Onder die vergrootglas – 20 NOV 2016 BRAILLE – DIE UITVINDER VAN BRAILLE SKRIF VIR BLINDES.

Kommunikasie bly maar `n baie belangrike aspek in ons moderne gemeenskap. Ons weet dat daat eintlik vanaf die vroegste tye op een of ander manier gekommunikeer was tussen mense. Hetsy dit was deurmiddel van dromme , rooksinjale van die Amerikaanse Indiane, `n mikstok met `n brief in, die persoon wat `n baie belangrike boodskap moes dra waaruit uit eindelik die marathon on staan het, of `n burger wie gedurende die Anglo Boereoorlog `n hoogs geheime boodskap te perd aan Generaal De Wet moes gaan aflewer het of deesdae kommunikasie moet bewerkstellig met radioof selfone , kommunikasie bly uiters belangrik. Verskillende mense het verskillende maniere waardeur hulle kan kommunikeer of waardeur informasie aan hulle oorgedra kan word.

Gedurende die afgelope terwyl ek van die een klieënt na die ander in my werksvoertuig ry vang my oog op die sypaadjie `n persoon wat met witkierie wat heen en weer oor die sypaadjie voor hom beweeg om sy weg te vind na miskien sy huis of heelmoontlik na sy werk oppad is.

Soos ons almal weet is diesulke persone blind of dan nou soos hulle ook genoem word gesig gestremd. Hoe gelukkig en geseënd ag ek myself nie op daardie oomblik , Die feit dat ek vinnig van punt A na punt B kan beweeg en presies kan sien wat om my aangaan nie. Ek kyk na die speod meter en sien ek ry teen so 68 kilometer per uur. Weer slaan dit my maar, vrind jy hoef nie jou vingers te gebruik om te lees nie.

Onder die amateurgeledere is daar `n hele aantal van die vriende van ons wat nie die voorregte kan geniet nie, maar “boyo boy” maak geen fout hierdie garde laat geen enkele kans verby gaan om hulleself in ons stokperdjie te laat geld nie. Groot gees, gemoedelik, altyd gretig om te kyk in aanhalingsgtekens na alles wat `n radio is, of hoe werk die herhaler van Maglies radio amateurklub daar bo-op die Magaliesberg , ja noem maar op maar hierdie ouens is ook net sulke groot grapkaste wat hulle is net so ernstig kan hulle ook raak.

Maar hoekom, nou hierdie hele relaas . Wel die rede weereens ons kommunikeer met ons omgewing deurmiddel van ons oë wat baie maklik is en ons blinde vriende moet ander middele inspan om dit te doen.

Dit het my dadelik laat besluit om die radio artikel te wy aan die blinde Fransman Louis Braille.

Maar eerstens my dank aan Christophe MOUSTIER vir die gebruik van `n groot deel van sy artikel oor hoe het Braille ontstaan.

 

Uitvinder van die skrif vir blindes

 

Braille is ’n skrif van verhewe puntjies op papier— die wêreld se beroemdste lees- en skryfhulp vir blindes. Tog het die uitvinder, die blinde Fransman Louis Braille, in sy eie lewe nooit die triomf van sy uitvindsel ervaar nie. Die base van die instituut vir blindes waar hy gewerk het, kon maar net nie aanvaar dat enigiets daarin steek nie. Eers ná sy dood het hulle dit besef…

Louis Braill

 

DIE jong, blonde seuntjie met die blou oë sit op ’n bank in sy pa se werkplek. Hy kyk hoe sy pa, ’n saal en tuiemaker, die laaste afrondingswerk aan ’n tuig doen.

Dan daag ’n klant met sy perd op. Pa Simon-Rene Braille neem die tuig buitentoe.

Klein Louis—’n Fransmannetjie wat saam met sy gesin in Coupvray, naby Parys, woon—staar met groot oë na die gereedskap wat op die bank lê. Hy is skaars drie jaar oud, maar hy weet presies wátter werktuig wáárvoor gebruik word. Sy pa het hom keer op keer streng belet om aan die gereedskap te vat, maar een skerp werktuig, wat ’n els genoem word, is vir hom eenvoudig onweerstaanbaar.

Hy tel dit op en probeer daarmee ’n gaatjie in ’n strook leer druk. Maar die leer is te taai vir sy klein handjies. Die els gly. Dit deurboor die kind se linkeroog.

