Kleinfontein werknaweek

Op 20 Februarie het die manskappe van Magalies amateur radio klub onder die bevel van Thys ZS6MJM opgesaal en bewapen met antennas en gereedskap Kleinfontein binnegeval. Die doel van die aanval was om n HF, 6 meter, VHF en UHF antenna by ZS6MRK se radiostasie in Kleinfontein te gaan installeer. Die geveg was gou verby , die antennas is getoets en die wit vlag is gehys as teken dat die antennas nou deur die lede van Magalies radio amateurklub gebruik kan word. Die lekker kuier het Saterdagmiddag begin en aangehou tot Sondag middag. Die antennas is Sondag gebruik vir die uitsaai van MRK se nuus bulletin. Die Bevelvoerder en van sy Luitenante het die Saterdagaand op die terrein oorgeslaap en eers weer Sondag teruggekeer basis toe. Die radio stasie is nou gereed vir lekker amateur radio werk. Baie dankie aan almal wat gaan help het, dit is nou nog ʼn lekker groot veer in MRK se hoed.

klein3.jpeg