Klasie en Oom Fanie

Deur Pieter ZS6BVT

Oom Fanie en sy twee seuns, Hik en Pik sit op die stoep en kyk oor die plaaswerf waar daar nou net ʼn lekker bui reën geval het. Die bokke en skape hardloop orals rond op die werf uit pure opgewondenheid, die eende en ganse is bruin van die modder soos hulle in die poele modderwater gespeel het. Die damp wat stadig uit die grond opstyg laat die plaaswerf baie spookagtig lyk . Hik het sy bynaam gekry toe hy oom Fanie se sakoorlosie per ongeluk ingesluk het, hy het so aan die hik gegaan totdat die sakoorlosie met ʼn boog uit sy keel uitgeskiet het. Pik het weer sy bynaam gekry toe hy die aar in die droë boorgat met die 303 wou oop skiet, die geweer het in die boorgat afgeval toe hy die skoot aftrek. Hy moes toe die boorgat oop pik om die geweer uit te haal.

Oom Fanie hoor Klasie se motorfiets en sien hoe hy in die modder aangery kom. Hy maak sy motorfiets staan, groet en gaan sit tussen Hik en Pik. Klasie se dat hulle net so goeie reën gehad het en dat die hele kontrei lekker nat is. Hoe gaan dit oom, vra Klasie. Oom Fanie neem ʼn sluk koffie, maak sy keel skoon wat ʼn teken is dat oom Fanie baie op die hart het. Jy weet Klasie, se oom Fanie, dit is verskriklik dat die universiteit nou gesluit is omdat ʼn paar studente wat weet dat hulle nie die jaar gaan slaag nie nou die hele sisteem deurmekaar gooi. Hulle wil nou hê dat hulle studiegeld vir die jaar afgeskryf moet word omdat hulle weet dat hulle dit nie gaan maak nie. Hier sit my twee kinders nou op die plaas, hulle studies is betaal deur ʼn lening wat ek moes aangaan maar hulle kan nie die jaar klaarmaak nie omdat ʼn paar studente gratis onderrig wil hê. Daar word met die opstokers gespeel, daar is baie meer effektiewe metodes om hulle maniere te leer. Nee wat alles is deurmekaar, hier word ons minister van finansies nou sommer aangekla vir bedrog, een of ander oosterse familie beheer die regering en die rapport wat juis oor hierdie familie geskryf is mag nie gelees word nie. Ek is so keelvol vir die toe smeerdery en hoop daar gebeur iets wat alles oopvlek sodat ons die koruptes kan wegjaag en oor begin. Ek glo nie ons sal ooit weet wat die koruptes alles aangevang het nie. Van die springbokke wil ek nie eers praat nie, hoekom word die nuwe afrigter nou ook nie gedreig met die dood soos wat met vorige een gemaak was nie. Klasie sien dat oom Fanie besig is om homself in ʼn depressie in te praat en besluit om die onderwerp te verander. Hoe gaan dit met die radio’s vra Klasie. Oom Fanie se dat dit maar sukkel sukkel gaan met die voortplanting wat so sleg is.

Jy weet Klasie, ons en die Duitsers het posduiwe in die oorlog gebruik om boodskappe te stuur wanneer ons nie met die radio’s kon kommunikeer nie. Ons het gereeld van ons duiwe in die Duitsers se hokke gesit sodat die boodskap wat hulle stuur by ons afgelewer te word. Die Duitsers het dit nooit agtergekom nie. Ou Rommel het gedink hy is slim maar ons was baie meer uitgeslape as wat hy gedink het. Ek dink byvoorbeeld aan die keer toe Rommel hy persoonlik vir ons vertel het hoe swaar ons gaan kry indien ons nie dadelik oorgee nie. Ek het so na hierdie uitsendings gesit en luister toe ek besef dat ons hierdie uitsendings van die Duitsers net so teen hulle kan gebruik. Ek het dadelik aan die werk gespring, met ʼn klomp onderdele van vliegtuie, tenks, wasmasjiene, en ʼn paar potte en panne sit ek toe ʼn masjien aanmekaar wat Rommel se uitsending so verander dat dit klink of hy met sy eie weermag praat. Na maande se bou en toets was die omsetter gereed.

1

Al wat ons nou moes doen is om die gedoente naby genoeg aan die Duitse linies te kry. Ons grou toe maar ʼn tonnel wat weke geneem het tot onder die Duitsers se kamp. Toe Rommel die aand weer met sy uitsending begin skakel ons die spraakomsetter aan, dadelik kom Rommel se stem helder soos FM oor die Duitsers se luidsprekers. Met ʼn paar ekstra potte en panne het ons dit toe reggekry dat Rommel aan sy troepe ʼn bevel gee om oor te gee aangesien die oorlog verby is. Klasie ek wens jy kon sien hoe het dit gelyk toe die Duitse magte sonder hul wapens op die sand aangestap kom.