Louis Braille gil van die pyn. Sy gesin storm die werkwinkel binne, maar daar is uiters min wat hulle kan doen, want in hierdie tyd en dae—die jaar 1812—is daar nog nie so iets soos antiseptiese middels en antibiotika nie. Op die koop toe wantrou Simon-Rene gewone dokters, en hy neem dus die kind na die plaaslike bossiedokter sodat sy oog uitgewas kan word.

Maar die oog raak ontsteek. Mettertyd versprei die infeksie ook na die regteroog. Teen die tyd dat Louis Braille vyf is, is hy heeltemal blind.

Die seuntjie se hele wêreldjie is onderstebo. En benewens die tragedie dat hy nou voel-voel en al luisterende moet probeer om sy pad te vind, is die omstandighede in Europa van so ’n aard dat dit sy ewige nag selfs eensamer maak.

In 1812 het Napoleon I Rusland binnegeval en toe die aftog geblaas. Aangemoedig deur die feit dat hul vyand moes terugval, val die Russiese troepe op hul beurt Frankryk binne en beset Coupvray in 1814. Die inwoners van die dorpie moet noodgedwonge hul gevangenemers kos en huisvesting gee.

Dit word ’n verbysterende ervaring vir klein Louis, wat die ruwe soldate nie kan sien of verstaan nie. Vir hulle is die kind niks meer as ’n blinde vertraagde nie, en hulle stoot hom rond en spot met hom, sodat hy vervaard in sy dop kruip.

Normaalweg sou ’n kind soos Louis se lewe in sy tyd maar droewig verloop het. Dog die liefdevolle en onderskragende Braille-gesin probeer gereeld die seuntjie se verstand stimuleer. Daar word vertel dat Louis se pa figuurtjies uit leer gesny het wat hy dan moes uitken deur daaraan te raak. Die pa het glo ook die kind se naam op ’n houtbord vasgespyker sodat hy die letters kon voel.

In 1815 besoek ’n priester die gesin en kom agter dat Louis hoogs intelligent is. Hy bied aan om vir hom skool te hou. Met behulp van ’n kierie leer die seun gou hoe om self na die priester se huis te loop, waar hy as leerling groot belofte toon.

In die volgende jaar kry Coupvray sy eie skool. Gestremde kinders is wel nie destyds in gewone skole toegelaat nie, maar die priester oorreed tog die skoolhoof om ’n uitsondering te maak. Louis, bekend en gewild by die ander kinders van Coupvray, is in sy element.

Hoewel hy nie kan lees nie en slegs moet onthou wat hy hoor, is sy geheue so uitsonderlik dat hy gewoonlik eerste in sy klas eindig.

Teen die einde van 1818 oorreed die priester en skoolhoof vir Simon-Rene om Louis na die Nasionale Instituut vir Blinde Jeugdiges te stuur. Vroeg in 1819, op slegs tienjarige leeftyd, vat Louis dus die pad Parys toe.

Die instituut is in die laat 1700’s deur Valentin Hauy gestig, wat ’n stelsel uitgevind het om blindes met behulp van groot reliëfletters in hout te laat lees en skryf.

Dié soort lesery—een letter per keer—is uiters tydrowend, want teen die tyd dat die leerlinge aan die einde van ’n sin kom, vergeet hulle gereeld hoe die sin begin het. Gevolglik word die leerlinge by die instituut meestal mondelings onderrig.

Louis is ’n goeie leerling. Hy blink uit in wiskunde, wetenskap, grammatika en opstelle, en hy raak ook heel vaardig met die klavier, orrel en viool.

Nie lank nadat Louis by die instituut begin studeer nie, kom ’n Franse artillerie-offisier genaamd Charles Barbier vorendag met die sogenaamde ”nagskrif”, waarvolgens hy snags vir soldate boodskappe kan stuur. Volgens sy stelsel word verskillende kombinasies van tot twaalf kolletjies en strepies in karton gesteek om die verskillende letters van die alfabet voor te stel.

