Onder die Vergrootglas 10 APR. MRK – Hoekom aansluit by’n amateurklub

Deur Johan ZS6PSS

Die volgende artikel het ek gekry van die WIRELESS INSTITUTE OF AUSTRALIA se weeklikse nuusbulletin en is geskryf deur BOB VK6POP.

Ek het `n bietjie verander en my eie mening hier gegee om dalk `n bietjie by Suid Afrikaanse toestande aan te pas.

Net so van toepassing as wat die artikel is op Australiese amateurs net so van toepassing is dit ook op radio-amateurs hier in Suid-Afrika. Dis `n onderwerp wat maar daagliks op die lippe is van bekommerde amateurs en druk tussen hulle bespreek word. Die vraag word dan ook altyd gevra hoekom is die tendens deesdae so algemeen.

Wel kom ons luister wat BOB VK6POP van die probleem sê.

Klubs is die ruggraad van alle georganiseerde radio-amateurklubs in enige gegewe area dorp of stad. Ja, en al is dit moontlik volgens jou wat nie lid is van `n klub om `n vol en baie besige amateurlewe buite `n klub teb kan lewe en ervaar is daar nog steeds `n groot aantal redes hoekom jy wel `n by `n klub moet aansluit om die lewe van amateurradio ten volle te kan geniet.

Daar is defnitief bewyse dat `n persoon wat sosiale kapitaal besit beter sal vaar in terme van genot en satisfaksie asook dat jy verstandelik hierby kan baat om by `n klub lid te wees. Hoor mooi wat Bob hier sê dit is sosiale kapitaal wat jy kan besit en nie as jy dalk verkeerd gehoor finasieële kapitaal nie. Nogal, `n groot verskil.

Wat is sosiale kapitaal ? Dis eintlik maklik om te bepaal want ek dink dat jy dit alreeds vir jouself uitgwerk het. Sosiale kapitaal is die dinge wat jy in samewerking met ander mense of lede van jou klub doen en byvoorbeeld meeding met kompetisies. Dit is die vriende en moontlik ook hulle families met wie jy van tyd tot in interaksie is.

Voordat ek en jy dus begin kyk vir die voordele van amateurradio, en spesifiek na jou amateurradio lewe, maak seker dat jou sosiale kapitaal jou in `n posisie plaas waar jy `n gesonde sosiale amateurradiolewe kan ervaar.

Kom ons kyk nou na klubs en hulle doen en late. Deur aan te sluit by `n klub en deel te neem aan hulle aktiwiteiete word jy die kans gegun, om ook dit wat jy in amateurradio al ervaar het, hetsy aangenaam of nie, asook die kennis wat jy opgedoen het met ander te deel. Jy kan terselfdertyd ook voordeel trek uit dit wat jy by mede amateurs hoor of as hulle met een of ander projek sou help.

Wanneer jy en die groep mense by die klub waar jy aangesluit in klubverband saamwerk tot `n doel kan dit tot groot voordeel en goeie resultate lei as wat jy as individu probeer om alleenig `n doel te bereik. Daar is huidig baie, in aanhalingstekens, AMATEURS wat die RAE geskryf het, roepsein besit maar net nie by `n klub aansluit nie en nooit op die lug gehoor word nie. As jy hom dalk op die lug hoor is hy altyd besig om te kritiseer maar lewer absoluut geen positiewe bydrae tot die stokperdjie nie. Dan moet ek die vraag vra ” bevind jy jouself by die regte stokperdjie ” ?.

In hierdie tye waar ons as amateurs al hoe meer beperk word in projekte wat ons in ons eie agterplaas kan aanpak, kan ons uitsien na klubs wie gelukkig is om `n klubhuis te besit en nog die voordeel het dat daar `n hele paar antennas opgerig is. Hier moet ek defnitief vir MRK `n pluimpie gee vir die mate van vooruit dink en beplanning en oprigting ook van `n byna tweede klubhuis en antennas wat alreeds op die perseel met die toestemming van Kleinfontein naby Donkerhoek onderhandel is. Dit gee MRK `n groot voordeel om in baie veilige omstandighede aan `n kompetisie naweek te gaan deelneem of om sommer net as klub `n naweek saam te geniet.

Dink ook daaraan , waar jou radioamateur aktiwiteite by jou huis beperk word kan jy soos in die goeie ou dae weer jou stokperdjie geniet, by gesê as jy aan `n klub behoort.

Is jy `n persoon wie dit nog nie oorweeg het om aan `n klub te behoort nie ? of het jy maar so stil-stil langs die pad weggeraak en nie lidmaatskap hernu nie, en ook daarby nog wonder hoekom bied die stokperdjie jou nie meer en hoekom is dit so dood en droog. Stop, sit terug en kyk waar lê die fout. Jy gaan defnitief agterkom dat jy die stok in jou eie speke is. Oorweeg dit dus baie ernstig om terug te kom na jou ou klub of soek vir jou `n klub sluit aan en gooi jou gewig weer daarin. Moenie dink die komitees van die verskillende klubs is nie bewus van die feit dat jy vir een of ander rede jouself in `n krul ingetrek het nie, want jy stem nie saam oor hoe `n klub bedryf word nie of jy is kwaad vir `n ander lid in die klub vir een of ander sinnelose rede. Nee ! man ! stop jou nonsense en word deel van die klub en deur jou insette kan jy ook dinge in die klub verander.

Ek glo deur jou houding te verander sal jy `n groot bydrae tot die verbetering van verhoudings in jou klub kan bewerkstellig.

Dit was Johann ZS6PSS vir MAGALIES RADIOAMATEURKLUB se nuusbulletin.

Advertisements