Klasie en Oom Fanie

Pieter zs6bvt

Dit is Saterdag oggend , oom Fanie sit op die stoep en kyk hoe sy diere in vrede wei. Hy sien dat die hoop voer wat Klasie vir hom gereël het al halfpad opgevreet is. Die berekening wat hy vinnig in sy kop doen se vir hom dat die voer maklik sal hou tot die veld weer herstel het.

Hy slurp rustig aan sy koffie wat nou al ʼn bietjie koud geword het en wonder wat van ons pragtige land gaan word. Die gebrom van Klasie se motorfiets laat hom omkyk in die rigting van die grootpad net om te sien hoe Klasie by die plaaspad indraai. Die honde het ook vir Klasie gehoor en hardloop al blaffende in die pad af om vir Klasie te gaan ontmoet. Klasie ry stadig nader en maak soos oudergewoonte sy motorfiets staan langs die stoep terwyl die honde aan hom ruik en welkom heet.

Klasie groet en maak hom langs oom Fanie tuis sodat hy ook op die werf kan uitkyk netsoos oom Fanie. Oom Fanie laat nie op hom wag nie en begin sommer dadelik gal braak oor alles en nog wat. Jy weet Klasie, sê oom Fanie, die politiek is nou so deurmekaar dat ek nie meer weet vir wie om te stem nie, maar moet asb. nie dink dat ek nie gaan stem nie, ek moet nog net besluit vir wie. Kan jy nou glo dat die man op so ʼn belaglike manier om verskoning vra dat hy nou ons geld gebruik het vir ʼn swembad en ʼn hoenderhok. hoender.jpegDit is mos nou twak, in sy posisie moet dit glad nie gebeur nie, nou lyk dit ook of die man groot vriende gemaak het met ʼn groep sakemanne uit Indië. Ek se nou vir jou Klasie dat hier nog snaakse goed gaan uitkom wat geen mens gedink het moontlik kan wees nie. Kan jy glo dat hierdie sogenaamde vriende nou help kies aan die kabinet. Dit bewys mos nou dat die man dit nie self kan doen nie, verbeel jou nou dit.

Ons het ʼn nuwe Springbok afrigter gekry, ek hoop net hy onder dieselfde kam geskeer word en met afdanking gedreig word wanneer die span verloor. Wat ek glad nie kan verstaan nie is dat ʼn spul studente toegelaat word om ʼn universiteit af te brand sonder dat ʼn vinger geroer word om hulle te keer, dit is mos absolute bog. Geen klasgelde geen onderrig, geen universiteit geen grade as jy my vra.

Om die vrede te bewaar lewer Klasie nie kommentaar nie, net toe oom Fanie ʼn slukkie koffie neem vra Klasie die gaping en vra vir oom Fanie watse lugdrade die weermag in die oorlog gebruik het. Oom Fanie maak sy keel skoon en begin met ʼn lang oo, daar was verskillende antennas Klasie sê oom Fanie. Jy weet Klasie, dit het afgehang van die situasie, op die voertuie het ons maar sweepstokke gehad wat met die hulp van ʼn instemmer ingestem word, die troepe op die grond het maar van dipole of ʼn tipe van ʼn langdraad gebruik gemaak. Ons ouens wat in die kamp en hoogs geleerd was het gereeld met een of ander antenna geëksperimenteer. Amplitude modulasie en gelykgolf was maar die modes wat gebruik was. Ek moet se dat die gg baie verder as die am gegaan het, dit was altyd ook beter leesbaar wanneer daar donderweer in die omgewing was. Ons het dit glad so maklik met die kommunikasie soos vandag gehad nie, daar was geen cell fone nie, Satelliet kommunikasie was daar glad nie, ons hand radio’s was met buise gebou, het ʼn ton geweeg met ʼn uitset krag van maksimum 1 Watt. Die goed was so lomp met hul lang lugdrade dat die Duitsers die verkenner ʼn myl ver kon sien.

radio.jpegOns was heeltemal afhanklik van radio gewees. Al die belangrike boodskappe was met gg gestuur wat dan later weer ontsyfer word, een fout met die kode kon ʼn hele instruksie foutiewelik verander. Die radio operateurs wat die gg afgeneem het was uitstekend in hul werk en kon gg doen teen ʼn ongelooflike spoed. Ons het hierdie mense opgepas soos goud want sonder hulle was ons verlore. Ek moet se dat die toerusting wat ons gebruik het meganies onverbeterlik gebou was, ek wens ek kon vandag ʼn paar van daardie radio’s gehad het om die mense te wys hou ʼn radio gebou moet word.