Louis dink hard oor die stelsel. Hy besef dat dit groot potensiaal het, al is dit ingewikkeld. In die jare daama eksperimenteer hy gedurig in sy vrye tyd met verskillende permutasies.

untitled1Teen 1824 het hy die nou beroemde braille-stelsel ontwerp gehad. Hiervolgens word elke letter van die alfabet voorgestel deur ’n eie kombinasie van klein verhewe puntjies op papier en ander stowwe. Só kan ’n blinde persoon dan lees deur te voel. Elke kombinasie van puntjies is gerangskik in ’n regop reghoek met ses moontlike puntposisies. Dit word ’n braille-sel genoem.

Van die 63 moontlike kombinasies is sekeres ook aan woorde met ’n hoë gebruiksfrekwensie toegeken (bv. “en” en “maar”), asook aan letterkombinasies wat sekere spesifieke klanke voorstel. Louis het ook aan ’n stelsel vir wiskunde en musiek gewerk.

In 1828 word Louis ’n dosent by die instituut, en die volgende jaar publiseer hy sy alfabet. Hoewel die leerlinge en ander leerkragte by die instituut met lof van sy stelsel praat, weier die owerheid (wat uit mense bestaan wat self nie blind is nie) om dit te aanvaar en volhard hulle met lomp stelsels soos dié van Hauy.

Wat meer sê, hulle is so gekant teen iets wat deur ’n blinde uitgevind is dat hulle die gebruik daarvan in die skool verbied en in 1840 selfs die hoof in die pad steek toe hulle agterkom dat hy verskeie studieboeke in braille in sy besit het.

Louis is verpletter; hy weet immers hoe nuttig sy alfabet  is.

Reeds in 1826 word Louis siek weens tuberkulose—ongetwyfeld weens die koue, klam mure van die instituut—en hy raak ál sieker namate die jare aanstap.

In 1851, toe dit duidelik raak dat hy nie meer lank kan lewe nie, vra sekere kollegas die Franse regering in ’n versoekskrif om die braille-stelsel amptelik te erken. Hulle vra ook dat Louis met die Legioen van Eer vereer word vir dit wat hy vir die blindes gedoen het.

Die Franse regering ignoreer die petisie. Louis sterf vroeg Januarie die volgende jaar. In Junie 1852, ses maande ná sy dood, word uiteindelik toestemming gegee dat sy stelsel in die instituut gebruik mag word.

Buite die instituut bly Braille se uitvindsel agttien jaar lank onbekend, totdat ’n blinde Engelse dokter, ene dr. Armitage, daarvan te hore kom en ’n uitgewery in Londen in die lewe roep om boeke in braille te druk.

Brailleskrif wen gou veld. Vandag word dit in lande oor die hele wêreld heen gebruik.

BLINDES kon aanvanklik slegs braille lees, maar ’n metode is later ontwikkel om hulle ook braille te laat skryf. Daarvoor word ’n toestel gebruik bestaande uit twee metaalplate wat met ’n skarnier verbind is sodat ’n vel papier daartussen geplaas kan word.

Die boonste van die twee metaalplate, die gidsplaat, het venstertjies so groot soos die braille-selle. Onder elkeen van dié, in die onderste plaat, is ses klein gaatjies in die braille-patroon. ’n Stif word gebruik om die papier teen die gaatjies te druk en sodoende die verhewe puntjies te vorm.

lemand wat braille skryf, skryf van regs na links. Wanneer die vel papier omgedraai word, wys die puntjies boontoe en word dit van links na regs gelees.

Hierdie manier van skryf het later tot die uitvinding van tikmasjiene vir blindes gelei. Vandag kan braille in rekenaars ingetik en deur braille-drukkers uitgedruk word.

 

……………maar voordat ek afsluit …..As jy dalk uitgelaat is , dit is nie met opset nie, ek weet net nie van jou nie maar ek dink maar aan Ernst ZS6EFG. Kallie ZS6KCS , Dian ZS6DI , Daan ZAS6BTM en ek weet dat Jean ZS6ARA ook bitter moeilik of byna niks kan sien nie en nog vele ander mede amateurs. Namens die Radio-amateurgemeenskap van Suid-Afrika , dankie vir julle leeueaandeel wat julle in amateurradio belê. Ons eer julle.

Van my Johann ZS6PSS wens ek jou en jou familie goeie gesondheid toe, mooiloop, hou jou oë oop witstok op die pad en wees veilig.

Untitled2.png
Die woord premier (wat eerste beteken in Frans) word hier in brailleskrif uitgespel.