Ons moes baie vinnig ʼn groot genoeg kamp bou om die Duitse weermag in toe te sluit. Hulle was net te veel om op te pas, ons het toe maar ʼn Spitfire in die lug gesit om toe te sien dat niemand weghardloop nie. Toe die2 Duitsers hoor wat aan die gang is was dit te laat. Rommel het met ʼn motorfiets gevlug en is dae later gekry waar hy onder ʼn palmboom selfmoord gepleeg het. Hitler het blykbaar sy duurste uniform so bemors dat hy dit moes weggooi toe hy die nuus hoor. Die nuus het baie vinnig versprei dat ek die Duitse weermag tot oorgawe gedwing het, Winston Churchill het spesiaal na die Noordelike front toe gevlieg om saam met Montgomery, Jannie Smuts en Eisenhower my te bedank.

3Dit was ʼn spoggerige geleentheid, almal wat iets is in die oorlog is was daar, dit was die aand toe ek vir Stalin vir die eerste keer ontmoet het. Jannie Smuts het vir my een van sy uniforms geleen waarop ek die enigste braafste uit die brawes medalje kon aan hang. Dit was die enigste medalje van sy soort in die oorlog wat ooit toegeken was. Hulle wou my op permanente verlof sit as dankbaarheid vir wat ek gedoen het maar ek het geweier en gesê ek gaan verder veg vir volk en vaderland.

Klasie staan knyp knyp op, groet, spring op sy motorfiets en vlug van die stoep af weg sodat oom Fanie nie kan sien hoe hy lag nie. Hik en Pik se monde hang oop oor hul pa se bravade gedurende die oorlog. Oom Fanie kyk vir Klasie agterna met ʼn lekker groot glimlag op sy mond.

Tot volgende keer

Pieter bvt

Advertisements

Soldeer kursus – klubbyeenkoms 15 Oktober 2016

Na die gewonde klub afkondigings by die laaste klubyeenkoms op 15 Oktober is die stoele gou weggepak en tafels uitgeskuif vir ’n praktiese soldeerkursus aangebied deur Brian Jacobs ZS6YZ.

soldder1
Gereedmaak vir die soldeer sessie

Die kragdrade is uitgerol en almal het gou hul soldeerboute uitgehaal.  Brian het eers gou bietjie verduidelings gegee van hoe dit werk en toe klein draaitjies uitgedeel om vas te soldeer – party van ons het maar gesukkel en ander het weer gou reggekom om die twee draatjies aan mekaar vas te soldeer.  Toe is daar ‘n kapasitor en bordjies uitgedeel om te oefen hoe om die twee bymkaar te bring sonder droee kontakte.

Almal het die oefening terdee genied en ‘n paar nuttige wenke opgetel om hulle soldeer werk te verbeter / vergemaklik.

14691293_10154474527257850_9155930689772620841_o.jpg
Die dames het goed reggekom

 

 

Ons dank weereens aan Brian vir sy moeite en vir die verskaffing van die items wat gebruik is. Ten minste weet ek nou daai sponsie ding moet nat wees voordat ek die soldeerbout se punt daaraan afvee.

 

Na die kort leer sessie is daar soos oudergewoonte koffie en versnapperings genied deur die lede teenwoordig.

ZS6SP de Peter

Jaarafsluiting 17 September 2016

img_1268
Die klub se AJV en afsluiting is gehou te Roodeplaatdam. Na die vergadering het almal teenwoordig ’n heerlik braai genuttig. Tydens die vergadering is die volgende toekennings oorhandig aan verskeie lede:

TROFEE NAAM ROEPSEIN
RADIO-AMATEUR VAN DIE JAAR TROFEE

·      Herstel van TKR750 radio

·      Koppeling van 2m en 70cm radio’s

·      Koppelvlakke vir 70cm radio’s

·      Jakkalsjagsender

·      Tait herhalerradios

·      Hulp aan Hans van den groenendaal se stelsel

·      RAE aanbiedings

Brian Jacobs ZS6YZ
MRK Toring trofee Thys Maree ZS6MJM
NYLSTROOM TROFEE

·      Gereeldste op bulletins ingerapporteer

Johan Cilliers ZS6AC
RETIEF de BRUIN TROFEE

·      Beste artikel/s vir Teenspanning

Pieter van der Walt ZS6BVT
BULLETIN HERLEIDING TROFEE

·      Herleings gedoen op 20m vir bulletins

Pieter Van Der Walt ZS6BVT
BULLETIN BYDRAES TROFEE

·      Uitstekende beydrae vir bulletins

Bosman Olivier ZS6WBO
Emile du Plessis

·      Volgehoue ondersteuning van herhalerinstandhoudings en manier waarop finansiële state gedoen word.