Jy weet Klasie met al die sand kon ons nie ʼn domkrag gebruik nie, ons het dan sommer ʼn radio gebruik om die domkrag op te sit sodat die domkrag nie in die sand wegsak nie, man die radio’s was gebou om te hou. Ek wonder hoeveel lewens was gered deur die radio’s wat as beskerming teen koeëls gebruik was.

Klasie skud sy kop in erkenning, ja oom sê Klasie, die radio’s was regtig baie sterk gebou. Moes oom in ʼn noodgeval skielik ʼn antenna bou met wat julle gehad het, soos wanneer die antenne byvoorbeeld agtergebly het. Oom Fanie maak oudergewoonte sy keel skoon wat hom so ʼn sekonde of wat langer gee om te dink aan sy storie, Klasie besef dadelik dat hier nou weer lekker storie kom. Oom Fanie se stem word so ʼn bietjie harder net om seker te maak dat Klasie ordentlik kan hoor. Klasie antwoord oom Fanie, dit het baie gebeur dat ons sonder ʼn antenna sit, soos byvoorbeeld toe die antenna deur die Duitsers opgeblaas was, of soos toe ons die verkeerde antenna ingepak het, wat baie gebeur het was dat die kabeldiewe ons antenna gereeld gesteel het, ja Klasie ons moes baie keer ʼn plan maak.

march.jpegEk dink nou spesifiek aan ʼn keer toe ons ʼn uitkykpos daar doer op ʼn duin moes gaan opstel. Ons was so tussen die Duitse en geallieerde linies. Ons moes die pos ongemerk in die nag oprig. Toe alles nou reg is en ons die radio wil opstel kom ons mos agter dat ons nie ʼn antenna saamgebring het vir die radio nie, dit was nou ʼn groot gemors want ons moet met die basiskamp voor sononder kontak maak. Ons besef dat ons niks het om ʼn antenna mee te maak nie en dat ons die dorpie naaste aan ons sal moet bekruip om te kyk of ons nie iets draderig sal kan vind om ʼn antenna mee te maak nie. sub.jpegToe ons die dorpie binnekruip sien ons dat daar ʼn Duitse duikboot vasgeanker lê en dat dit wemel van die Duitse wagte wat die duikboot oppas.

Ons lê so ʼn rukkie plat om die situasie op te som, ons sien dat dit net die duikboot is wat opgepas word en dat daar geen ander wagte in die omtrek is nie. Die besluit word vinnig geneem dat ons die soldate in die duikboot in moet lok en dan die luik toemaak sodat ons die antenna kan verwyder. Een van die troepe wat vlot Duits kan praat kruip tot teen die duikboot en se in ʼn baie mooi Duits dat daar bier en varkvleis binne in die duikboot bedien word. Die soldate drom saam om die luik en klim in die duikboot in om by die kos uit te kom. Twee wagte bly egter agter om die duikboot op te pas.

Soos een man bestorm ons die duikboot, die luik word toegemaak en gesluit van buite af, die twee wagte word oorrompel en ons haal die antenna af. Net toe ons van die duikboot wil afklim laai ek die kanon op die duikboot en skiet ʼn gat deur die boot se toring om die duikboot onbruikbaar te maak. Die skoot maak alles wakker binne hoorafstand , ons laat spaander terug duin toe met die hele Duitse weermag agterna. sand.jpegOns besef dat ons nou groot moeilikheid het en dat ons nie sonder een of ander hulp lewendig uit die gemors gaan kom nie. Terwyl ons soos vlakhase weghardloop kom daar skielik ʼn sandstorm op wat alles en almal onsigbaar maak. Die sand waai so erg dat niemand iets kan sien nie.

Later die aand toe die storm bedaar sien ons dat die Duitsers die aftog geblaas het , ons het toe rustig tot op ons duin gekruip en die radio stasie met die Duitse antenna opgerig . Ons het daardie antenna tot aan die einde van die oorlog gebruik. Ek kan nou nie die medaljes onthou wat ek ontvang het vir die episode nie maar wat ek wel onthou is dat twee hande vol medaljes was. bc.jpegJy weet Klasie ek dink elke keer aan daardie aand wanneer ek ʼn langdraad antenna in die veld gebruik. Klasie wens oom Fanie ook maar geluk met sy heldedaad , hy groet oom Fanie en lag kliphard terwyl hy die plaaspad afry.

Tot volgende keer

Pieter zs6bvt

Advertisements