 

Foto: Kopiereg © Christophe MOUSTIER,
wat vrye gebruik vir enige doel, ook kommersiële gebruik, vergun, mits die kopiereghouer  behoorlik erken word

Advertisements

Onder die Vergrootglas 14 NOV. 2016 – Gletsers smelt teen verbysterende spoed in Antartika

Uitgesaai 14 November 2016

Goeiemore Dawie en goeiemore aan elkeen wie vanoggend by ONDER DIE VERGROOTGLAS ingeskakel is. As jy gedink het die somer het toe mos skielik met `n gedawer toegeslaan het ons dit toe alle so `n bietjie aan die stert beetgehad. Soos ons nou al weet het die skielikke somerhitte omgeswaai heelwat koeler weer asook dat dit gelei het tot `n paar goeie reenbuie so `n paar weke gelede. Maar gepraat van goeie reënbuie `n paar dae gelede , om meer presies te wees, die afgelope Maandag 7 November het die weer hier in die ooste van Pretoria daar by Silver Lakes se kant sommer groot kapperjolle uit gehaal toe daar `n 110 mm. reën binne `n uur uitgesak het, word Johannesburg en omstreke ook geteister deur die snaakse weerpatrone.

Ek sê net weer dit was `n 110 mm. reën binne een uur. ……………..en dit lyk darem vir my of daar `n klein verandering besig is om dalk hier en daar in die land besig is om plaas te vind. Te midde van nog uiterse droeë toestande in die land het `n weerkundige ook die afgelope week gesê dat dit al hoe moeiliker raak om weervoorspellings te doen asgevolg van die onstabiele toestande wat deesdae voorkom.

Maar tog het die reen van die afgelope paar dae welkome verligting gebring vir mens en dier . Ons sou maar net kan hoop en bid dat dit ook goed sal reë in die groot damme se opvangs areas.

Net soos die hitte en uiters warm toestande ook `n groot uitwerking het op die landelike dele van die wêreld waar verbouing van kos vir die mens hier op aarde moet plaasvind net so `n groot uitwerking het die hitte op gletsers in die Noord en Suid-pole. Die Suidpool is natuurlik ook beter bekend as Antartika. Ek weet jy weet dit al maar kom ons kyk tog net vir interessantheid wat is `n gletser en hoe onstaan hierdie gletsers.

Daar is twee tiepes plekke op aarde waar gletsers ontwikkel en vorm. Dit is dan ook op plekke waar dit werklik baie koud word en is die Noord -en Suidpool. Dit vorm op plekke waar dit baie hoog is soos teen baie grootn bergreekse. `n Gletser is basies `n versameling van sneeu wat vir meer as een jaar gevries kan bly. Gedurende die eerste jaar staan die hoop sneeu bekend as `n “Nêvê “. Sodra die sneeu dan vir langer as `n een winter kom ons noem dit maar oorleef word dit `n “FIRN” genoem . Soos wat die sneeu jaar na jaar dan vermeerder sal die sneeu wat bo-op lê die sneeu ondertoe al hoe meer saampers. Soos wat sneeu saamgepers word verander dan later in ys. Die samepersing van die geltser duur vir honderde en selfs duisend jare. Meer en meer lae word bygevoeg met verskillende sneeustorms en so word drukking van gewig van bo al hoer meer. Die samepersin g van die ys word al hoe hoër wat tot gevolg het dat alle lug uit die ys uitgedruk word. Hierdie verhoogde drukking is dit wat veroorsaak dat gletsers `n onbeskryflike en pragtige blou kleur kry.   Uiteindelik begin die gletser so swaar word wat veroorsaak dat hy begin beweeg. Daar is twee maniere waarop `n gletser begin beweeg nadat die gewig te veel geword het. Die eerste is “SPREIDING ” en die tweede is ” BASALGLY “. Meeste gletsers beweeg asgevolg cvan `n mengsel van beide maniere. SPREIDING onstaan wanneer die gletser se gewig te veel word om homself te stut of te rem. Die gletser begin om uit te sprei of of te loop soos koekdeeg in   die bakoond. BASALGLIP onstaan wanneer die gletser teen `n helling lê. Asgevolg van druk begin `n klein stukkie van die gletser op die bodem van die gletser smelt wat `n dun lagie water veroorsaak. Die lagie water is dit wat veroorsaak dat die gletser begin beweeg aangesien daar nie meer     FRICTION is nie. Los grond en klippe onder `n gletser kan ook veroorsaak dat `n gletser kan begin beweeg teen `n afdraande af. Dit staan dus bekend as BASALGLY. Wanneer `n gletser dus begin gly is dit asof dit `n soliede blok ys is wat gly nie maar wel `n rivier van ys wat vloei. Hou ook in   gedagte dat die onderste deel van die gletser baie hard is naar dat die boonste deel baie bros is watb dit uiters gevaarlik maak om op te loop aangesien krevasse of massiewe groot skeure net onder die oppervlakte van die ys voorkom wat deurentyd deur vars sneeu bedek word.