Pieter Myburgh ZS6PAM
Vuur en vlam Sosiale-trofee

·      Uitstekende en entoesiatiese reëlings rondom sosiale funksies

Irene Myburgh ZS6IEA
MRK VERTOONVENSTER TROFEE

·      Uitsonderlike bydrae vir “onder die vergrootglas”

·      Onderhoude met dr. Japie van Zyl van die jet Propulsion Laboratory

Johann du Plessis ZS6PSS
OPLEIDING TROFEE

·      Entoesiatiese aanbieding van regulasies vir die RAE

Louw Erasmus ZS6LME
MEELEWENHEIDSKILD

·      Besoeke aan siekes

·      Skandering van ou Teenspannings

Anette Jacobs ZR6D

img_0011

 

VERDIESTELIKHEID SERTIFIKATE

Kleinfontein mas Pieter Human ZS6PA
Kleinfontein Sam van Zyl ZS6JZ
Weerbydrae Nico du Toit ZS6OI
Weerbydrae Kobus Botha ZS6KOB
Facebook, Ronald Verweerdt, ZS6RVC Peter Spickett ZS6SP
Vlooimarkverkopings Gert Coetzee ZS6GJC
Vlooimarkverkopings Johan Keulder ZS6CAQ
RAE John Longland ZS6AA
Herstel van yskas Pieter Fourie ZS6CN
Skenking van yskas Pieter & Irene Myburgh ZS6PAM

ZS6IEA

Skenking van Mas André Ferreira ZS6ANF
Hulp met sosiale reëlings in afwesigheid van Sosiale komiteelede. Kleingert Horn ZS6HRN
Bulletin Koordineerder Chris van Eeden ZS6CVE
RAE aanbieding – Regulasies Louw Erasmus ZS6LME
RAE aanbiedings – Tegnies John Longland ZS6AA

Die nuwe komitee vir die 2016/2017 jaar is ook verkies. Sien die lys op die tuisblad. Daar is ook besluit om die ledegelde te verhoog na R150 per lid en R180 per gesin met meer as een radioamateur in die gesin.

ajv

 

Algemene Jaarvergadering

Voorsitter verslag.

Ons kredo vir die klub is:

“Kom ons geniet ons stokperdjie. Ons vergaderings bied die geleentheid om idees uit te ruil.  Kompetisies help om jou toerusting en spraakvaardighede op ’n prettige manier te toets en te verbeter. Ons bulletins help om seker te maak dat ons op hoogte is van die nuus maar terselfdertyd ook dat ons toerusting in ’n werkende toestand is vir die dag as dit dalk benodig word in ’n rampsituasie. Die leunstoel-amateur het die webwerf en Teenspanning om hom of haar besig te hou. En natuurlik: ons RAE klasse is daar om nuwe amateurs aan boord te kry.”

thysajv

 

1.Lief en leed:

  • Pieter ZS6LC, ‘n ou en gewaarder erelid van ons klub is onlangs oorlede na ‘n lang stryd teen sy siekte.
  • Albert, ZS6VON, se gesondheid was nie wel nie en hy het ‘n paar keer ‘n draai in die hospitaal gemaak.

 

  1. Bedrywighede. Die byeenkomste is gereeld gehou. Daar is gepoog om verskeie onderwerpe, van beginner tot meer gevorderd te behandel .

 

