige intelligensie (AI) te bou om my huis te bestuur, net soos Jarvis in Iron Man,” verduidelik Mark in ʼn plasing op Facebook. “My doel

Source: Ontmoet Jarvis, Mark Zuckerberg se virtuele assistent | Maroela Media