Nou hoekom nou die verduideliking van hoe en waar gletsers vorm. Want ons weet mos gletser en die vorm van die pole is voortdurend besig om te verander op veral die kuslyne. Wel, eintlik doodeenvoudig maar ook nie so eenvoudig nie. Was dit nie vir navorsing van NASA nie, sou ons baie minder van gletsers geweet het.

Dit het nou meer as ooit aan die lig gekom dat navorsing deur NASA, drie gletsers wat naby aanmekaar op Wes- Antartika lê intense smelting aan hulle onderkante (dis nou op die rotsdele) ondervind en dus vinniger van hulle rotsremme begin losraak en afgly.

Die vinnigste gletser van die drie is die SMITH gletser  …

Smith Glacier College Fjord
Smith Gletser

wat ses maal vinniger smelt as teen vorige metings en wat `n kommerwekkende byna ses meter elke jaar nou wegsmelt. Die ander twee POPE en KOHLER gletsers beweeg en smelt stadiger glo asgevolg van die vorm van rotse waar hulle voorkom.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA
Pope gletser

Die   SMITH, POPE en KOHLER vloei aldrie by die DOTSON en CROSSON ysbanke in die AMUDSEN see baai in.

kolr-1024x682
Kohler gletser

Nuwe navorsing deur NASA en die Universiteit van Californië onder leiding van Bernd Scheuchl en deur gebruik te maak van radar peilings is daar gevind dat die drie gletsers ook ongeveer 2 kilometer in 2011 korter begin word het.

Ali KAHZENDAR en sy span by die Jet Propulsion Laboratory in Pasadea Californië het na toetse met radar in 2002 tot 2014 gevind van die gletsers nou al teen 12 meter per jaar wegsmelt. Die vinnigste smeltende gletser , die SMITH gletser het gedurende 2009 alreeds tussen 300 en 490 meter in dikte en 70 meters in lengte, of sal `n mens sê dat dit korter word. Kahzendar en sy span gebruik twee “ICE BRIDGE” instrumente om al die metings en navorsing te doen. Hy sê dat as hy net een apparaat gebruik het sou hy gedink het dat hy dalk net foute met die metings gemaak het, Maar beide die instrumente het dieselfde lesings gegee.

Kahzendra skryf die vinnig wegsmelting van die SMITH gletser toe aan die feit dat warmer seewater onder die gletsser invloei en sodoende daarmee help dat die ys baie vinnig smelt. Meer dele van die gletser begin ook dunner word en veroorsaak dat die gletser begin dryf. Baie gletsers in die area   van ANTARTIKA is op `n rotsbed   wat dan ook nou weer keer dat die ys van die gletser heeltemal te ver terug smelt.

NASA is voortdurend besig om informasie in te samel deur middel van satelliete, vliegtuie , opo land en ter see om om dit vir die mens te probeer moon tlik maak om te verstaan hoe ons planeet die aarde werk.

Dit is uiters belangrik vir die mens om te probeer, ja luister mooi om te probeer voorkom dat gletsers teen `n asemrowende spoed smelt. Dit het ook al uit heelwat ander navorsing duidelik geword dat die mens uit en uit verantwoordelik is vir aardverwarming en ook deesdae uiterse weersomstandighede. Sou daaar binnekort nie meer pole wees nie gaan dit astronomiese probleme vir die mens hier op aarde veroorsaak.

So het ons dan ook nou weereens aan die einde gekom van die aflewering en kan maar net hoop dat die mens sal wakker skrik voordat dit heeltemal te laat is.

Van my Johann ZS6PSS groet ek jou en wens jou en jou familie gletsers toe wat in groote sommer by die sekonde groter word. Mooiloop , hou jou oë oop en wees veilig. !