  • 24 Oktober CQWW kompetisie ongelukkig op kort kennis afgestel weens persoonlike omstandighede van lede.
  • 19 – 22 November Werknaweek te Kleinfontein. Vrydag 20 November. Vroegoggend word met die werk begin. Deur die dag het heelwat mense aangesluit . ‘n Gat vir die 7m paal is gegrawe en met beton gevul. ‘n Basis vir die mas is gegrawe en met beton gevul. Kampers braai Vrydagaand. Saterdag 21 November. Begin weer vroegoggend werk.
  • Doen kraginstallasies
  • Monteer ruite
  • Monteer tafel
  • Trek die mas op en koppel aan die struktuur
  • Trek die paal op.
  • 17:00 Braaivleis. Jaareind ete.
  • Sondag 22 November: Kleinfontein word as basis gebruik om bulletin uit te saai.
  • 16 Januarie Digitale Mobiele Radio’s (DMR). Ronald Verweerdt (ZS6RVC)
  • 20 Februarie Kleinfontein werksdag. HF-, 6m, VHF en UHF antennas is geïnstalleer.
  • 19 Maart Baluns: Hoekom is dit nodig. Waar en wanneer. Soorte.
  • 16 April Werksdag: Maak klubhuis skoon
  • 21 Mei ZS6HON. Onderwerp: JT65 op HF?
  • 18 Junie Johan, ZS6AC gesels oor sy mas. HF voortplanting
  • 16 Julie Louis de Wet.Water en gifstowwe
  • 20 Augustus Mini-jakkalsjag (ZS6YZ)
  • 17 September Jaar afsluiting
  1. Bulletins: MRK se bulletins is en bly van hoë gehalte. Baie luisteraars oor die hele land word getrek. Onder die bekwame leiding van Chris, ZS6CVE het ons die voorreg om elke Sondag en Woensdag na ons bulletins te kan luister. My dank aan elkeen wat help met die opstel, lees en die herleidings van die bulletins nl. Chris, ZS6CVE, Anette, ZR6D, Chris, ZS6FCS en Pieter, ZS6BVT John, ZS6AA, Brian, ZS6YZ, en Pieter, ZS6BVT. Nico, ZS6OI, se weerverslae, Johann, ZS6PSS se onder die vergrootglas en Bosman, ZS6WBO se astronomie bydraes maak dat die bulletin baie interressant is – ook vir nie-klublede.
  1. Teenspanning: Pieter, ZS6BVT, het die afgelope 3 jaar hom uitstekend gekwyt as redakteur van die Teenspanning. Ongelukkig is Pieter gedwing om a.g.v. werksomstandighede die tuig nou neer te lê. Pieter, ek is seker die meeste mense het heel eerste na jou bydraes van Kareltjie en Klasie en oom Fanie geblaai as hul die Teenspanning oopgemaak het. Ons vertrou regtig dat jy steeds hierdie talent van jou sal beoefen.
  1. Bakkiesblad of te wel Facebook is ons baie aktiewe blad wat ‘n belangrike kommuniksasiemedium vir ons klub is. Baie dankie Peter, ZS6SP, as redakteur en elkeen wat dit gebruik.
  1. Prakties. Ons het in die jaar heelwat praktiese dinge gedoen nl.
    1. Ons het Kleinfontein ingerig as ‘n basisstasie vir ons klub maar ook vir enige lid wat nie die fasiliteite by die huis het nie.
    2. Ons het die klubhuis skoongemaak en
    3. Ons het ‘n mini-jakkalsjag gehou.

Nou lê nog die uitverf van die klubhuis voor.

  1.  RAE Klasse: MRK het sy merk gemaak as die klub wat gereeld klasse aanbied om nuwe lede te help om amateurs te word. Die Afrikaanse vertaling van die RAE handleiding is baie gewild, maar met die nuwe Engelse handleiding sal ons weer aan die vertaling daarvan moet aandag Ons klub se radio-assessering begin nou al bekend word en trek navrae van onverwagte gebiede in ons land. Ons dank aan Brian, ZS6YZ, vir sy leeue aandeel in die aanbied van die klasse, Chris, ZS6FCS, as die hoofeksaminator vir ons eksamensentrum is. Louw, ZS6LME vir sy onoortreflike aanbieding van die regulasies. John, ZS6AA, het ook ‘n groot gedeelte van die tegniese aanbieding gedoen en dit maak die las vir almal ligter as daar meer aanbieders is.
  1. Herhalers: Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om Johan Lehman, ZS6JPL en vir Sentech te bedank vir die voorreg om hul persele te mag gebruik vir ons herhalers. Dit word opreg waardeer. Aan Sentech se kant is daar woelinge rondom die gebruik van Sentech se fasiliteite. Ons is nie seker wat die uiteinde daarvan sal wees nie, en dit kan wees dat ons in die toekoms sal moet betaal vir die voorreg.
  1. Webwerf: Die webwerf help om inligting aan al ons lede te versprei . Vir diegene wat besig is met hul RAE is ons webwerf ‘n waardevolle bron van inligting.
  1. Ou Toerusting. Gert, ZS6GJC en Johan, ZS6CAQ het baie gehelp om (weereens) ou toerusting op die vlooimark te verkoop met ons aksie om die klubhuis op te ruim. In die proses is ons fondse ook heelwat aangevul.
  1. Ledetal en finansies: Ons het ‘n hele aantal nuwe lede ontvang deur die jaar en ons is baie dankbaar daarvoor. Vir 2015/16 staan ons ledetal op 37 met 4 ekstra lede wat reeds aangesluit het vir 2016/7
  1. Lidmaatskapfooie. Gesien in die lig van die finansiële verslag wat voorgelê is, wil ek voorstel dat ons lidmaatskapfooie onveranderd gelaat word vir die jaar wat kom.
  1. Bedanking. Ten slotte wil ek vir een en elk bedank vir die jaar wat verby is; vir die ondersteuning wat ek, as voorsitter, gekry het en vir die gees van hartlikheid wat daar heers in die klub. Dit was vir my ’n voorreg om hierdie jaar te kon dien op die komitee.

Dankie.

Thys Maree

ZS6MJM

2016-09-17